Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

12.2.14

† Fanie van Niekerk oorlede

Fanie van Niekerk
PEET SIMONIS skryf: 'n Jare lange staatmaker van die Afrikaanse Pers Beperk (APB) en Perskor, is Maandagaand oorlede na 'n siekbed van etlike maande. Hy was 78 jaar oud en het kanker gehad.
 
Almal by die pers het hom geken as vriendelik, hulpvaardig en bekwaam.

Sy vrou Betsie sê hy was 45 jaar by die pers en jare lank in bestuursposte.

Hulle het drie kinders en agt kleinkinders.

Die begrafnis is Vrydag 14 Februarie 2014 om 12:30 in die Wesparkbegraafplaas en daarna om 14:00 in die Mosaikkerk in Daniellestraat (af van Davidsonstraat/14de Laan), Fairland.