Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

3.2.14

Fotodag 19: Die H in Boer

AGTER die foto hieronder skuil frustrasie en drama. Dit is in die middernagtelike ure op 'n oggend verlede maand (September 1972) geneem nadat vasgestel is dat 'n boer van Rustenburg as 'n vrou van bedenklike sedes aangedui is.

Die fout het voorgekom in 'n bylae van Die Transvaler en is eers ontdek
nadat 40 000 eksemplare gereed gelê en wag het om by Die Transvaler ingevoeg te word.

Om die bylae oor te druk, was buite die kwessie.  Al genade was om die letter "H" in die woord "boer" met 'n swart pen dood te krap.

Selfs Hermie Hendriks moes sy slaapklere weggooi en naarstig kantoor toe ry om hand by te sit. Hy swoeg hier saam met Johan Vorster, mnr. Steinman, sirkulasiebaas, fabrieksbaas Rothman Presten en Abdol van der Merwe. Die manne moes vingergetrek het ... Die Transvaler was die volgende oggend betyds op straat. -- Perskorhaan, September 1972.

Perskorhaan, September 1972