Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

25.4.14

Ná 'n halfeeu bly joernalistiek 'n lekkerte!

JOHAN PRETORIUS onthou: My koerantloopbaan het op 1 Augustus 1966 as papierskeurder by Die Transvaler begin. Ses maande lank teleksmasjiene versorg, vir die hoofsub koffie aangedra, pos by die lughawe afgehaal en die hoofredakteur huis toe geneem. Toe kry ek bevordering in 1967 as subredakteur in die nagkantoor. Daarna misdaadverslaggewer, ook in die nagkantoor, en later algemene verslaggewer.

24.4.14

Meyerton-busramp – mevrou Lotter se storie

ELMA POTGIETER, gewese joernalis van Die Transvaler en deesdae aktrise, skrywer en vertaler, skryf: Beelde, indrukke, is my onthou van daardie dag.

Ons was almal bo in die kafeteria. Party met borde kos voor hulle, party met koffie of tee. Ek het by ‘n venster gestaan, met iets in my hand – dalk ‘n beker tee. Die venster het noord uitgekyk oor

Só onthou ek vir Jan Syfert

 FRIKKIE VAN DER WALT skryf oor Jan Syfert wat dié week oorlede is: Ek het Jan Syfert, gewese hoofsubredakteur van Dagbreek, geleer ken toe ek en Willem Knoetze beurte gemaak het om Saterdae vryskut by destyds se grootste Afrikaanse Sondagblad in die wêreld te werk.

Doug Jones het die twee van ons eintlik maar net gebruik om te hoor

23.4.14

Die lekkerste werk in my hele lewe

KARIN PRETORIUS skryf: By my terugkeer na Pretoria in Julie 1982, ná my jare in Rhodesië, het ek by Rapport aansoek gedoen om werk, asook om ‘n skakelpos by Tukkies.

‘n Universiteitsvriendin, Bettie Hough wat Adenia Eiendomme by Verwoerdburg besit het, het egter

† Jan Syfert oorlede

JAN SYFERT, ‘n gewese hoofsubredakteur van Dagbreek en lank ‘n joernalis by Die Vaderland in Aucklandpark, is gisteroggend vroeg (22 April) oorlede, het Hans Lombard laat weet. Hy is ‘n hele paar jaar gelede met kanker gediagnoseer.

22.4.14

Fotodag 26: Reünie, 2014

Piet Pille was daar en Jacques Bosch, Hannes de Wet, Carla, Harald, Herman, Hans, Gert van Tonder, Koos Botha en Frikkie, Jakkie en Marie, Joe, Alita, Piet Ebersöhn, Somarie, Foeta, De Wet, Raymond, Carénè en nog 'n klomp ander.

Die geleentheid was  vanjaar se saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers op Sondag, 30 Maart 2014 by 'n restaurant in Wilgeheuwel, Johannesburg. 'n Vorige storie van Peet Simonis oor die byeenkoms is HIER.

17.4.14

Opgewonde suster verklap toe scoop

RIKA VAN GRAAN skryf: Vroegaand bel ‘n Oos-Randse ambulansman. ‘n Jong spoorwegpolisieman het homself in die kop geskiet omdat sy meisie hom afgesê het. Hy is op masjiene in die hospitaal. Ek het sy naam by hulle gekry en die storie begin opvolg.

By sy spoorweghostel het ek van sy vriende opgespoor en die agtergrond van die gebeure gekry. Toe bel ek die hospitaal en die saal

16.4.14

Avonture in die Rhodesiese bosoorlog

KARIN PRETORIUS skryf: Ná my dae as skakelbeampte van Ster Films het tydskrifwerk gevolg en ek is in begin 1977 in die redaksie van Radio & TV Dagboek aangestel met Corrie Venter as redakteur. Wat ‘n wonderlike fiksieskrywer. Ek wonder wat van hom geword het? (Nadat hy ook redakteur van Farmer’s Weekly was, is Corrie ‘n hele paar jaar gelede oorlede. – Red.)

Tant Bybie Hyman het my kort-kort ingespan vir Rooi Rose-artikels en ek het selfs vir my buurman op kantoor, Paul C Venter, ‘n paar artikels vir Keur geskryf. Dit het my die kans gegun om waardevolle ondervinding by verskillende soorte tydskrifte op te doen.

15.4.14

Ope Vraag Nr 5: Is dit in openbare belang?

Vandeesweek se vraag is: Is die mediablootstelling wat die Oscar Pistorius-saak kry (wêreldwyd) in die openbare belang of is dit bloot om sirkulasiesyfers op te jaag? Motiveer asseblief.

Verlede week se Ope Vraag was: Het die gehalte van joernalistiek verander sedert die dae toe ek daarby betrokke was?

14.4.14

Fotodag 25: Daar was 40 000 doopouers!

Eerste uitgawe:
1 November 1972
http://www.youtube.com/watch?v=X-oAPZV9A5g
Laaste uitgawe:
19 Februarie 1983
Perskor gaan die lewe skenk aan 'n nuwe baba. "Ginekoloë" voorspel met sekerheid dat hy op 1 November met 'n harde skreegeluid in Pretoria sy verskyning gaan maak.

Die bestuur het 'n wedstryd uitgeskryf om aan ons jongste suigeling 'n gepaste naam te gee. Meer as veertig

11.4.14

Moenie ’n skut op die grootte van sy skietding takseer nie

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: In die jare tagtig toe die terreurstryd van plase na stede se kroeë en kerke deurgesypel het, het al wat leef en beef vuurwapens vir selfverdediging gekoop. Aanvanklik het ‘n mens ‘n wye keuse tussen pistole, rewolwers en gewere gehad. Namate terreuraanvalle toegeneem het, het wapenwinkels se voorraad opgedroog en moes ‘n mens vat wat beskikbaar was. Nog later is jou naam op ‘n lys geplaas. En met elke aanval of ontploffing het die lys

10.4.14

K’rant is ‘n spanpoging

PIET EBERSÓHN skryf: Toe ek Japie se bewierookte storie oor my onttrekking aan die K’rantredaksie lees, moes ek myself ‘n slaggie knyp net om seker te maak ek is nog in die lewe. Maar voor ek ‘n geswolle hoof kry, moet ek uitwys dat K’rant uit die staanspoor ‘n spanpoging was en dat die sleutel van sukses in die saamtrek in die tuig lê. Dis wat die wa vorentoe gevat het, en wat dit vorentoe sal bly vat.

9.4.14

Oor Trafalgarplein tot by Die Transvaler

KARIN PRETORIUS skryf: My aanstelling by Die Transvaler in 1970 het via Londen by Suid-Afrika-huis op Trafalgarplein het gekom waar ek mnr en mev Carl Nöffke in 1968 tydens ‘n geselligheid ontmoet het. Carl Nöffke was toe die SAUK se verteenwoordiger in die Britse hoofstad, terwyl ek een van drie meisies was wat as ‘n ‘Outspan Girl’ vir die SA Sitrusraad gekies is om lemoene

8.4.14

Ope Vraag 4: het joernalistiek verbeter?

So stadigaan begin die antwoorde op die weeklikse Ope Vraag minder van 'n vraagstuk te word en kry ons lekker antwoorde in. Baie dankie aan al die antwoorders!

Hierdie week se vraag: Het die joernalistiek gehaltegewys verbeter sedert jou Perskor-dae? Motiveer asb jou antwoord. 

Verlede week se vraag om K'rant se gesondheid te diagnoseer het reaksie van onder meer twee mooi vroue ontlok:

7.4.14

Piet verlaat ons. Dankie, Piet

PIET EBERSÖHN, die man aan die stuur van K’rant, het die tuig neergelê. Ander verpligtinge het dit meegebring.

K’rant is baie dank aan Piet verskuldig en bied hom sy beste wense met die projekte wat hy moet aanpak.

Sedert K’rant in sy huidige formaat as webjoernaal amper twee jaar gelede begin is, was Piet die baas. Vóór dit het hy eposse oor Perskor se oud-kollegas uitgestuur.

4.4.14

Sarel was ʼn steunpilaar in baie opsigte

JOHANN RAATH, gewese advertensieman by Perskor, skryf: Sarel/Jerry/Sny/Snysels  -- soveel name, maar almal se pel!

Ek en Sarel Snyman ken mekaar van 1977 af toe hy by Perskor begin werk het.

Hy het saam met oom Piet de Witt ‘n kantoor gedeel. Ek en Sarel
het gou pelle geraak omdat hy soos ek mal was or sport en sports! Saam rugby, krieket, gholf, visvang ens, ens, gedeel en gedoen.

3.4.14

Die Ope Vraag nr 3: Wat is jou mening van K'rant?

PHILIP DEETLEFS skryf: Hierdie hoofstuk van die Ope Vraag se vraag is sommer gemik op navorsing en om die koorspen bietjie in eie boesem te steek om te sien hoe gesond sake by K'rant werklik is. Ons sal julle diagnose erg waardeer en die leiding ter harte neem.

Vandag se vraag is: Wat is jou mening van K'rant? Wat sou jy in K'rant verander, sê hoe en waarmee, maw wat sou jy nog graag in K'rant wou sien?

2.4.14

Oudgediendes hou bielie van reünie


PEET SIMONIS skryf: Dit was weer 'n bielie van ‘n reünie – 30 Maart 2014 by die Cattle Baron, Johannesburg.

ʼn Eerste was dat daar vanjaar ‘n spreker was – dr Pieter Mulder, die adjunk-minister van landbou. Hy het nie die Vryheidsfront Plus-hoed opgesit nie – eerder vanuit sy eerstehandse kennis van koerante en die

1.4.14

Dis Perskor se skuld: al hierdie miljoene vensterkoevertjies!

JOAN KRUGER het 43 jaar gelede, toe baie van ons nog baie skuld gehad het, geskryf: Blameer Perskor vir die oes aan vensterkoevertjies wat u elke maand in u posbus kry. Gee Perskor maar ronduit die skuld, want dit is niemand anders nie as Perskor wat vir die druk van miljoene vensterkoeverte verantwoordelik is.

31.3.14

Fotodag 24: Jooste met nuwe motor in ongeluk

DIE besturende direkteur van Perskor, mnr Marius Jooste, en sy eggenote, mev MH Jooste, was onlangs in 'n motorongeluk naby Witkoppen betrokke.

Mev Jooste is met 'n heupbesering en veelvuldige kneusplekke in die Edenvalehospitaal opgeneem. Mnr Jooste is, ná behandeling ontslaan.
Die volgende dag, ná behandeling, is mev Jooste toegelaat om huis toe te gaan.

29.3.14

† Sarel Snyman oorlede

ANTOINETTE PIENAAR het laat weet dat haar broer, Sarel Snyman, ‘n gewese Perskoradvertensieman, Donderdag 27 Maart sy eie lewe geneem het. Hulle is die kinders van Martie Snyman, eertydse redakteur van Rooi Rose. Die begrafnis is Vrydag 4 April in Johannesburg en die reëlings sal bevestig word

28.3.14

'n Meneer van ʼn Oom en ʼn Derduiwel tref my aan die Wes-Rand

ARRIE DE BEER, ‘n gewese Die Transvaler-man en later gerekende akademikus in die Kommunikasiekunde aan die Potchefstroomse Universiteit en Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch, skryf: Ek is Gert Coetzee dankbaar oor die weergawe van sy pa se lewe en werk as die Die Vaderland/Die Transvaler se verteenwoordiger in die ou Wes-Transvaal. Die verhaal het verlede jaar in K’rant verskyn.

27.3.14

Van ‘Aspoestertjie’ tot kommissaris

WILMA DEETLEFS skryf: Die geluksgodin het ‘n groot rol gespeel in die rigting wat my loopbaan ingeslaan het ná jare in die joernalistiek omdat sy altyd verseker het dat ek op die regte tyd op die regte plek was.

Ek het vir oulaas my Perskor-tikmasjien gegroet by Die Vaderland in Doornfontein kort voor ons terugkeer na Windhoek. Omdat ek nie

26.3.14

Joernaliste is veelsydig en ondernemend

PIET EBERSöHN skryf: Lank, lank gelede die uiteenlopende beroepe wat joernaliste voor en na hul skof in die soutmyne gevolg het. En dan praat ons nie van logiese uitvloeisels soos skrywers, taalpraktisyns, uitgewers en skakelbeamptes nie.

Suzelle Fourie het vertel van haar avontuur as onderwyseres in China, Piet Roodt van syne in die mikroleningsbedryf, Lizette Bruwer het

25.3.14

Ope Vraag nr. 2

PHILIP DEETLEFS skryf: Nou ja, die eerste vraag het darem twee antwoorde van elders as die redaksie oor erge verleenthede opgelewer. Ons hoop dit is die begin van menigte antwoorde op ons Ope Vrae.

Hier onder is die nuwe vraag om aan te herkou en julle eie unieke antwoorde vir ons op te dis.

24.3.14

Fotodag 23: Perskor-biblioteek se eerste dae

Só het Perskor se naslaan-biblioteek op die derde verdieping in Julie 1949 gelyk toe Die Vaderland (destyds die Afrikaanse Pers Beperk) na sy nuwe en huidige gebou in Aucklandpark getrek het.

Stapels en stapels ingebinde koerante, lêers vol uitknipsels en foto's,
blokke, tydskrifte en wat alles daarmee gepaard gaan, moes na die nuwe gebou gepiekel word.

20.3.14

Speedy vies vir Neil Diamond

PIETER KRUGER skryf: Toe ek Stella Niemand se beriggie oor Neil Diamond lees, dink aan terug aan Chris Vermeulen.

Chris, oftewel Speedy soos hy algemeen bekend gestaan het, was werksaam in die Vaderland se sportkantoor.

Leendert Pieterse was die sportredakteur en om spangees te bou, het

19.3.14

21 jaar later met vakansie

ANDRÉ BESTER, gewese sportredakteur van Transvaler, skryf: Rugbyskryf is in my bloed, maar soos enige sport het dit maar sy beserings, en die ernstigste daarvan is dat ek omtrent elf maande van die jaar sewe dae per week werk.

Desembers haak ek gewoonlik my woonwa en Buffelsbaai is een van my gunstelingbestemmings, maar die afgelope vakansie het ons as gesin

18.3.14

‘Genesings ja, maar twyfel bly’

Die vyfde en laaste aflewering in PEET SIMONIS se reeks oor sy ervarings terwyl hy in die jare sewentig ‘n reeks oor geloofsgenesings vir Die Transvaler geskryf het.

PEET skryf: Die storie van medikus dr Willem Gauché (vorige storie), dat hy self gesien het hoe ‘n polio-slagoffer se aangetaste been uitgroei tot dieselfde lengte as die ander normale been en hoe dit hom verander het van iemand wat nie eintlik geglo het in God nie tot ‘n gelowige, het destyds opspraak verwek en nog meer mense laat stroom na Dan Bosman se genesingsdienste.

17.3.14

Fotodag 22: Neil Diamond in Dittonlaan

STELLA NIEMAND skryf: Wie onthou nog die dag toe Neil Diamond 'n draai in die berugte Dittonlaan 10, Aucklandpark, gemaak het? Daar was wel diegene wat sou sweer dis eintlik Gert van Rooyen, 'n kollega, maar hulle weet nie wat hulle misgeloop het nie!

Vir die oningewydes: 'n hele klompie van DT se jongklomp het in die jare sewentig by die adres gewoon en baie gedenkwaardige (ook minder gedenkwaardige) dinge het daar gebeur.

14.3.14

Dertien lewens had land (en wêreld) aan die gons

PIET ROODT skryf: Ek herinner my aan ʼn storie wat nogal baie interesant was, maar name en datums kan ek nie meer onthou nie.

Dit was van ʼn jong meise – in haar tienerjare wat in Capitalpark in Pretoria gewoon het. Sy’t beweer sy het dertien vorige lewens gehad – uiteenlopend van 'n Egiptiese prinses tot ʼn plattelandse meisie in Engeland en iemand wat in Griekeland gewoon het.

13.3.14

Grensvegters wen die stryd

PHILIP DEETLEFS skryf: Willie Buys en sy gesin het in Desember 2000 by ons in Windhoek kom kuier nadat ek en Wilma eers vir ons ouers in die Republiek gaan hallo sê het.

Van die Laeveld af op pad terug Windhoek toe het Willie-hulle op Parys by ons aangesluit sodat ons sommer saam Windhoek toe kon ry.

12.3.14

Pretoriase agnostikus gaan koop ʼn Bybel

Die vierde aflewering in PEET SIMONIS se reeks van vyf artikels oor sy ervarings terwyl hy in die jare sewentig ‘n reeks oor geloofsgenesings vir Die Transvaler geskryf het.

PEET skryf: Dr Willem Gauché was ‘n algemene praktisyn met ‘n groot praktyk in Pretoria. Hy was iemand wat nie juis meer in God geglo of kerk toe gegaan het nie en berigte oor die “kastige genesings” by Dan Bosman se dienste het hom omgekrap.

11.3.14

My ‘hula hoop’-scoop

HANS LOMBARD skryf: Dit gebeur nie aldag dat die hoofredakteur van ‘n koerant na die lessenaar van ‘n verslaggewer stap en hom na sy kantoor nooi in verband met ‘n opdrag om ‘n storie te gaan doen nie. Dit is gewoonlik die taak van die nuusredakteur.

Een oggend in 1957 terwyl die tikmasjiene in die redaksiekantoor van Die Vaderland in Aucklandpark kletter soos haelstene op ‘n sinkdak, staak hulle almal eensklaps. ’n Doodse stilte.

10.3.14

As ou kennisse ons verraai

PIET EBERSÖHN skryf: Terwyl ek verlede week van Middelburg af Pretoria terugry, druk ek ‘n laserskyf in die gleuf op die paneelbord en Joan Baez trek los met die liedjie “On the banks of the Ohio”.

Toe loop my gedagtes so dertig jaar terug toe ek, Frans Scheepers en Johan van Wyk een naweek Tzaneen toe is, onder meer om die mistiek van die Wolkberge te gaan belewe.

7.3.14

Fyn oog vir die teleks

PIET ROOS skryf: Die teleks was vir my seker een van die interessante dinge by die koerant. As jy met ‘n tikmasjien tik, is dit rukkerig en dit verpersoonlik jou tikgewoontes. Maar die teleks het soos 'n masjiengeweer geratel teen 'n konstante snelheid. Ek hoor nog die klank!

Een oggend staan ek by die nuustafel en André du Toit kom so stil-stil nader. Hy was soos die skim. Stil en het altyd heimlik sinies gelag.

6.3.14

Hulle word nie meer so gemaak nie

ANDRÉ BESTER, gewese sportredakteur van Transvaler, skryf: So tussen die skrywery op my eie rugbywebwerf, www.suparugby.com, Annemie se mediaskakelwerk by die Luiperds en ‘n klas wat sy af en toe by die NWU-Puk aanbied, het ek weer begin om funksies aan te bied waar van ons land se legendes vereer word.

Die eerste daarvan verlede jaar is genoem “Die Aand van Slotte” om een van die ikone van SA Rugby, prof Johan Claassen, nou 84 somers oud, te vereer.

5.3.14

Dokter sê hy glo ná meting van arm

Die derde aflewering in PEET SIMONIS se reeks van vyf artikels oor sy ervarings terwyl hy in die jare sewentig ‘n reeks oor geloofsgenesings vir Die Transvaler geskryf het.

PEET skryf: Van Los Angeles af is ek na Columbus, Ohio waar Dan Bosman ‘n paar dienste sou hou. Hy het ook op baie radio- en TV-stasies in die VSA opgetree. Dit was duidelik dat sy bekendheid as

4.3.14

Ope Vraag (deel 2): Nog twee oud-kollegas verklap hul groot verleenthede

Kort rokkie en hoë hakke laat my struikel

RIA RABIE skryf: My groot verleentheid het my teruggeneem na 'n bloedrooi bloosgeleentheid wat ek as rou verslaggewer van Die Vaderland se sportredaksie ervaar het.

Ek was pas in die sportkantoor losgelaat waar Leendert Pieterse, Gerhard Burger, André Bester, Tobie Mostert en 'n paar ander bekende name hulself laat geld het.

3.3.14

Fotodag 21: ʼn Fees wat nie end wou kry

GERHARD KLEIJN skryf: Onthou julle vir Gerhard van der Merwe? Einste hy wat destyds die salarisleer van Die Transvaler af Vleissentraal toe geklim het en toe nogal aktief betrokke geraak het by die Landbouskrywersvereniging? Nou, uit die bloute uit stuur Gerhard se dogter, Marlou, onderstaande kiekie aan.

Ou Gerhard was nogal kranig met kitaar in die hand en het ‘n heel

28.2.14

Oggendkoffie by Central Cafe

MARISSA GREEFF skryf: André le Roux was my voorganger in die Perskorburokantoor in Windhoek en ek het hom in 1979, ná nege maande van snot-en-tranestories by Rapport, as buroverteenwoordiger daar opgevolg.

Ek het op ‘n Saterdagaand (die laaste Saterdag van Maart) by Rapport klaargemaak en was Maandag in die vliegtuig op pad Windhoek toe, my

27.2.14

Dié slag hét die Peugeot gebrand!

RIKA VAN GRAAN skryf: Toe ek Philip Deetlefs se storie oor die stukkende Peugeot lees, het my gedagtes teruggegaan na die dag toe ek en Jacques Bosch ‘n storie op Schweizer-Reneke moes gaan doen en die kar se enjin aan die brand geslaan het.

Laat ons by die begin begin. Ek was die naweek by my ouers op die plaas toe ‘n ou skoolvriendin se drie kleuters die Sondagoggend op Wolmaransstad in hul kamer versmoor het.

26.2.14

Groot persname en goeie tye onthou

ARINA BOHLER skryf: Ek stuur die laptop muis af op die lys van "vergeet nie"-name en sien met skok hoeveel gewese medejoernaliste nie meer met ons is nie! Vir my het die tyd gaan stilstaan en die jare tussenin is van geen betekenis nie …

Ek onthou 'n paar groot persname:

25.2.14

‘Ek beleef ‘n wondergenesing’

Die tweede aflewering in PEET SIMONIS se reeks van vyf artikels oor sy ervarings terwyl hy in die jare sewentig ‘n reeks oor geloofsgenesings vir Die Transvaler geskryf het.

PEET skryf: In die vorige artikel oor ongewone genesings (lees hier), het ek geskryf hoe dit gebeur het dat ek vir Die Transvaler ‘n reeks oor die onderwerp aangepak het.

The little girl that God sent

GERHARD BURGER het meegaande stukkie wat hy vir sy vrou, Sandra, se gedenkdiens geskryf het, vir publikasie aan K’rant beskikbaar gestel:

And so, on the umpteenth day, God created a special little girl and sent her down to earth to spread love and happiness all over.

She arrived in the spring of 1946, in October – die mooiste, mooiste maand –

24.2.14

ʼn Ope vraag

NUWE BESEMS vee skoon, lui die spreekwoord, en dit lyk of Philip Deetlefs, K’rant se nuwe mederedakteur, sommer heelwat sal kan bydra om K’rant se leesbaarheid te verhoog.

‘n Puik voorstel van hom is dat K’rant in die toekoms van tyd tot tyd ‘n vraag vra om daardie verroeste geheues bietjie los te help skud en wat interessante antwoorde van julle almal behoort op te lewer. Die antwoorde kan so lank of

21.2.14

Jan was professor in Amerika

JAKKIE GROENEWALD skryf: Piet Ebersöhn vra wat van Jan Brits, voormalige nuusredakteur van Die Transvaler, geword het. Ek het hom jare gelede leer ken (laat 1970’s toe hy by Mining News gewerk het). Daarna het hy baie rondgeskuif.

Eendag, sowat 15 jaar gelede, toe ek aan die Johannesburgse Stadskouburg verbonde was, het ek hom weer raakgeloop en toe was hy ’n “professor” in die joernalistiek aan die een of ander Amerikaanse universiteit.

‘Hier’s ek, Piet’

MARISSA (VAN NIEKERK) GREEFF skryf: En daar wonder ek ook al jare lank wat van Piet Roodt geword het. Piet was politieke korrespondent by Hoofstad toe ek politieke verslaggewer was. Hy het uit die Parlement gerapporteer en ek uit die Provinsiale Raad in die laat jare sewentig.

20.2.14

Fanie was altyd aan die werk

PEET SIMONIS skryf: Ons vriend en kollega Fanie van Niekerk (78), se graf in die Wesparkbegraafplaas, Johannesburg, is links buite sig op die foto hieronder. Daar is hy Vrydag deur familie en vriende ter ruste gelê.

Sy graf is net oorkant graf nommer 15 613 in die blok gereserveer vir mense van die Gereformeerde en Pinksterkerkfamilies. Langs hom is ‘n

19.2.14

Maar die verkeersman verseg om te skryf

PIET ROODT skryf: Ek lees Piet Ebersöhn se storie oor Oggendblad se vrot karre. Die Transvaler se vloot was ook maar vodde. Ek en Jannie Herbst is eendag Ermelo toe gestuur vir ʼn storie en ons ry in daglig. Met die terugkom die aand, werk net die Volkswagen se parkeerligte. Ons is woedend oor die toestand van die motor, maar kan nie anders nie as om aan te sukkel in die halfdonkerte.

18.2.14

As ʼn storie nie ʼn storie is nie

PIET EBERSöHN skryf: Ek het al vertel van die keer toe ek, Frans Scheepers en nog ‘n vriend, met ‘n bustoer Sabie toe is vir ‘n goudstormloop en toe sommer tot ons verdriet ‘n vakansie-erf gekoop het.

Saam op die bus was Jan Brits, ‘n nuusredakteur van Die Transvaler in die jare her. Weet iemand dalk wat van hom geword het?