Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

17.3.14

Fotodag 22: Neil Diamond in Dittonlaan

STELLA NIEMAND skryf: Wie onthou nog die dag toe Neil Diamond 'n draai in die berugte Dittonlaan 10, Aucklandpark, gemaak het? Daar was wel diegene wat sou sweer dis eintlik Gert van Rooyen, 'n kollega, maar hulle weet nie wat hulle misgeloop het nie!

Vir die oningewydes: 'n hele klompie van DT se jongklomp het in die jare sewentig by die adres gewoon en baie gedenkwaardige (ook minder gedenkwaardige) dinge het daar gebeur.