Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

25.3.14

Ope Vraag nr. 2

PHILIP DEETLEFS skryf: Nou ja, die eerste vraag het darem twee antwoorde van elders as die redaksie oor erge verleenthede opgelewer. Ons hoop dit is die begin van menigte antwoorde op ons Ope Vrae.

Hier onder is die nuwe vraag om aan te herkou en julle eie unieke antwoorde vir ons op te dis.

Ons weet destyds moes mens allerhande streke uithaal om die nuus te kry en ons sien daarna uit om te hoor hoe watter aas op watter manier in die nuuswip geplant is om die storie te kry. Vertel ook sommer hoe julle ‘n goeie storie van die opposisiemedia probeer weghou het vir daardie groot scoop.

Wat is die vernuftigste wettige manier waarop jy of ‘n kollega inligting of ‘n foto uit ‘n onwillige bron/onderwerp gekry het vir jou nuusberig?

Stuur asseblief jul bydraes aan deetlefs@nawa.co.na.