se lesers trek weer ’n slag die heuningkwas nader. Laat ons vertrou oudkollegas trek ewe vlytig die rekenaars nader om aan te hou skryf.Eers skryf SIPKE DE VRIES: Die bydrae van Frans Esterhuyze, sy lewensloop asook die mooi illustrasies daarby, is een van die beste bydraes wat ek nog ooit oppie K'rant gesien en gelees het.KARIN PRETORIUS skryf vervolgens: Ek wil graag my stem by Hanlie Vornberg voeg en K’rant gelukwens met sy verfrissende en ongewone stories wat ons die afgelope tyd waargeneem het.










































