Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

7.10.22

‘Ek hoop dit hou so aan’

HANLIE VORNBERG skryf uit Wenen: K’RANT het die klomp omtrent wakker geskud! Hulle skryf nou weer met groot vreugde! Hoop dit hou so aan. 

PIET EBERSÖHN voeg by: Ongelukkig is die mandjie aan die leeg raak. Daar is twee bydraes wat afronding van die bydraers se kant af kort, dan is dit eers weer leeg. 

Die hoop beskaam darem nie heeltemal nie. Daar is oor die dertig beloftes wat nog nie nagekom is nie. 

Piet Ebersöhn
Alles hang daarvan af op hoeveel daarvan K’rant kan staat maak en hoe spoedig dit ons bereik of daar weer leë Maandae, Woensdae en Vrydae kan opduik. 

As jy nie belowe het nie, is jy steeds welkom om te skryf. 

Natuurlik is diegene wat reeds geskryf het, nou of jare gelede, welkom om weer en weer te skryf. 

Intussen deel ons Hanlie se hoop. 

• Japie Bosch sê-vra:  stuur selfs net 'n foto of twee met 'n byskrif.  Dis goeie herinneringe en deel van die optekening van Perskor se geskiedenis.