
KARIN PRETORIUS skryf vervolgens: Ek wil graag my stem by Hanlie Vornberg voeg en K’rant gelukwens met sy verfrissende en ongewone stories wat ons die afgelope tyd waargeneem het.
K’rant se bladsye ritsel behoorlik vol nuus en ons hoop die mandjie bly vol. Piet [Ebersöhn] moet egter nie dink hy gaan so maklik wegskram van sy eie verantwoordelikheid om tog iets uit Korfu te skryf nie, en waarmee hy hom deesdae daar besig hou.

Hierby is 'n foto uit my plakboek van my besoek jare gelede aan Korfu. Dit toon waar ek en my vriendin, Brenda, op Korfu van die veerboot van Italië af afklim -- 1969! Ons het die dagveerboot van Brindisi af verpas en toe darem betyds by Bari uitgekom om die tienuur-aandveerboot te haal.