Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

5.10.22

Paul onthou miernes eksentrieke karakters

PAUL ROOS skryf: EK was slegs ʼn paar maande lank ʼn Perskor-werknemer, en daarom neem ek nie juis deel aan julle aktiwiteite nie. Desnieteenstaande is ek ook ʼn slagoffer van die nostalgie, en onthou ek daai tyd met meer as net ʼn tikkie heimwee. 

As junior verslaggewer by Die Transvaler (aangestel deur Herman Snyman) veertig jaar gelede, het ek my bevind in ʼn soort Suid-Afrikaanse Alice in Wonderland. Eksentriek was die norm – of so het dit vir my gevoel. ʼn Miernes vol energieke, passievolle, volkleur-karakters propvol lewe en vreugde en spitsvondigheid. 

Op aanbeveling van liewe Louis Roux het ek vir Die Kouter gaan werk, ʼn landboukoerant wat destyds deur Promedia uitgegee is. My kollegas daar was Gerhard Kleyn, Etienne Kriel en Theo Kleyn, almal voormalige Perskor-manne. 

Toe Die Kouter ʼn paar jaar later toemaak, het ek by die Verbruikersraad gaan werk as ʼn skakelman; en toe die nuwe regering besluit Suid-Afrika het nie ʼn Verbruikersraad nodig nie, het ek en kollega Daan Kruger ʼn klein skryfbesigheid begin en kantoorruimte gehuur by ʼn bekende reklame-agentskap in Brooklyn, Pretoria. Daan is vyf jaar later oorlede en ek het aanhou werk as ʼn vryskutskrywer en skakelkonsultant. 

Dit was 1999 en ek doen dit steeds. Ek skryf hoofsaaklik reklamekopie vir ʼn verskeidenheid agentskappe