Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

17.10.22

Vrouens wat ʼn verskil gemaak het!


ESTELLE DE BRUYN skryf:  DAAR is drie, nee, maak dit vier vroue; goed, vyf; nee ses; sekerlik, sewe as ek eerlik moet wees. Wel, nee dis agt, dalk nege, vrouens wat ek alles aan verskuldig is.

Ek kan nie sê ek het bereik wat ek bereik het, vanweë hulle nie, want ek het nie veel bereik nie, maar hulle was almal inspirasies.

Nommer een ... maar dis nie in enige bepaalde rangorde nie.

Toe ek klein was en ek het koerant gelees, was dit net alles mans se outeursreëls, maar daar was een vrou, Rykie van Reenen.

Rykie van Reenen

Karin Brynard
Anne-Marie Mischke

Ek wou soooo graag ʼn outeursreël in ʼn koerant hê, soos Rykie.  Ek het haar nooit ontmoet nie. Wens ek het. Maar die feit dat ʼn vrou se naam in ʼn koerant as ʼn outeursreël was, was magies.

Karin Brynard: Sy was by Die Transvaler (ek by Die Vaderland), maar sy was lewendig, interessant, slim. Opgang gemaak. Dalk het ek vir haar hallo gesê in die kleedkamers, maar sy het nie geweet ek was ʼn bewonderaar nie.

Dieselfde met Anne-Marie Mischke. Sy was so agtermekaar, netjies, slim verby. In my drome wou ek Anne-Marie wees. Ek was plomp en lomp. Sy was kragtig, so sjiek en elegant,slank en so gesofistikeerd.

Mariechen Waldner: Sy was ʼn politieke joernalis by Die Vaderland toe ek daar beland het en met haar rooi hare en ekstroverte persoonlikheid was sy soos spookasem by ʼn kermis. Slim, skerp, wys. Glo ook nie sy het eers geweet van my bestaan nie.

Kittie Vermaak. Dierbare Kittie ... die vroue-redaktrise by Die Vaderland.

Kittie het my (onbeholpe, 21 jaar oud, Orkney-agtergrond-self) gevat en geleer van klere en modevertonings en grimering en my vertel dat ek bekwaam is. 

Aletta Pakendorf en Rina van Rooyen (ek noem hulle in dieselfde asem) is twee van die belangrikste rolmodelle in my lewe.

Kittie Vermaak
Rina van Rooyen
Aletta Pakendorf
Hulle het vir my en Mariska (my dierbare eerste-jaar vriendin op Die Vaderland-redaksie) genooi om vriende te wees, om te leer van opera-musiek, en vrouens wat self kan vleisbraai en swembad-partytjies met Aletta en Harald se kinders en snot en trane huil oor egskeidings en normaal wees en lewe.

Nommer agt: soos ek sê, in geen bepaalde voorkeur nie, maar ek tel net af, hoeveel  ek aanvanklik geïdentifiseer het.

Oriana Fallaci.

Dis ʼn Italiaanse nooientjie wie se loopbaan in die Tweede Wêreldoorog begin het, toe sy as ʼn tienderjarige weerstandsvegter Jode uit Italië gesmokkel het, en wat later ʼn op en wakker joernalis geword het.

 ʼn Vinnige biografie van Wikipedia, (as julle meer wil weet van

hierdie verbasende vrou/mens: Google!)

Oriana Fallaci
“Oriana Fallaci was an Italian journalist and author. A partisan during World War II, she had a long and successful journalistic career. Fallaci became famous worldwide for her coverage of war and revolution, and her "long, aggressive and revealing interviews" with many world leaders during the 1960s, 1970s and 1980s. Born: June 29, 1929, Florence, Italy. Died: September 15, 2006, Florence, Italy

My beste vriend op universiteit, het ʼn beurs gekry en in Europa gaan studeer en op haar skrywes afgekom en dit vir my gestuur.

Nog een van my helde wat ek nooit ontmoet het nie, maar ʼn inspirasie soos geen ander nie. 

Willie Oosthuizen: My ma

Toe ek klein was, wou ek ’n huisvrou wees, soos my ma, Wilhelmina Johanna, Oosthuizen – gebore Lauwrens.

Sy was alles in my lewe.

Eendag, begin standerd 6, toe het ons’n beroepsvoorligtingsklas en die meneer vra wat wil ons word as ons groot is.

Ek was 11 jaar oud.

Ons moes dink en die volgende dag terugkom en sê.

Ek het my ma gevra wat sy wou wees toe sy klein was.

Haar antwoord:

“ʼn Joernalis”

“Wat is dit, mamma?”

“Iemand wat weet wat aangaan in die wêreld en almal vertel wat hulle behoort te weet,” was Willemien se antwoord.

“Wat doen hulle?”

“Hulle skryf in koerante”.

Die volgende dag in die klas, het almal gesê hulle wil polisiemanne en dokters en onderwysers wees.

En ek het gestruikel.

En wou nie “uit” wees nie ...

“Ek wil ʼn “juffrou” word,” het ek gefluister terwyl my hart en siel geskree het: “Te hel daarmee! Ek gaan ʼn joernalis word