Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

23.10.12

Legende Jaap se seun in Londen wil oor sy pa weet

WESSEL OOSTHUIZEN, een van die land se mees ervare en gerekende fotojoernaliste, het so 'n bietjie in sy geheue rondgekrap en met die volgende vorendag gekom: Iewers in 1974 land die rugbylegende Willie John McBride en sy Britse Leeus vroeg een oggend op die destyde Lughawe Jan Smuts.

Die inleidingsparagraaf van ‘n berig in Die Vaderland deur oud-

22.10.12

5 000 besoekers en ons stoom voort

JAPIE BOSCH skryf: K’rant het verlede Vrydag sy 5 000e besoeker opgelewer sedert amptelik telling op 28 Mei 2012 begin hou is. Gesamentlik het hulle meer as 17 000 verskillende plekke op die joernaal besoek.  Boonop verskyn ons 250e storie vandag.

Eintlik is die syfers ‘n paar honderd meer, want die joernaal het op 1 Mei 2012 ‘n aanvang geneem, maar ons ag die eerste vier weke as kindertreë.

Daar is seuns van vyftien, sestien jaar met grys hare in my klas

SUZELLE FOURIE  vertel verder oor haar ervarings as onderwyseres in landelike China. Sy gebruik uittreksels uit briewe aan familie en vriende in Suid-Afrika om haar verhaal te vertel. Hierna volg nog twee aflewerings.

 2 Julie 2004: Die woord “hitte” het ’n nuwe dimensie

19.10.12

Willem de Klerk se eerste treë as redakteur


Terwyl Willem de Klerk nog die aanbod om hoofredakteur van Die Transvaler te word, oorweeg het, “het mnr Marius Jooste my laat roep en voor ek nog amptelik ja gesê het, is daar foto’s geneem, die redaksie saamgeroep, drankies geskink en is dit aangekondig dat ek die nuwe hoofredakteur is. Die redaksie was geskok, want dit was soos ’n slag uit die bloue hemel.”

Dit moes seker vir die akademikus ’n reusesprong gewees het toe hy op 1 Julie 1973 “met ’n geklap van vlerke” as hoofredakteur van Die Transvaler ingeval het.

Hoffie Hoffeldt oorlede

WILLIE BUYS skryf: Hoffie (Johannes) Hoffeldt, oud-hoofstroomjoernalis wat eens vir die Pretoriase middagblad, Hoofstad, en die oggendkoerant, Beeld, gewerk het, het is onlangs aan ‘n hartaanval in sy huis in Heidelberg, Gauteng, dood.

Wolfram Zwecker skryf in Beeld Hoffie was die afglope drie jaar werksaam by die Nigel Rekord. Hy was een van die laaste redakteurs van South Africa Today, wat deur die destydse Buro vir Inligting uitgegee is. Lambert Smith, wat jare lank as fotograaf die land, Afrika en Europa saam met hom deurkruis het, het hom as "‘n goeie mens" beskryf". Hy kon met enigiemand oor die weg kom", het hy gesê. Hoffeldt het ook lank vir die Buro van Standaarde gewerk.

18.10.12

Moenie K’rant met jul lekkerhede snoep nie

Piet Ebersöhn skryf: Ek wonder soms of dit net ek is wat so ’n norring lekkerhede in my koerantdae ervaar het en of dit net ek is wat so voorbarig is om daardie oomblikke met K’rant-lesers te deel, maar nouliks verskyn ’n storie of dit laat my gedagtes langs ver paaie dwaal en loop iewers ’n goue herinnering raak. Dat die eerste moontlikheid waar is, kan ek nie werklik glo nie, maar hoekom vertel julle ander dan nie ook van julle s’n nie. As die tweede moontlikheid reg is, moet ek seker my snater hou voor Frik van der

17.10.12

‘Blote naïwiteit en tonne geesdrif’ bou tydskrifsukses

JANNIE HERBST, gewese fotograaf van Die Transvaler en later suksesvolle uitgewer van die treffer-motortydskrifte Wiel en toe Leisure Wheels, skryf: Ek glo alle mense, wanneer hulle gevestig is in hul weë, vra hulself die vraag af: “Nou hoe het ek hier gekom? Kon ek beter gevaar het?”

En as ek so terugkyk na die geskiedenis van my wandelinge is dit onbetwisbaar dat Die Transvaler ’n baie groot rol in die bepaling van my
toekoms gespeel het. Nie alleen omdat ek baie daar geleer het nie, maar ook weens toeval.

”Hoe het dit gekom dat jy Wiel begin het?” Dit is een van die vrae wat nogal baie aan my gestel is toe die tydskrif nog bestaan het. Die antwoord is nogal lank, maar interessant, want ek kan eerlik sê dat alles begin het toe ek as Transvaler-fotograaf ‘n vriendskap begin het met misdaadverslaggewer, Piet Roodt.

Jasper se mannekoor vaar puik

JASPER SCHELLINGERHOUT, oud-redaksielid van Die Vaderland is lid van die George-mannekoor, wat onlangs in ’n landwye koorwedstryd gepresteer het. Die koor het in Augustus deurgedring na die eindronde van die ATKV se jaarlikse Animato-Nasionale Koorwedstryd wat pas in Parow, Kaapstad beslis is.

Hulle was tweede in die afdeling vir volwassenes en het ‘n goue medalje

16.10.12

Rooi Rus fnuik Jakkie se ‘scoop’

JAKKIE GROENEWALD skryf: Na aanleiding van Joe van Buuren se storie oor David Protter en die Foxstraat-beleg onthou ek die volgende: Ek was in daardie stadium ’n hooggeregshof-verslaggewer vir Beeld. Ek en ’n paar ander verslaggewers het oor middagete van die gedoente in Foxstraat gehoor en soontoe gehol.

Daar aangekom, het ons ons ook maar dun gemaak terwyl die skote klap.

Douglas en Mooiwillem se hase-stryery land Willie amper in tronk

WILLIE BUYS skryf: Daar is soveel raakvlakke in die beroepsondervindings van kollega Philip Deetlefs, nou ’n suksesvolle makelaar in die Namibiese Republiek van afgetrede oom Sam Nujoma, en my dat dit geen wonder is ons het lewenslange vriende geword en gebly nie.

Die jongste berig van Philip oor kol. Mooiwillem van der Merwe het ’n brok

15.10.12

‘Toe sing ek Hansie Slim op Chinese TV!’

SUZELLE FOURIE vertel verder oor haar ervarings as “foreign expert” in landelike China. Sy gebruik uittreksels uit briewe aan familie en vriende in Suid-Afrika om haar verhaal te vertel. 

13 Mei 2004: Uiteindelik begin klasgee! Ek spog nou met 'n imponerende rooi boekie, die "Foreign Experts

12.10.12

Willem de Klerk word genooi om Beeld te Lei



Min mense weet dit, maar Willem de Klerk, was voor sy aanstelling as hoofredakteur van Die Transvaler in “verkennende gesprekke” met Nasionale Pers betrokke. Hy is ook in 1975, toe hy hoofredakteur van Die Transvaler was, deur Lang David de Villiers van Naspers die redakteurskap van Beeld aangebied, maar hy het dit summier van die hand gewys, skryf Andries Botha.

Willem de Klerk het bykans 20 jaar ná sy aanstelling as hoofredakteur gewag om “die enkele traumatiese ervaring van my lewe” op te teken om sy emosies te laat bedaar “en ek met perspektief kan skrywe”.

11.10.12

Rika tot in Karoo-kroeg ‘raakgeloop’

ARINA BOHLER (voorheen de Kock) skryf: Dankie aan Philip wat Rika van Graan in herinnering geroep het. Ons het baie in haar kantoor vergader en gelag. Ek onthou hoe Len Lindeque spontaan 'n skets van my gemaak het met 'n groot groottoon en die wurm wat sê Arrie-nee – hy het gesê 'n tekenaar aksensueer ongewone trekke. Eish, ek kan jou verseker my groottoon het nooit aandag getrek nie, tot toe! Hy het ook vir my dogter, Narnia, (toe 2-jaar-oud) 'n skets gemaak van 'n dogtertjie op 'n driewiel,

Estelle herleef Vaderland-dae

ESTELLE DE BRUYN, redakteur van Republikein, het deur haar foto-albums gaan blaai en afgekom op 'n klompie foto's uit haar Vaderland-dae, toe sy nog Estelle Oosthuizen was.

Sy deel dit met K'rant se lesers.




10.10.12

Die dag toe Mooiwillem hom vererg het

PHILIP DEETLEFS skryf: As misdaadverslaggewer was jou kontakte by die lykhuis, ambulans, die moord- en roofafdeling van die polisie, ens, baie belangrik, want dis die manne wat in die heel voorste linies geveg het teen die klas misdaad wat die nuusredakteur graag in die koerant wou publiseer.

Destyds was die hoof van die moord-en roofafdeling daar in Brixton ’n

9.10.12

China is nie vir sissies nie . . . ! (1)

SUZELLE (DU PREEZ) FOURIE woon sedert Gerrie se dood in 2003 in die Milnerton-omgewing in die Kaap, daar waar sy soggens “die Berg kan groet”.  Op ouderdom 66, sê sy, is sy dankbaar dat sy nooit weer ’n koerantstorie hoef te skryf nie. Nadat sy die Weskus verlaat het, het haar lewenspad egter eers ’n wye draai deur ’n afgeleë gebied in die verre

8.10.12

Uitsonderlike reeks begin Vrydag


Willem de Klerk was ‘n besondere mens en seer seker die invloedrykste redakteur van sy tyd.

Andries Botha, wat deur die jare dikwels lang kuiers saam met De Klerk geniet het, het Willem se “Opruiming” ter insae gekry en skryf tans ‘n reeks artikels daaruit vir K’rant.

Waar Was Jy die Aand van 16 Junie 1976?

ANDRIES BOTHA skryf: “Waar was Jy die Aand van 16 Junie 1976?” kan die titel van ’n opwindende boek oor Suid-Afrika wees.

Daardie aand was vir my om meer as een rede ’n geweldige skok. Soweto in vlamme. Brandende buitebande. ’n Betogende skare wat alles en nog wat na die polisie slinger. Geweerskote. Lyke in die strate. Veroordeling van die bestaande gesag uit die buitewêreld.

5.10.12

Fotograwe raak nooit oud nie, net uit fokus

WILLIE BUYS het BERNARD JORDAAN (regs) opgespoor – die deurwinterde, wêreldbekende fotograaf wat veral naam gemaak het met die dosyne mooi meisies wat hy vir onder meer die Mej. S.A.-Skoonheids- kompetisie, afgeneem het – daar in Hermanus in die Kaap, waar hy afgetree het. Hy het onder andere die pragtige Margaret Gardiner deur sy kameralens gekiek en

Nog foto's van Bernard Jordaan

Hieronder is nog foto's wat Bernard Jordaan eksklusief aan K'rant beskikbaar gestel het.

4.10.12

Die dag toe die Bok Hoofstad se 'rugbykenner' af aarde toe gebring het

JOHAN VAN WYK skryf: Toe ek in die vroeë jare sewentig ná vyf jaar se geswoeg op die Puk by Hoofstad in Pretoria land, het ek groot drome gedroom dat ek sommer met die intrapslag oor Springbokrugby gaan skryf. Niemand kon my iets oor rugby vertel of leer nie, soos dit seker maar met enige vrypostige jong verslaggewer in ’n sportkantoor gaan.
Groot was my skok egter toe die sportredakteur, Neil Steyn, my inlig dat rugbyskryf sy werk en ander hardebaarde soos Chris Swanepoel en

3.10.12

Soektog na nuus oor ou-Vaderlander

Oud-Vaderlander,
Robert Boonzaier
K’rant se reikwydte het al ‘n paar mense gehelp in hul navrae oor mense en hul dinge. Die jongste navraer is Johan Boonzaier (korrekte spelling), wat saam met sy gesin die Wimpy restaurant op Lephalale (Ellisras) besit en bedryf. Hy is getroud met Alma en hulle het drie volwasse kinders te wete Robert, Philip en Marijke.

Johan se verbintenis met Perskor strek via sy vader, Robert Stephen Alfred Boonzaier (links). Robert, gebore op 6 September 1933, was onder meer Die Vaderland se Oos-Randse verteenwoordiger. Hy het lewe gelaat in ‘n motorongeluk in 1961.  Hy was 28.

2.10.12

Die vrou met ink aan haar hande

ANNELIZE SLABBERT, se onderstaande artikel oor Anne-Marie Mischke is te lese op die webblad van die Fontainebleau-Gemeenskapskerk en word geplaas met erkenning en dank aan die betrokke partye.

Die naam "Anne-Marie Mischke" is nie net bekend as befaamde joernalis en adjunk-redakteur nie; as FGK-lidmaat is sy iemand wat gereeld gevra word om vir FGK se webblad ’n artikel te skryf. As 2009-ontvanger van die

1.10.12

Rika se rare stories…

WILLIE BUYS skryf: Dit is eintlik ‘n skande dat ‘n oudkollega wat duisende kilometer hiervandaan sit, by name Philip Deetlefs, ons wat hier in die besige K’rant-byenes voortzoem, daarop attent moet maak dat een van die vlytigste en vindingrykste joernaliste van die Perskor-era nog nie haar welverdiende ereplekkie in ons kolomme gekry het nie.

Ek verwys hier na die nimlike Rika van Graan wat in haar tyd ‘n

Beroemdste “off day”

Johan Esterhuizen skryf: Jammer ek kon nie vorige reunie bywoon nie. Ek bly nou in Ballito, KwaZulu-Natal. My nuwe e-pos-adres is: johanesterhuizen217@gmail.com. Ek lees lekker aan die koerantjie.

Die storie oor Gaby (motorbestuurder Gabriel) was baie goed. Ek en Pieter Kruger van die destydse Vaderland ry op 'n keer Durban toe met Gaby aan die stuur. Daar êrens in Natal vra ek vir Gaby wat het by Bloedrivier gebeur. Sonder om links of regs te kyk, of 'n oog te knip, sê Gaby so in die ry (heel ernstig): "The Zulus had an off day!"

28.9.12

Protter laat Joe rekord op rekord slaan

JOE VAN BUUREN skryf: My kollegas sal waarskynlik die dag in die middel jare sewentig onthou toe David Protter die middestad van Johannesburg op horings geneem het.

Protter het die Israelse konsulaat in Foxstraat, oorkant die Carlton-sentrum, beset en op als wat roer geskiet.

27.9.12

Rika het hardekwas-polisiemanne om haar pinkie gedraai

PHILIP DEETLEFS skryf: Om so ‘n effense kinkel in jou kabel te hê, kan voordelig wees om die joernalistiek prettig en opwindend te maak. Ek verstout my om te sê dat die grootste gros van ons wat by Perskor gewerk het, dalk op dié manier gestrem was/is met so ‘n kinkeltjie iewers in die kabel. Ek sê dit met groot respek en as iemand wie se kinkel eintlik niks minder as ‘n vervlakste kraaines is nie.

26.9.12

Repliekbrokkies is mos ’n nuttige werktuig

PIET EBERSÖHN skryf: Gerhard Burger het onlangs só ‘n mooi voorbeeld gestel om ‘n paar herinneringe saam te vat in wat hy “repliekbrokkies” genoem het, dat ek hom sommer klakkeloos na-aap – en hoop meer mense wil die voorbeeld volg.

Dit is nou maar so dat byna elke storie as ’n soort van “geheuekatalisator” dien wat latente stories weer helder voor die gees roep. Sit dié belewenisse

25.9.12

Sulke karakters het die Afrikaanse joernalistiek kleur gegee

Willie Buys skryf na aanleiding van Japie Bosch se saamgevatte storie oor Douglas Jones: Afrikaanse joernalistiek is soveel armer sonder kleurvolle, enigmatiese karakters soos Douglas Jones en sy tydgenoot Chris Vermaak, alias ou Grim, weens sy vryelike gebruik van dié woord om donker situasies te beskryf. Albei het nou al die Groot Rivier oorgesteek, maar hul nalatenskap is staaltjies wat met nostalgie of borrelende humor oorvertel word.

Len soek Schoor

JOHAN LIEBENBERG skryf: Ek sien Andries Botha skryf oor staaltjies uit Len Lindeque se kleurryke lewe en ek meen ek moet ook een bydra. In die
Aucklandparkse dae was die Kunsredaksie in ‘n stadium heel agter in ‘n gangetjie gedruk, skuins oor Len se kantoor. Daar het ons baie goeie vriende geword en eendag vertel hy my die poets wat hy vir mnr. AM. Van Schoor, destyde redakteur van Die Vaderland gebak het.

24.9.12

Harde skool en kleinste salaristjeks as koerantman

GERT COETZEE skryf: Ek het as ’n verwaande, tienderjarige uitspoegsel van die Puk by Die Vaderland in Aucklandpark, Johannesburg, aangekom. Net onder ons het dit by Die Transvaler gewemel van ’n swetterjoel jongetjies, maar ek was ’n geruime tyd lank die “baba” van die vierde verdieping, as’t ware die speelding van die redaksie.

My eerste nuusredakteur was ’n swaargewig. Nie die skreeuende, tierende,

21.9.12

Die diamantsage van flamobjante Flash Fred Kamil

WILLIE BUYS skryf: Twee mans se kaping van ‘n groot Suid-Afrikaanse passasiersvliegtuig op 24 Mei 1972 het ‘n ongekende en geskiedkundige drama hier te lande ontketen wat maande lank hoofnuus was in die plaaslike media. Ek het daardie epiese sage ten nouste beleef omdat ek vir Die Vaderland daaroor verslag gedoen het.

Dit was inderwaarheid een van die grootste en lanklopende stories wat ek

20.9.12

Sans-base het nie net perslui se tjeks gewissel nie

JOE VAN BUUREN skryf: Die Sans Souci-hotel in Auckland Park was baie jare lank 'n gewilde bymekaaromplek vir Perskor se mense.

Daar was ook beroepslui en studente van die Randse Afrikaanse Universiteit, Wits, die Goudstadse Onderwyskollege en die Engelse onderwyskollege in Parktown, ‘n mengelmoes mense wat by die hotel gekuier het.

As Essie (ongemaklik) profeteer

Sandy MacDonald skryf: Met verwysing na Johan van Wyk se staaltjie "Goeiemôre, meneer" (klik hier) oor hom en Johan (Essie) Esterhuizen in K'rant van 29 Augustus, moet ek darem 'n ietsie oor Essie oorvertel.
Hy was 'n kollega met wie dit die grootste plesier was om saam te werk. Nie net vir sy droë humorsin nie, maar ook vir sy werkywer en sy liefde en kennis van sy vak. Essie was (is) 'n krieketkenner van formaat, soos wat die toekenning van Krieket Suid-Afrika aan hom ná sy vroeë aftrede getuig.

19.9.12

Des Erasmus: woordkunstenaar by uitstek

DES ERASMUS was Perskorburo se korrespondent in Windhoek. Meegaande artikel oor hom, deur Errol Hurter, het onlangs in Republikein verskyn, in ‘n rubriek geborg deur Gondwana Collection, ’n groep verblyfplekke in die omgewing van Namibië se natuurwonders. Die artkel word met Gondwana, Hurter en Republikein se instemming in K’rant geplaas.As kind het hy op ’n donkiekar getrek deur Dapper en Donker, plaasskool toe gery en in sy hart het hierdie groot man vandag

‘Help, help!’ toe help rower homself

PHILIP DEETLEFS stuur meegaande berig wat op Donderdag 13 September in Republikein verskyn het. Die amperse slagoffers is ’n gewese Windhoekse korrespondent van Perskor, Des Erasmus, en sy vrou, Anneli.

’n Verslagspan van Erongo, ’n streekpublikasie van Republikein, is in die middestad van Pretoria deur ’n rower oorval. Dit was die tweede poging tot roof binne twee dae op die koerantegpaar, Des en Anneli Erasmus van

18.9.12

Vreugde en vrese van ’n eerste ‘byline’

ILZE WELGEMOED skryf: Hoe kan ’n mens so swel van trots die een dag en die volgende oggend is jy so bang dat jy net wil weghardloop? En dit alles oor ’n byline en rugby.

Ek weet nie hoekom nuusredakteur Japie Bosch nie vir Yvonne le Roux gevra het om ‘n TV-storie te skryf nie, want sy was immers die TV-redaktrise, maar nee, hy kies MY toe om met Jan Snyman, TV se sportbaas, oor rugby op TV te gesels. Die opdrag was om vas te stel of Gerhard Viviers ooit rugby op TV sou uitsaai.

Gee jou Hart vir Hillbrow…

ANDRIES BOTHA skryf: Toe ek nou die anderdag wanneer Johannes Kerkorrel (almal weet seker hy was eens op ’n tyd ’n sub by Rapport) se aangrypende liedjie, Gee jou Hart vir Hillbrow, oor die radio hoor, het dit my gedagtes teruggevoer na ’n paar interessante stukkies politiek graffiti wat ek in Hillbrow gesien het.

Dit was in die jare sestig toe dr HF Verwoerd taamlik suksesvol na die Engelse stem vir die Nasionale Party gevry het en onder meer vir sen Alf Trollip en prof Owen Horwood, toe nog rektor van die Natalse Universiteit, in die kabinet aangestel het dat iemand teen ’n muur in Hillbrow geskryf het:

“Even a Trollip won’t do what a Horwood”.

17.9.12

Moenie grap waar dit nie jeuk nie

PIET ROODT skryf: Ek weet nie of Frans, my broer, laat weet het nie. Hy sit op Riebeeck-Kasteel en ek op Vereeniging, albei besig om ons gatte af te sukkel om kop bo water te hou.

Dis met nostalgie dat ek K’rant lees. Soms maak die lewe snaakse draaie. Baie van die ou hande het reeds die ewige met die tydelike verwissel, maar dis goed om darem te hoor almal is nie onder die kluite nie. Ek het nie

Kittie: Daardie blou oë en die glimlag

JOHAN LIEBENBERG skryf: Hoewel ek dadelik van Kittie Vermaak se afsterwe gehoor het, kan ek nou eers daarop reageer. Dit was vir my ’n bedrywige tyd in die aftreeoord, want ek was besig met kulturele dinge hier. Ons het ’n konsert gehou en een van die Kaap se gewildste sangeresse het kom sing en soos ’n mens maar weet, vat sulke dinge baie organisasie.

14.9.12

Meesterverteller met opregte hart en talent vir die lewe

JAPIE BOSCH het met wyle Douglas Jones se vrou, Elsa, gesels. Sy het een en ander oor hom vertel en berigte wat ná sy dood oor hom verskyn het asook 'n paar foto's uit sy jong dae aan K’rant gestuur. Douglas was onder meer verslaggewer by Brandwag, Sondagstem, Dagbreek, nuusredakteur van Die Vaderland en adjunk-nuusredakteur by The Citizen. Hy het ook ‘n draai by Die Republikein in Windhoek gemaak. Voorwaar een van die “karakters” in die Afrikaanse joernalistiek.

13.9.12

Amerikaner Baby John verras met Boereaksent

PIETER KRUGER skryf: Ek sit Sondag in die voorhuis en spring van kanaal tot kanaal toe ek op die rofstoei op e-tv vashaak. En toe dwaal my gedagtes terug na Die Vaderland se sportkantoor en oom Bull Hefer.

Oom Bull was ’n blok van ’n man, ’n rofstoeier wat sy nering by Henry Irslinger geleer het en in sy vroeë loopbaan gesorg het dat hyself, Willie Liebenberg, Percy Hall en die Wildeman van die Kalahari huishoudelike name geword het.

Jy kon oom Bull deur ’n ring trek. Donkerpak, wit hemp, swart das, blink skoene. Sy yl hare gekam en geplak met Brylcream, ’n dik Ritmeester-sigaar in sy mond en altyd haastig. Oom Bull was promotor, vegknoper, bestuurder, betaalmeester, skakelbeampte en woordvoerder vir manne soos Jan Wilkens, Boerseun, Vrystaat, Apollo en Tarzan Jacobs.

12.9.12

Daar skuil ’n moordenaar in elkeen van ons

CARLA VAN DER SPUY skryf: Ek het nooit gedink ek sal eendag ’n misdaadboek skryf nie, maar “Mens of Monster – die psige van ’n misdadiger” was ’n opdragwerk van Lapa-uitgewers en soos die geval met alle vryskutjoernaliste is, sê mens nie nee vir werk nie.

Jy is bang hulle vra jou nie weer nie.

11.9.12

Buis baar toe meer as ‘n proef

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Lank voordat sielkundiges en navorsers vasgestel het een van die hoofoorsake van krisisbestuur is voortdurende volgehoue stres oftewel spanning het Perskor dit reeds toegepas.

 Dit was veral in die nagkantoor sigbaar waar 'n Gideonsbende aand na aand die byna onmoontlike vermag het deur Die Transvaler betyds persklaar te kry. (Met die hulp van Die Vaderland se huursoldate.)

Wonderlike verrassing

JOHAN SMIT skryf: Hier krap ek nou op die Internet rond en kom op dié wonderlike blad af.

Ek en Jean Oosthuizen het in die jare negentig politiek geskryf vir Die Transvaler in Pretoria, Frans Esterhuyse was die spotprentman, Francoise Steyn het algemeen geskryf en selfs klein Willem de Klerk het vir ’n ruk saam met ons gewerk. Gerrit Velthuysen was die redakteur in 1988-92?

Ek is bitter bly om hier uit te kom. Sal moeite doen om die ander ook hierheen te verwys.

10.9.12

Ondervinding wat 'n mens nederig hou

WESSEL OOSTHUIZEN skryf: My geheue is deesdae te kort om te onthou waar ek oral was en wat ek al op film en deesdae elektronies vasgelê het. Die 2012 Paralimpiese Spele hier in Londen is egter een byeenkoms wat ek nooit sal vergeet nie.

In my loopbaan het ek saam met van die grootste name in die joernalistiek, Afrikaans en Engels, gewerk, maar ek dink net wyle Koos van der Merwe,

Spesiale jare daar in Mitchellstraat

HANLIE DELPORT skryf: Ek het ’n klein rukkie by Die Transvaler gewerk – 1987 tot 1989. Was toe Hanlie Basson. Ek het algemeen geskryf, maar het ook heelwat bylaes (vakansie, kuns) gedoen en het selfs die Mej Pretoria Skou-skoonheidskompetisie namens die koerant gereël!

Ek het saam met Sandy MacDonald, Murray la Vita, Anita de Kock, Rean Steenkamp, Tom Cairncross, Mike van der Merwe, Blaar Grobbelaar, Dirk

7.9.12

Só het Perskor sirkulasiestryd verloor

WILLIE BUYS skryf: Kollega Andries Botha se berig oor die sogenaamde sirkulasieskandaal en sy redes oor hoekom hy dink Nasionale Pers die noord/suid-stryd om oorheersing van die Afrikaanse mediamark gewen het, verwys.

Andries sê tereg hy het nie die feite voor hom nie en dus lug hy net ’n mening. Ek as destydse nuusredakteur van Die Transvaler, redakteur van

6.9.12

Sowat van aftrap sou Oom John laat lekkerkry

JOE VAN BUUREN skryf: Op ’n dag in die vroeë jare tagtig het ek, my eks en ons dogter, Tanya, na ’n besoek aan die Suid-Kaap by die destydse Lughawe Jan Smuts aangekom.

Tanya, wat toe maar ’n paar maande oud was, was behoorlik toegewikkel, met die arms styf teen die lyfie toegedraai.

5.9.12

Herinneringe aan my jaar (net een) by Die Transvaler

ANNELIZE SLABBERT skryf: My eerste Desember by Die Transvaler onthou ek met gemengde gevoelens. Pas getroud, pas afgestudeer en pas aangestel danksy ‘n vriendelike woord deur ’n familied in dr Carel Nöffke se oor. Rou en naïef idealisties.

Die eerste skok was Ina Smith (toe Botha) se ontnugterende waarskuwing dat verslaggewers Sondae werk. En tot donker wanneer dit die sub behaag. Terwyl ek die onbehaaglike vooruitsig van Sondae in die muwwe

Julle moet skryf soos julle praat

PHILIP DEETLEFS skryf: Toe Nic Kruger nou die dag vertel van die eerste les in joernalistiek wat Gerhard Burger hom geleer het, onthou ek myne ook.

Ons was so ‘n handvol wat in Januarie 1973 saam by Die Transvaler begin het. Die eerste week moes ek leer tik. Elke oggend het Willie Buys vir my die koerant se voorblad laat oortik tot ek omtrent so tien woorde per minuut kon tik. Toe moes ek die dag se Sapa-weerberig vertaal. Dit was ook die week wat my siel beswyk het.

4.9.12

As ’n man se huis wegraak!

Gebore en getoë Namibiër NIC KRUGER, wat in die jare sewentig by Die Vaderland gewerk het, het ook diep spore in die joernalistiek en perswese in Namibië getrap. Hy was saam met dok Jan Spies destyds aan die stuur van sake by Die Republikein in Windhoek wat toe ook die Republikeinse Party se amptelike spreekbuis was. Nic en sy vrou Elsada het later albei suksesvolle sakemense geword. Nic boer deesdae saam met sy twee seuns – albei beroepsjagters – grootskaals met trofeejagters van elke kontinent.

Is ek ook so grys en verrimpeld?

WESSEL OOSTHUIZEN skryf: Ek sit hier in London en wag vir die Openingsseremonie van die Paralimpiese Spele en kom per toeval op die webwerf af. Het ek ook so grys en verrimpeld geword? En is ek die enigste ou van ons tyd wat nou nog sy gat-af werk?

Daar is so baie name wat ek reeds vergeet het, waarvan ek nou gelees het! Om te kyk wat ek daagliks doen, gaan na www.sascocimages.co.za.

3.9.12

Onse Kittie was ’n edelvrou van die joernalistiek


KITTIE VERMAAK, voormalige vroue-redaktrise van Die Vaderland, is onlangs oorlede.

Van haar oud-kollegas vertel hier hoe hulle haar onthou.

Catharina Hendrina (Kittie) Vermaak: 6 November 1925 --25 Augustus 2012