Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

8.10.12

Uitsonderlike reeks begin Vrydag


Willem de Klerk was ‘n besondere mens en seer seker die invloedrykste redakteur van sy tyd.

Andries Botha, wat deur die jare dikwels lang kuiers saam met De Klerk geniet het, het Willem se “Opruiming” ter insae gekry en skryf tans ‘n reeks artikels daaruit vir K’rant.

Daarin is talle onthullings oor dié vreeslose man wat nie net die moed van sy oortuiging gehad het nie, maar ook die moed om geykte en tradisionele sogenaamde “Afrikaner-beginsels” en politieke dogma in heroorweging te neem, oop te spalk vir wat dit is en hom die argwaan van invloedryke politici en die Perskor- en Naspers-hiërargie op die hals gehaal het. In so ‘n mate dat hy twee keer ontslaan is omdat hy nie bereid was om sy oortuigings te versaak nie.

Die eerste hiervan verskyn Vrydag.