Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

3.10.12

Soektog na nuus oor ou-Vaderlander

Oud-Vaderlander,
Robert Boonzaier
K’rant se reikwydte het al ‘n paar mense gehelp in hul navrae oor mense en hul dinge. Die jongste navraer is Johan Boonzaier (korrekte spelling), wat saam met sy gesin die Wimpy restaurant op Lephalale (Ellisras) besit en bedryf. Hy is getroud met Alma en hulle het drie volwasse kinders te wete Robert, Philip en Marijke.

Johan se verbintenis met Perskor strek via sy vader, Robert Stephen Alfred Boonzaier (links). Robert, gebore op 6 September 1933, was onder meer Die Vaderland se Oos-Randse verteenwoordiger. Hy het lewe gelaat in ‘n motorongeluk in 1961.  Hy was 28.
.
Johan Boonzaier
Johan skryf: Ek het my pa glad nie geken nie, aangesien ek twee jaar oud was met sy afsterwe. Ek is al ’n paar jaar besig met navorsing oor die Boonzaier-familie en sal graag meer van hom te wete wil kom, veral inligting oor sy loopbaan en mense wat saam met hom gewerk het. (Ek het "Die Vaderland" op Google ingetik en dit is hoe ek op jul webtuiste afgekom het).

Twee name wat ek veral onthou nadat dit in gesprekke met my ma opgeduik het, is Johan Buys en Ferdie Nöffke. Hulle was blykbaar kollegas van my pa. Ek besef die inligting is maar skraps, maar enigiets bykomend sal baie welkom wees en baie waardeer word.

As daar iemand is wat Johan kan help, kan hy by die volgende gekontak word: Sy e-posadres: wimpy@lantic.net, telefoon: 014/763-5491 of 082/896-3152. (Hier is nou die geleentheid vir iemand om sy goeie daad vir die dag te verrig – Red.)