Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

1.10.12

Beroemdste “off day”

Johan Esterhuizen skryf: Jammer ek kon nie vorige reunie bywoon nie. Ek bly nou in Ballito, KwaZulu-Natal. My nuwe e-pos-adres is: johanesterhuizen217@gmail.com. Ek lees lekker aan die koerantjie.

Die storie oor Gaby (motorbestuurder Gabriel) was baie goed. Ek en Pieter Kruger van die destydse Vaderland ry op 'n keer Durban toe met Gaby aan die stuur. Daar êrens in Natal vra ek vir Gaby wat het by Bloedrivier gebeur. Sonder om links of regs te kyk, of 'n oog te knip, sê Gaby so in die ry (heel ernstig): "The Zulus had an off day!"