Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

22.10.12

Daar is seuns van vyftien, sestien jaar met grys hare in my klas

SUZELLE FOURIE  vertel verder oor haar ervarings as onderwyseres in landelike China. Sy gebruik uittreksels uit briewe aan familie en vriende in Suid-Afrika om haar verhaal te vertel. Hierna volg nog twee aflewerings.

 2 Julie 2004: Die woord “hitte” het ’n nuwe dimensie
van betekenis in my woordeskat. Daar is hitte soos ek dit in die somer
aan die Weskus geken het en dan is daar hitte soos ek dit in Qitai beleef. En dis nog maar die begin van die somer hier. Hitte én stof. Dis woestynwêreld. Ons beleef snags stofstorms wat die sand in ’n fyn strooisel oor alles in my woonstel laat lê, dubbele vensters ten spyt. Ek verstaan nou waarom daar nêrens verestoffers te sien is nie: hier stof ’n mens net af met ’n nat lap.

In elke klaskamer staan daar permanent ’n emmer water met ’n mop. Tussen periodes sprinkel die leerders water oor die stowwerige sementvloer, dit help vir die stof en ook om die vertrek ’n bietjie koeler te hou. Ek kry die bloedjies bitter jammer. Een van hulle lig my op pikante Engels in dat Xinjiang “a very hard place to live” is.

Dié kinders werk verskriklik hard, hulle is onder geweldige druk om akademies te presteer. In sommige van my senior klasse sit seuns van vyftien, sestien jaar met grys hare. Ek vra een van my Chinese kollegas daaroor uit, dié weet te vertel dis ’n genetiese verskynsel. Hmm...  
By hierdie skool lui geen klok nie, daar word musiek gespeel om die wisseling van periodes aan te dui. Dis altyd dieselfde wysie: Phil Collins se “Another Day in Paradise”. Die ironie gaan my nie ongemerk verby nie.
Ek stoei verbete met die groot klasse en soek nog na die regte formule om sewentig of meer jong siele gelyk besig te hou. Dril en debatte tot dusver, maar dis ’n opdraende stryd. Die meeste van hulle stel nie in die minste belang in my pogings nie. Laat iemand my probeer vertel dis maklik om in China te kom Engels gee. Ek glo nie ek leer hulle enigiets nie: ek gee tans “klas” vir dertig verskillende groepe senior studente en ek sien elke klas net een keer elke tweede week. Praat van tydmors.

3 July 2004: Still surviving out here in the wilderness as you can see, but only by dilligent daily practice of my survival skills. I certainly survived a typical Chinese dinner/banquet last night, but did so only by being horribly impolite, politically incorrect and culturally insensitive, staunchly refusing to toast anyone, and toasts there were aplenty, with the Chinese firewater they so love to drink here. When there was absolutely no way out and I simply had to make an effort or be shunned by Qitai society forever, I barely wetted my lips with the stuff and deftly emptied the glass into the soup (which I of course avoided).

The second headmaster was not impressed with my performance at all. I had been such a good drinking partner at a birthday party only a few weeks before and he was obviously looking forward to another toasting contest with the foreign teacher. It was precisely because of that earlier party that I put my foot down last night. Oh, I was so brave that night, toasting everyone and everything in sight, at some point even imagining that the honour of South Africa was at stake. Hadn't been that sick from alcohol poisoning in years. It took me three days to recover.

Baijiu, the local witblits.
My poor Pakistani neighbour, on the other hand, did not fare too well last night. The party was actually held in his honour since he's leaving Qitai at the end of the month. Being a good Muslim boy, he's not used to drinking and had never been drunk before in his life. He was doing OK while toasting everyone with the sweetish red Xinjiang wine, which actually contains very little alcohol, but when they gave him a glassful of baijiu, the local witblits, I knew he was in trouble. I could hear him giving presidential speeches in his bathroom until the early hours of this morning.

It is indescribably hot here in Qitai at present. I know the Boland can get pretty hot at times, but this weather is in a class of its own. I'm told, however, that the heat is unusual and that it normally never gets quite this hot in this part in Xinjiang province. Just my luck! Anyway, I hope to be out of here soon. The students are preparing for their exams beginning next week, so the foreign teachers don't have any more classes until the next semester starts, heaven knowns when. Nobody here seems to be sure of anything, so I'm more or less determining the duration of my vacation myself.

I've made friends with a young woman who teaches at another school in Qitai. Her name is Pharizat and she is an Uyghur, one of the ethnic groups to whom the Chinese refer condescendingly as a "minority group", even though they are actually in the majority in Xinjiang. She has taught herself some English and is very eager to learn more. Pharizat and I will soon be off to the Altai mountains in the far north. She has relatives living in that area and will be the perfect tour companion, negotiator and interpreter.

Our dear Miss Lin has just informed me that the headmaster wants me to meet the new students, or vice versa, just before lunch, so I'll have to be out of here and into my most charming behaviour, although I would much rather stay where I am and take a cool shower every ten minutes. I never knew the human body can produce so much perspiration!

30 Julie 2004: Terug in Qitai ná ’n toer feitlik reg rondom China se grootste provinsie. Ek kan vertel van turkoois mere, kristalhelder riviere, die blouste berge, diepgroen woude, uitgestrekte valleie met troppe sybokke en skape, veldblomme net waar jy kyk. En ook van woestyne... Kilometers van niks behalwe sand en hitte, hitte, hitte!

"Sleeper Bus"
Waar begin ek? Dan maar met my kennismaking met China se oorslaap-vervoerstelsel. 'n "Sleeper bus" is presies wat die naam sê: pleks van sitplekke het die bus lêplekke. Jy trek jou skoene uit sodra jy op die bus klim, gaan lê op jou slaapbank en kom só lê-lê die volgende dag by jou bestemming aan. Nie 'n onaardige manier van reis nie. Die slaapplek is 'n bietjie knap, maar ek het al ongeriefliker beleef. Die busse het drie rye banke langs mekaar: een ry in die middel en 'n ry aan weerskante langs die vensters en dit laat geen plek vir fiemies nie.

Suzelle iewers in die groen woude van Noord-Xinjiang.
Van Urumqi is ek en Pharizat op 'n "sleeper bus" na Buerjin, waar ons 'n taxi na die wonderskone Kanas-meer in die Altaiberge gehaal het. Dié meer, van ysige koue turkooisblou water, lê in ’n vallei aan die bo-punt van Xinjiang, waar die provinsie grens aan Kazahkstan, Rusland en Mongolië. Daar is 'n vakansiedorpie langs die meer en baie Chinese toeriste, maar ons het net drie ander buitelanders daar raakgeloop. Verblyf? 'n Mens slaap waar jy plek kry, in sulke regte "log cabins". Vreeslik basies, maar darem skoon. G'n sprake van enigiets soos 'n badkamer nie, maar 'n mens ontdek gou jy kom niks daarvan oor om vir 'n paar dae lank net jou tande te borsel en soggens die slaap uit jou oë te spoel met 'n handvol koue water uit 'n gietertjie nie. Daardie aand lê ek knus onder ’n donskombers en bestudeer die plafon. Dis netjies toegeplak met hondekos-etikette.

Suzelle sit en wag dat die son oor Hemu opkom.
Ons besluit om die berg langs die meer uit te klim sodat ons die wonderlike uitsig van die boonste uitkykplek af kon geniet. Om by daardie uitkykplek te kom, moet 'n mens ongeveer sewemiljoen houttrappe, STEIL houttrappe, uitklim. Alles gaan goed, totdat ons so ongeveer halfpad die berg op is, en toe begin dit reën. Dis wanneer 'n mens uitvind waarom die water in die meer so koud is. Daardie reën was eintlik vloeibare ys. Pleks van omdraai, soos dit mense met verstand betaam, neuk ons toe heelpad voort. Die feit dat ons in elk geval nie 'n dooie ding kon sien met die reënwolke wat so laag oor die berg hang nie, het nie eintlik tot ons deurgedring nie. Die volgende môre het ek daardie berg so gekyk en vir Pharizat gesê ons gaan koop kaartjies vir 'n bootrit op die meer. Eerder 200 yuan uit my sak as weer daardie berg op, al skyn die son hoe helder.

Die gasvrye Uyghurs van Xinjiang.
Van die mooiste valleie lê in die omgewing en ek vaardig Pharizat af om vir ons vervoer vir 'n verkenningstog te reël. Sy spoor 'n vriendelike Chinees op met 'n afgeleefde Jeep Cherokee waarmee ons vroeg die volgende oggend na Bai Kaba vertrek. Ons ry 'n ruwe bergpad uit, hou soms stil vir 'n troppie skape of 'n paar beeste om verby te kom. Dis warm. Omsoom deur donkergroen woude, lê die uitgestrekte valleie soos legkaarte. Daar is veldblomme net waar jy kyk. Ons hou stil by 'n byeboerdery in die middel van nêrens en die heuningvroutjie begroet ons met 'n glimlag so wyd as die vallei waar die bye hul nektar versamel. Sy bied 'n lepelvol heuning aan en beduie ek moet proe. "Poems have been written about Xinjiang honey," het iemand my vertel. Dit glo ek wel.

Ons reis verder na Hemu, 'n afgeleë dorpie so mooi soos die prentjies op 'n outydse sjokoladeboks. Hier loop ons 'n jong student van Hongkong raak wat meisiekind-alleen deur die ganse China toer. Ons vind slaapplek in 'n netjiese houthut wat aan 'n Kazakh-gesin behoort. Hulle woon net vir sowat vier maande van die jaar hier. "Too cold here in winter," beduie Pharizat. Daar is noedelsop vir aandete voor ons vroeg gaan inkruip. Ons beplan om douvoordag op te staan en nog ’n berg uit te klim. Daar gebeur iets wonderliks met Hemu wanneer die son opkom: in die lig van die eerste strale verander alles onder in die vallei in goud.

Pharizat met haar Uyghur-familielede.
Van die Altaiberge is dit toe suidwaarts verder op 'n ellendige ou "sleeper bus”. Omtrent gedood van die hitte. In Usu het ons Pharizat se familie opgesoek. Nogal interessant, so 'n kuier in 'n tipiese Uyghur-woning. Sy het haar ouma vir die eerste keer sedert haar kinderjare weer gesien en dit was maar 'n tranerige weersiens. Die dierbare ou mens, met wie ek natuurlik g'n woord kon wissel nie, het ons omtrent oorweldig met eetgoed en gasvryheid. Dit was ontsettend warm dié middag. Ek sien nou nog die vroue daar om die teetafel sit en sweet afvee en hulself met nat vadoeke koel waai. En ek begin weer lag, want eenkant in die vertrek staan daar, roerloos en stil, 'n splinternuwe elektriese waaier netjies toegemaak onder 'n geel satyn oortrekseltjie met valletjies en borduursel.

'n Brug oor 'n rivier in die Tianshanberge.
Ons was op koers na Narat, ’n groen vallei in die magtige Tianshan-bergreeks wat Xinjiang in twee verdeel. Ek weet nou nog nie hoe ons bo in daardie berge uitgekom het nie. Ons is in 'n horingoue minibus ingeboender met die versekering dat dit die laaste beskikbare taxi van die dag was. Nou, as julle gereken het die minibus-taxi's in SA weet hoe om 'n voertuig vol te laai, het ek nuus vir julle. Elke keer wat die hikkende, stikkende ou bussie stilhou, bid ek dis oor iemand wil afklim, maar dan laai hulle wragtig nog iemand op. Ek sit met my knie in 'n man se lies en hoop maar hy raak nie te opgewonde nie...

(Word vervolg... )