Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

17.10.12

Jasper se mannekoor vaar puik

JASPER SCHELLINGERHOUT, oud-redaksielid van Die Vaderland is lid van die George-mannekoor, wat onlangs in ’n landwye koorwedstryd gepresteer het. Die koor het in Augustus deurgedring na die eindronde van die ATKV se jaarlikse Animato-Nasionale Koorwedstryd wat pas in Parow, Kaapstad beslis is.

Hulle was tweede in die afdeling vir volwassenes en het ‘n goue medalje
verwerf – d.w..s. bo 80%.

Dit was die enigste mannekoor wat die eindronde gehaal het, waarvoor ’n goue medalje in die streekuitdunne vereis word. Net agt kore van Suider-Afrika het die eindronde gehaal.

Jasper skryf: Om in die indrukwekkende Hugo Lambrecht-Musieksentrum se ouditorium te sing is nogal intimiderend. Dit het goed met ons koor gegaan en die kommentaar van die uitgelese groep musiekfundi’s was oor die algemeen baie positief. Ons het baie goeie ondervinding opgedoen.

Die internasionale-bekende Tygerberg-Kinderkoor en die Femme Vocale-vrouekoor van Windhoek het die belangrikste kategorietoekennings losgesing. Met die skryf hiervan was dit nog onbekend wat die volledige kommentaar van die beoordelaars was.


Een van die moeilike werke wat ons gesing het, was Eugene Marias, wat nou so deur die Wonderwerker in die kollig geplaas is, se gedig Dans van die Reën, wat deur ons vorige dirigent, Dalene Brits, getoonset is.