Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

11.10.12

Estelle herleef Vaderland-dae

ESTELLE DE BRUYN, redakteur van Republikein, het deur haar foto-albums gaan blaai en afgekom op 'n klompie foto's uit haar Vaderland-dae, toe sy nog Estelle Oosthuizen was.

Sy deel dit met K'rant se lesers.






Die Vaderland het destyds die Mej Rand-wedstryd aangebied. Mariska Spoormaker, Rina van Rooyen, AlettaPakendorf en Estelle de Bruyn kon nie die geleentheid laat verbygaan om 'n slaggie met die serpe aan te paradeer nie.

Kittie Vermaak (wat onlangs oorlede is), Estelle en 'n ongeïdentifiseerde kollega sorg vir 'n stuitigheidjie. (Wie herken die oudkollega regs?)

Aletta Pakendorf en Estelle saam met die Amerikaanse TV-ster Ron Leibman afgeneem toe hy Suid-Afrika in April 1982 besoek het. Hy het destyds roem 
verwerf as Kaz, 'n bandiet wat prokureur geword het, in 'n TV-reeks met dieselfde 
naam. Deesdae speel hy die rol van Rachel Green (Jennifer Aniston) se dokter-pa 
in die TV-sitkom, Friends.

  Rina, Aletta, Estelle en die Pakendorfs se dogter, Elka, kuier in die swembad.

Rina en Aletta hou hul eie modevertoning.

Wessel Oosthuizen, eens hooffotograaf van Die Vaderland en The Citizen.

André de Bruyn en makkers in Angola tydens Operasie Askari.

Aletta en Estelle.

André du Toit, eens Londense verteenwoordiger van die APB en later Redakteur Buiteland van Die Vaderland.