Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

19.10.12

Hoffie Hoffeldt oorlede

WILLIE BUYS skryf: Hoffie (Johannes) Hoffeldt, oud-hoofstroomjoernalis wat eens vir die Pretoriase middagblad, Hoofstad, en die oggendkoerant, Beeld, gewerk het, het is onlangs aan ‘n hartaanval in sy huis in Heidelberg, Gauteng, dood.

Wolfram Zwecker skryf in Beeld Hoffie was die afglope drie jaar werksaam by die Nigel Rekord. Hy was een van die laaste redakteurs van South Africa Today, wat deur die destydse Buro vir Inligting uitgegee is. Lambert Smith, wat jare lank as fotograaf die land, Afrika en Europa saam met hom deurkruis het, het hom as "‘n goeie mens" beskryf". Hy kon met enigiemand oor die weg kom", het hy gesê. Hoffeldt het ook lank vir die Buro van Standaarde gewerk.

Hy word deur sy vrou, Marianne, en ‘n dogter, Alet, uit sy vorige huwelik oorleef. Die begrafnis was vanuit die Grace-opleidingsentrum, Nigel aan die Oos-Rand.

Kollegas uit sy tydvak onthou Hoffie as ‘n opgeruimde, geesdriftige mens wat altyd ‘n vriendelike woord te wissel gehad het. Hy was in ‘n stadium van sy loopbaan ‘n Militêre Korrespondent.

(Hoffie was baie opgewonde oor die stigting en koms van K’rant en het sy samewerking belowe. Ongelukkig was dit hom – en ons – nie beskore nie. Vriende van Hoffie en kollegas wat saam met hom gewerk het, word genooi om van hulle te laat weet oor hoe hulle die joernalis en mens Hoffeldt ervaar het. - Red)