
KARIN PRETORIUS skryf vervolgens: Ek wil graag my stem by Hanlie Vornberg voeg en K’rant gelukwens met sy verfrissende en ongewone stories wat ons die afgelope tyd waargeneem het.
KARIN PRETORIUS skryf vervolgens: Ek wil graag my stem by Hanlie Vornberg voeg en K’rant gelukwens met sy verfrissende en ongewone stories wat ons die afgelope tyd waargeneem het.
Ek kan nie sê ek het bereik wat ek bereik het, vanweë hulle nie, want ek het nie veel bereik nie, maar hulle was almal inspirasies.
Nommer een ... maar dis nie in enige bepaalde rangorde nie.
Toe ek klein was en ek het koerant gelees, was dit net alles mans se outeursreëls, maar daar was een vrou, Rykie van Reenen.
FRANS ESTERHUYSE wyk ietwat af van die gewone aard van die bydraes wat K’rant ontvang en vertel die storie wat ʼn arm kind beleef het – en hy span sy talente in om dit in woord en beeld aan te bied.
Behalwe die skilderye en sketse waarmee hy sy storie ophelder, stuur hy ook bladsye uit sy sketsboek waarin hy sy kleintydse storie vertel.
Frans skryf: Ek is in 1941 in Johannesburg gebore. Ons het in Ophirton gebly wat aangrensend aan Booysens was. Jy het nie sommer aan iemand vertel dat jy in Ophirton bly nie. Net arm mense het daar gebly! Ons was arm.
Van kleins af het ek geteken, was nie baie goed nie maar ek
het as skoolkind geld verdien deur medeleerlinge se bloemlesings te illustreer vir twee sjielings. In standerd twee was daar ʼn meisie wat my aandag heeltemal in beslag geneem het. Sy was Agnes Olivier. Haar nefie was ook saam in ons klas en hy was Gert van der Westhuizen. Natuurlik het ek goeie vriende met hom geraak. Ek het vir hom gesê ek sal haar bloemlesing illustreer, verniet! Sy het ingestem en ʼn toffie vir my gegee om te eet!
HANLIE VORNBERG skryf uit Wenen: K’RANT het die klomp omtrent wakker geskud! Hulle skryf nou weer met groot vreugde! Hoop dit hou so aan.
PIET EBERSÖHN voeg by: Ongelukkig is die mandjie aan die leeg raak. Daar is twee bydraes wat afronding van die bydraers se kant af kort, dan is dit eers weer leeg.
Die hoop beskaam darem nie heeltemal nie. Daar is oor die dertig beloftes wat nog nie nagekom is nie.
PAUL ROOS skryf: EK was slegs ʼn paar maande lank ʼn Perskor-werknemer, en daarom neem ek nie juis deel aan julle aktiwiteite nie. Desnieteenstaande is ek ook ʼn slagoffer van die nostalgie, en onthou ek daai tyd met meer as net ʼn tikkie heimwee.
As junior verslaggewer by Die Transvaler (aangestel deur Herman Snyman) veertig jaar gelede, het ek my bevind in ʼn soort Suid-Afrikaanse Alice in Wonderland. Eksentriek was die norm – of so het dit vir my gevoel. ʼn Miernes vol energieke, passievolle, volkleur-karakters propvol lewe en vreugde en spitsvondigheid.
HANLIE (SWANEPOEL) VORNBERG skryf: DIT is vanjaar ses en veertig jaar gelede dat ek Suid-Afrika verlaat het om my hier in Wenen te kom vestig. My man, gebore en getoë in Oostenryk, het op ʼn dag gesê ons verlaat die land en het dadelik met die kinders begin Duits praat.
Dit was die tyd van ʼn holderstebolder Suid-Afrika. Daar was angs en onsekerheid, opstande in die hele land, sanksies en boikotte en diegene wat kon uitwyk het begin koerskry in alle rigtings.
Toe dit by my begin insink dat ek die land en veral die Kaap moes verlaat, het ek meteens bemerk hóé skoon en blouselblou die lug bo my kop is. Ek het geweet dat dit ʼn seer en uitgerekte afskeid gaan wees.
Elke dag het hartseer ingehou. Die aflê van een of ander bekendheid of bemindheid.
Banale dinge soos ʼn Kaapse windvlaag, ʼn kwikstertjie wat oor die grasperke wip, die buie van die see of die geur van ʼn pot boerekos wat van elders by die venster inwalm.
ESTELLE DE BRUYN skryf: Ja, ek dink ons het dalk almal iemand gehad wat ons hand iewers langs die pad gevat en ons op die spoor gesit of gehou het. Ek het drie ridders gehad wat my fakkels hooggehou het en dis tyd dat ek krediet gee vir die ongelooflike leiding wat hulle vir my gegee het. (Gits, dis jammer om te sê, maar hulle was almal mans.)
Nommer een: Harald Pakendorf. Hy was my eerste redakteur. Hy was soos ʼn “rockstar”. Ons het hom almal as “meneer” aangespreek en hy het dit verdien.
JAN VAN VUUREN skryf: Onlangs krap ek in ʼn paar ou foto-albums om ʼn ledige tydjie te verwyl. Ek kom toe op die ingeslote af. Dit was die dae voor ernstige verantwoordelikhede. Sorgvry en rustig was die lewe toe.
Al wat jy moes doen was om “scoops” na te jaag en Beeld se krieketskrywer die loef af te steek.
En ja die meisie hier aan my sy, Susie, haar nooiensvan eweneens Van Vuuren, is vandag nog my vrou ... 45 jaar later.
Die geleentheid was een van daai veels te min samesyns as joernaliste tydens ons dae by Die Transvaler. Dit was met die opening van die een of ander Pick 'n Pay in Norwood, Johannesburg.
KARIN PRETORIUS skryf: Sondag ná Sondag het ek die sowat twee kilometer van my woonstel in Bloubergstrand af na die Remaxkantore afgelê om my skouborde en sware hammer te gaan haal vir skoudag – og! Maar die rit was al langs die see af met Tafelberg dáár en die wit branders híer – h’mm! En sesuur, ná skoudag, weer die terugtog langs die see met die westerse son wat ʼn blink streep op die water trek – aha! Wonderlike vertroosting na ʼn middag se harde werk.
Dit het my skuldig laat voel om as eiendomsagent die Sabbat só te ontheilig, sekerlik sal dit nie ongestraf bly nie? Met my rit al langs die see, het die woord “sabbatsreis” by my opgekom, en die verklarende woordeboek het dit só gestel: ʼn sabbatsreis is ʼn bepaalde afstand, sowat 2 000 treë, wat die Israeliete toegelaat was om op die Sabbat te reis. Aha!
PEET VAN STADEN skryf voorts: My
herinneringe is ook nie van oorvloed en vergrype nie, maar van mense.
So halfvyf een middag in 1970 loop ek Hermiena Oberholzer en Marietjie van Rooyen by die hysbak raak. Hulle was gemoedelik ná die afskeid van ons legendariese restaurantvrou tant Rosie, soos wat ons haar toe met respek moes genoem het, maar nie gedoen het nie. Party sal nog onthou dat AM van Schoor haar daar gesoengroet het.
PEET VAN STADEN skryf: Ons het ons troshuistuinjie in Randburg só beplant dat al nege die groot bome gelyk hoog sou word bo-oor alles. Rankers en struike tussenin vir die geur. Lenteaande verstik ʼn mens amper daarvan. Oral groei boslelies, nou vol eerste blomknoppe. Daar is ʼn paar geeles maar meestal oranjes. Daarvan kom nog uit Dave Viljoen se welige beddings in Fourways.
Oral is daar herinnerings aan ons Perskordae. In die gastebadkamer hang twee Lou Henninkies in potlood wat die weemoed van Paul Kruger in ballingskap uitbeeld, die een (met sakkies onder die oë) van voor af, die ander in profiel. Op ʼn glasrak in die sitkamer staan die bloubont keramiekbakkie wat Thijs Nel as toegif aangedra het nadat ons twintig jaar gelede sy granate in houtskool op papier gekoop het.
Tuin en al is die eiendom so groot soos die hoewehuis waarin ons eens gewoon het.
ELISE VAN STADEN skryf: Word ’n onderwyseres, het my ma gesê. Elke ou dorpie het ’n skooltjie. Maak nie saak waar jy woon nie, daar sal ’n onderwyspos wees vir jou.
Nie dat die beroepskeuses wyd gelê het nie. As ek wou gaan swot, het die beskikbaarheid van ’n lening die rigting bepaal.
Die aansoekvorms is onderteken, die ouers was tevrede en ek was op pad Pretoria toe.
Maar die hele tyd weet ek: onderwys is nie vir my nie. Ek sal die aaklige opvoedkundeklasse bywoon, ek sal soet gaan eksamen skryf, maar dis waar die storie eindig.
Met die bemiddeling van Tienie Fourie, destyds my swaer en lid van Dagbreek se sportredaksie, doen ek aansoek om ’n vakante pos in Die Vaderland se vroueredaksie. En ná Kittie Vermaak en Sarie Raadt (later Valentine) in ’n APB-kar by my koshuis in Pretoria uitslaan en ’n onderhoud met my kom voer, het ek ’n werk, maar tot Ma en Pa se ontsteltenis nie in die respektabele onderwys nie.
![]() |
Peet van Staden |
Sy was om die beurt joernalis (vroueredaksie, subs en verslaggeefster by DV en Hoofstad) en onderwyseres. Ná lang studie tussenin het sy in die akademie geëindig.
In ʼn tyd sonder kraamverlof moes sy met elke kind se geboorte bedank en daarna ervaar dat koeranture nie kinders in ag neem nie. In die onderwys kon sy as getroude nooit ʼn permanente aanstelling kry nie. Daar was gevolglik skofte in wit onderwys, waarvan sy een verloor het omdat haar man ʼn joernalis was en daar in ʼn ander koerant ʼn berig oor die skool verskyn het, toe in bruin en uiteindelik in swart onderwys. Ná die dol jare en klipgooiery in Soweto is sy terug pers toe, waar sy later vroueredaktrise by Die Vaderland geword het voordat sy in Sarie se Randse kantoor aangestel is.
IAN SMITH skryf uit Kaapstad: Toe Piet Ebersöhn my onlangs vra wat ek deesdae doen, was die versoeking groot om te antwoord … niks, absoluut niks nie. Hoe salig sou dit nie wees nie, maar ook ʼn totale leuen.
Iemand het jare gelede vir my in Johannesburg gesê ek's eintlik maar ʼn Kapenaar wat wag om uit die kas te klim. En hier's ek nou: al 18 jaar uit die kas uit.
In April 2004 het ek 'n Kaapse "inkommer" geword na 'n halfeeu in Jo'burg. Daar gebore, skoolgegaan, gewerk en getroud. Die verplanting was maklik; seker maar altyd 'n Kapenaar soos destyds beweer is. Die kliekerigheid hier waaroor baie semigrante kla het ek nie ervaar nie. Maar, dan: voordat ek afgetrek het, het ek 'n hele hand vol Kaapse vriende gehad. Dit maak 'n groot verskil.
DIE resultate van K’rant se huidige “opsporingsprojek” lewer ongelukkig ook die slegte nuus op van oudkollegas wat oorlede is sonder dat die webjoernaal daarvan kennis geneem het.
Tot dusver het ons reeds verneem van vyf mense wat tot selfs langer as vier jaar gelede oorlede is: Johann Raath (Perskor se advertensie-afdeling, Johannesburg); Estie (Crous) Milstein (joernalis, Transvaler, Pretoria); Amanda Olivier (Durbanse verteenwoordiger, Die Transvaler), Arrie de Beer (Wes-Randse verteenwoordiger van Die Transvaler in die koerant se Voortrekkerpersdae) en Derick van der Walt (joernalis, Transvaler).
GERT VAN ROOYEN skryf: My storie is dalk nie so kleurvol of vol avontuur as sekere ander oud-Perskorhane of -henne nie, maar hier is dit.
Ek het van 1973-1980 by Die Transvaler en Die Vaderland gewerk as joernalis en dit was vir my wonderlike jare. Van 1974 tot 1979 by Die Transvaler, 1979/1980 by Die Vaderland en daarna
vir 'n Caxton-koerant, Kempton Express.
Daarna het ek die akademie betree, wat ook 'n besonderse ervaring was. Ek was van 1982 tot en met 1992 dosent aan die destyde Pretoria Technikon en daarna vir 24 jaar by die Puk. Wat tot vandag toe my trots maak en lekkerte gee is om my oud-studente as joernaliste en skrywers in die media te sien. So 'n bietjie troos dat ek darem iets reggekry het (ha-ha).
Bo: Ek en Susan saam met ons kleinood. Voor is my kleindogters Olivia en Odette. Agter staan Leandra, haar man Francis, José Toral (Sanja-Rika se lewensmaat) en Sanja-Rika.
DOLFIE SNYMAN, seun van Herman, en ʼn lid van die Metro-redaksie in Pretoria, herinner hom aan 'n keer toe hy tot die redakteur se redding moes kom.
Iets het met die kragtoevoer skeefgeloop en Frans Aucamp het op ʼn manier ʼn skok ontvang wat hom katswink op die vloer neergevel het.
Dolfie was op die toneel en het dadelik alarm gemaak en hulp ontbied.
Frans was genadiglik taai genoeg om gou weer by sy positiewe te wees en hy het sonder letsel van die skok herstel.
ANNE-MARIE MISCHKE skryf: Dit het nou amper al ’n gewoonte geword om afgetree te wees, want dit is nou sowat 13 jaar sedert ek Rapport se deure agter my toegetrek het. Eintlik moet ek dit anders bewoord. Dit het lankal normaal geword om nie meer in die joernalistiek te wees nie, want heeltemal afgetree het ek toe nie regtig nie.
Dit het so gekom: Ek was besig om kantoor skoon te maak in my laaste week of so by die koerant toe Frederik de Jager, toe nog uitgewer by Umuzi, in my deur kom staan. Dit het hy van tyd tot tyd gedoen wanneer hy in Johannesburg was om ’n boek of ’n skrywer of sommer net Umuzi te bemark. Ek sê vir hom ek is aan die kantoor opruim, want 65 staar my in die gesig. En wat, wil hy weet, gaan ek doen om myself besig te hou? Ag wat, vertaalwerk, sulke dinge, dit en dat, sê ek ongeërg. Later sou ek besef hoe onvanpas daardie ongeërgdheid was, want vertaalwerk val nie sommer net uit die lug nie.
ESTELLE DE BRUYN skryf: Ek het moeilik begin lees. My pa het koerante gelees en my ma storieboeke.
Toe ek klein was, was dit vir my erg. As hulle gelees het, het hulle nie aandag aan my gegee nie. Geabsorbeer in hul eie wêrelde.
So, ek het ‘n teësin vir lees ontwikkel. Ek het my skoolboeke gelees, maar storieboeke was nie vir my nie.
Ek was ‘n enigste kind. My ma was kwaai en pa was ‘n lekker warm kombers wat my beskerm het, so natuurlik het ek begin koerant lees, eerder as die storieboeke wat my ma gelees het.
HARALD PAKENDORF skryf: Niksdoen is ‘n kuns. Ek sukkel, maar darem ...
Bietjie terugstap: nadat Perskor onder druk van PW Botha my om 9vm op 19 Mei 1985 afgedank het oor die soort politiek wat tans gangbaar is, het ek ‘n bestaan gemaak deur politiek te verkoop -- in openbare toesprake (waar die geld goed was) en ‘n maandelikse nuusbrief. Toe, soos dit maar gaan, dié se raktyd verby is, is ek gelukkig deur ‘n kommunikasiemaatskappy gevra om te help. Sestien jaar daar gewerk. Toe kom die base tot hulle verbasing agter ek is tagtig en sit my summier op pensioen. Een middag se kennisgewing. Einde Februarie 2020.
Het intussen ‘n boek geskryf (Stroomop) as gevolg van druk van ‘n uitgewer. Het redelik goed verkoop.
PIET EBERSÓHN skryf: Nou die dag val my oog op Herman le Roux se boek “Spitse op die Sportveld” in my boekrak.
Toe dink ek by myself: Kan ek nie maar ʼn slag in alle beskeidenheid met my hoogtepunt op die krieketveld spog nie? Dalk val K’rant daarvoor.
In die middel- en laat jare sewentig het Die Transvaler nogal ʼn formidabele sosiale krieketspan in die veld gestoot.
HENNIE HEYMANS skryf op die man af: Ek is sommer net ʼn oud-polisieman wat deur Frans Aucamp genooi is om ʼn bietjie by Metro te help. Ek het ʼn bietjie daar geleer en gee nou my eie “koerant” – die NONGQAI -- uit!
(Hennie het met die rang brigadier as polisieman afgetree voor hy hom by Perskor se Pretoriase weekblad, Metro, onder die redakteurskap van Frans Aucamp aangesluit het. NONGQAI word op die internet uitgegee met die doel om die nasionale veiligheidsgeskiedenis aan te teken en so vir die nageslagte te bewaar. Dit bied uiters interessante leesstof en lesers van K’rant kan gerus daarin gaan loer. – Red.)
Die diens wat K’rant gebruik om lesers te laat weet van nuwe berigte is onlangs gestaak. Gevolglik het ‘n paar lekkerleesstories verskyn waarvan intekenare nie kennis gekry het nie.
Desniestaande is K’rant se berigte steeds gereeld besoek -- nie minder nie as 1 760 keer die afgelope 16 dae. Dit is gemiddeld 110 keer per dag. Ons het gewis meer lesers as net oudkollegas.
Om te verseker dat lesers kennis kry van oudkollegas se doen en late, word hulle versoek om opnuut op K’rant in te teken deur middel van ‘n nuwe diens, follow.it.
Vul bloot jou e-posadres in in die ligbruin blok regs en klik daaronder. Volg dan die aanwysings.
JOHANNES FRONEMAN, kurator van Mediamense.com, skryf: Inligting oor Hoofstad is uiters karig. Die enkele voorblad wat op die internet voorkom, kom via Mediamense.com en dus direk uit my trommel.
Oor dr. Andries Treurnicht se redakteurskap het ek nog nooit 'n woord raakgeloop nie.
Is daar nie K'ranters wat my in my navorsing kan help nie? Enige brokkies is meer as wat ons het. Asseblief! Stuur aan my by joh.froneman@gmail.com
ELMA POTGIETER skryf: Van graad I af in die eerste van vyf laerskole het ek en my ouers en suster geweet ek gaan eendag toneelspeel. Ek het botweg geweier om vir die familie voor te dra, maar toe ek die hoofrol kry van die Kaapse Nooi in Hoe Ry Die Boere in graad I in Presidentskool op Klerksdorp, was die koeël deur die kerk.
In my vyfde laerskool, Jubileumskool in Mayfair-Wes, Johannesburg,speel ek my tweede hoofrol, die Kaboutermannetjie, Repelsteeltjie, in die gelyknamige sprokie wat deur die hoof, meneer Sondorp, as ʼn operette verwerk is.
In matriek op Hoër Meisieskool Helpmekaar speel ek weer die manlike hoofrol van Captain Corcoran in die Gilbert & Sullivan operette HSM Pinafore.
CARLA VAN DER SPUY skryf: EK leef darem nog!
Die feit dat ek nie ʼn pensioen het nie, is eintlik “’n blessing in disguise”. Jammer vir die Brits!
Want nou moet ek werk en die werk bly stimulerend.
Ek is verantwoordelik vir rooi rose, watgenadiglik herleef het, se boekeblad en musiekblad.
Ek geniet die boekeblad baie meer, want daar is min boeke wat deur groot uitgewers uitgegee word, wat nie die moeite werd is nie.
GERHARD BURGER skryf: Partykeer slaan die déjà vu ʼn mens mos doef! teen die voorkop. Selfs byna 60 jaar nadat jy ʼn belewenis gehad het wat jy lankal vergeet het. En nou onthou jy dit asof dit verlede week was.
So ʼn ruk gelede gebeur dit weer hier in die Baai toe die Volksie aandag nodig het. Maar eers ʼn stukkie agtergrond.
Ek het mos ʼn ruk by Die Oosterlig gewerk voordat die APB in sy begroting ruimte geskep het om my Vaderland toe te lok. Teen R90 per maand, met die vooruitsig van tot R20 ekstra as ek soms vir Dagbreek ook werk.
SIPKE DE VRIES skryf: “EK is nog hier”. Eintlik sê ek gewoonlik nie veel meer oor myself nie omdat ek my lewe lank oor ander mense of gebeurtenisse skryf, of dit aanvanlik met die kamera vasgelê het.
Die versoek van my vriend en kollega Piet Ebersöhn om iets vir K'rant oor myself en my werk by Perskor – eers Voortrekkerpers – te skryf, kon ek egter nie langs my neerlê nie.
![]() |
"Wat van 'Elders'?" wonder ek later. Soos in die digterlike "die rus is elders". As ons die rus 'n adres gee, kom dit dalk uiteindelik by ons tot ruste.
Ná herhaalde pogings tot aftrede was ek reg vir rus. Die eerste aftrede was so kort voor sestig toe ek New Media Publishing verlaat het. En toe dadelik saam met kollegas 'n nuwe uitgewersmaatskappy, Tip Africa Publishing, gestig het. Ons het heerlike tydskrifte uitgegee, onder meer Wild vir Sanparke. Later ook boeke. Gedenkboeke in die besonder. Omdat ek die oudste was, is aanvaar dat ek die skrywer sou wees, so asof ek minstens die afgelope 150 jaar persoonlik meegemaak het.PERSKOR het in 1998 met CTP Caxton saamgesmelt en van die toneel verdwyn – dit is al 24 jaar gelede.
Dis noodwendig dat K’rant se lesers ou kant toe staan. Die berigte oor afgestorwe kollegas neem toe. Ons moet keer dat K’rant lesers morbied maak. Alles is egter nie verlore nie.
In sy jongste berig, vertel K’rant van Sandy Macdonald, ʼn gewese hoofsub van Die Transvaler, se prestasie om op ouderdom 66 ʼn wêreldtitel in stoei te verower.
Die oud-Perskorhane is nog lank nie koud nie. Kom ons deel ons stories van hoe ons en ons oudkollegas sommer nog baie skop in ons het.
Vertel ʼn slag wat julle deesdae doen – of julle nou uitblink of nie, dalk sommer net jul oudag rustig geniet in hoeverre dit moontlik is. Wat is jul stokperdjies en tydverdrywe?
Wat van jul kinders en kleinkinders se prestasies? Ons deel graag daarin. ʼn Paragraaf of wat is voldoende. ʼn Lekker lang geselsie nog beter.
![]() |
Tom Caircross |
REAN skryf: Met groot hartseer moes ons Tom Cairncross onlangs groet – ʼn man wat diep in die hart van soveel van sy kollegas, familie en vriende gekruip het. Tom was ʼn ervare verslaggewer, ʼn subredakteur, redakteur, onderwyser, boer en boogjagter, ʼn wonderlike eggenoot vir sy vrou Markie en ʼn pa vir twee dogters, Louisette en Naomie.
In a sport that has been viewed as arguably the toughest combat sport with a history spanning as old as human civilization it’s hard for outsiders to understand that a 66-year-old person can still compete at an elite world championship level.
Sandy has been a member of the South African Masters Wrestling team for many years competing at many international tournaments and world championships. This year will stand out as his greatest year as he claimed his maiden world title.
On route to the claiming the world title he fought world class and internationally acclaimed opponents in Edward Maselko of Poland and Gaetano Dizebba of the USA. He fought his heart out at one stage during the bout he had blood streaming from his nose but continued wrestling with grit and determination that is rarely seen and unimaginable for a 66-year-old.
It was an immensely proud moment for each of the South African team members witnessing him receive his gold medal on the greatest stage in world wrestling.
Tom Cairncross |
“Nadat sy vrou, Markie, oorlede is, het Tom vinnig agteruitgegaan. Hy het kort ná haar dood sy hele lewe opgeteken in ’n dokument, waarin hy verslag doen oor al die plekke waar hy gewerk het,” sê Rean.
HANLIE VORNBERG skryf: "Ura! Ura!" het hulle geskreeu toe hulle in 1945 hier in Oostenryk inmarsjeer het. Die Russiese soldate, die rooi vloed, soos een van die koerantopskrifte uit die Tweede Wêreldoorlog, gelui het.
Die ou Vaderland voorblaaie uit die Tweede Wêreldoorlog, wat Gerhard Burger onlangs aan K'rant gestuur het, het my laat terugdink aan die jare sewentig toe ek hier in Wenen aangekom het.
Die Tweede Wêreldoorlog was toe maar dertig jaar verby en elkeen het nog sy eie storie gehad om te vertel. Ura is n vervorming van die Duitse woord "Uhr" wat horlosie beteken.
GERHARD BURGER skryf: Ek het hierdie paar uitgawes van Die Vaderland, en nog 'n dosyn of twee, onlangs by Colonial Antiques in Noordeinde, Port Elizabeth, gekoop.
Die voorblad van elkeen van dié ou koerante word deur verslae en foto's van die Tweede Wêreldoorlog oorheers.
My eerste reaksie was om te wonder hoe die koerant, as hy nou nog bestaan het, die oorlog in Oekraïne sou gedek het.
Die volgende twee jaar was ewe produktief met bykans 500 stories wat hier gepubliseer is. Daarna het die stories begin opdroog met slegs ‘n paar bydraes per jaar wat ontvang is. Met deesdae se neiging om die afsterwe van ons oud-kollegas aan te kondig.
K’rant het nietemin ‘n goeie verwysingsbron van Perskor en ook die Afrikaanse joernalistiek geword.PIET EBERSOHN skryf: Die vader van K’rant is oorlede.
Luidens ʼn berig op die Facebook-blad Nagkantoor is Peet Simonis (85) op 24 Maart 2022 oorlede nadat hy “geval en sleg seergekry het”.
Peet was die laaste oorlewende van drie tydgenote aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein wat joernaliste by Perskor geword het. Hannes Cilliers en Neil Steyn het hom vooruitgegaan. Hy en Neil was klasmaats.
![]() |
Peet Simonis |
Hy het onverrigtersake vrywilligers gevra om by hom oor te neem en Peet het mettertyd die publikasie daarvan gestaak. Danksy sy goeie aanvoorwerk was daar groot instemming dat K’rant behoort te herleef en op 2011 se reünie is planne beraam om die nuusbrief in ere te herstel. Dit is op 7 Mei 2012, nou amper tien jaar gelede, verwesenlik toe dit in 'n webjoernaal omgeskep is.
Weens die COVID-19-pandemie kon ons die afgelope twee jaar nie bymekaar kom vir ons jaarlikse saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers nie (dis nou APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens). Die reëlingskomitee, onder leiding van voorsitter Harald Pakendorf en bygestaan deur sy gade Aletta, Louise Blake en Madelaine Page, het besluit om vanjaar weer ‘n funksie by dieselfde restourant -- die Irish Rock-- as voor die pandemie te hou.
Die reϋnie vind op Sondag 15 Mei 2022 plaas. Die ete begin stiptelik om 12:30. Kom van 11:30 af en kuier eers lekker saam. Daar is ‘n kontantkroeg.
Alita Steenlamp en Karin Pretorius deel hierdie doerietydse kuier in Hillbrow: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/kuier-in-nagkantoor-om-jou-hart-vir-hillbrow-te-gee/
Gert Coetzee |
Gert het in sy pa, Jannie Coetzee, se voetspore gevolg en sy koeranttande in 1972 gesny toe hy by Die Vaderland begin werk het. Jannie was destydse Die Vaderland se Wes-Transvaalse verteenwoordiger en later hoofverslaggewer.
MAUREEN SWART skryf (In aansluiting by “‘n Droom aan skerwe.” (6.9.20)): Eens op ‘n tyd was daar rakke en rakke tydskrifte by die betaalrye in winkels, met die tydskrifte sardientjie-styf-teen-mekaar uitgestal. Totdat Covid-19 meegebring het dat ‘n swetterjoel tydskrifte in 2020 skielik moes toemaak, sommige letterlik oornag.
Vir ‘n rukkie was daar nog eksemplare uitgestal, maar geleidelik het hulle al hoe minder geword. Winkeliers het op allerlei maniere probeer om die bedroewende groot spasies tussen die tydskrifte te verdoesel, maar desnieteenstaande het dit naderhand gelyk of tydskrifte hul eie soort sosiale afstand toepas.
Die afgelope virusbesmette jaar was een wat min mense weer wil beleef. Ons kan almal net hoop dat volgende jaar op ‘n manier beter sal wees en dat die virus op sy baadjie sal kry.
Die redaksie by K’rant het hulle vanjaar nie dood gewerk nie want dit is duidelik dat die lesers se stories opgeskryf is. Nietemin wens ons almal ‘n vreugde- en vredevolle rustyd toe. Kom veilig tuis na die vakansie met volgelaaide batterye.
Alles van die beste ook vir ‘n voorspoedige 2022! -- Redakteur
![]() |
André Louw se perskaart. |
![]() |
Peet Simonis |
Jac was adjunk-redakteur van Oggendblad toe ek (Christa Coetzer) in 1982 as joernalis daar begin werk het. Ek het soveel van die joernalistiek by hom geleer. Diegene van die redaksie wat ons onthou, sal verstaan dat dit amper logies was dat ons uiteindelik getroud is, sienende dat liefde sy eie paadjie volg.
Blackie Chandler |
DRIES LE ROUX skryf: Na aanleiding van Gerhard Burger se verwysing na die kunstenaar Francois Lategan wil ek net die volgende stuiwer in die armbeurs oor hom gooi.
Ek het in die tagtigerjare by die uitgewery JP van der Walt en Seun gewerk. Francois, oftewel AP soos ons hom geken het, het baie van die uitgewery se klubboeke se omslagillustrasies gedoen. Ek het gereeld daaroor met hom oor die telefoon gesels, maar het hom nooit in lewende lywe ontmoet nie.
JOHANNES FRONEMAN, uitgewer van Mediamense het by K’rant gaan inloer en toe 'n lappieskombers van stories uit K’rant saamgevat en gepubliseer.
Hy skryf: Ek het pas 'n stuk oor K'rant op mediamense.com geplaas. Dit is ook bereikbaar op www.facebook.com/mediamense.bylae.
Johannes bestempel Mediamense soos volg: "‘n Digitale mediamuseum wat fokus op joernaliste, koerante, tydskrifte en (metterwyl) ook op die uitsaaiwese. Hierdeur wil ons aan Afrikaanse mediamense en hul produkte ‘n uitstalruimte gee sodat ons hul enorme bydrae nie sal vergeet nie – veral in hierdie tyd van vervlietende digitale media".
KARIN PRETORIUS skryf: Soos in K’rant berig is, was “Flip” waaroor Heinrich Schulze navraag gedoen het die befaamde potlood- en penkunstenaar Flip Horace Coaten wat in die vroeë vyftiger, sestiger en sewentiger jare menige skrywer se verhale in tydskrifte geïllustreer het.
Met ‘n bietjie naslaan op Facebook lees ek dat Flip wat ook as reservissersant by die SAP in Tableview diens gedoen het, in sy leeftyd geag was as een van die tien top-illustrasiekunstenaars in die wêreld.
GERHARD BURGER skryf: Flip het ook ʼn verhaal in Die Huisgenoot van 18 Februarie 1966 geillustreer – dieselfde uitgawe waarin ek my debuut as fiksieskrywer gemaak het, met ’n roerende en amateuragtige storie, Die Eerste Steen.
Een van die ander verhale is deur ene Henk geïllustreer. Ook sy van word nie genoem nie. My storie is met ʼn ware kunswerk deur die voortreflike F Lategan versier en met ʼn tjek van R50 beloon. Wie Flip en Henk was, weet ek nie, maar albei was myns insiens baie bekwaam.
HEINRICH SCHULZE skryf: Danksy Perskorkennisse en vriende soos Piet Ebersohn, Gerhard Burger en Wessel Oosthuizen, is ek 'n gereelde besoeker aan julle K'rant-webjoernaal. Ek het 'n vraag wat ek hoop een van julle lede dalk kan beantwoord.
Wie was/is die kunstenaar wat gedurende die vroeë tot middel 1960's (dalk ook vroeër en later) as illustreerder en kunstenaar vir "Huisgenoot" (en waarskynlik ook as boekillustreerder) gewerk het en sy werk as "Flip" onderteken het?
Sy kleurillustrasies in "Huisgenoot" is in 1962, onder meer, by artikels deur Doc Immelman en Eric Rosenthal geplaas. Die naamindeks in Murray en Elzabe Schoonraad se "Suid-Afrikaanse Spot- en Strookprentkunstenaars' (1983) het met 'n eerste oogopslag ook nie lig op my vraag gewerp nie.
WILLIE BUYS, destyds nuusredakteur by Die Transvaler, is Sondagnag oorlede na ‘n kort siekbed. Willie se seun Wilmar, het ons laat weet.
Willie het die afgelope jare onder meer ‘n groot gewas op sy brein laat verwyder en daarna het hy ook beroertes gehad wat sy lewenskwaliteit verder benadeel het.
Willie was ook mede-redakteur van K’rant en het vele bydraes gelewer.
Hy word oorleef deur sy vrou, Estelle, en sy twee kinders. Wilma en Anjia. Geen besonderhede van ‘n begrafnis is bekend nie