Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

17.2.14

Fotodag 20: Bekende rugkante

Junie 1970
Twee van die bekendste rugkante in die land! Links stap die groot haan van die  Afrikaanse Pers Beperk en regs die klein kapokhaantjie van die wêreld se gholfbane.

Natuurlik mnr. Marius Jooste en Gary Player. Gary was dié dag, gedurende 'n toernooi op Randpark, so reg op sy stukke, maar -- glo dit as jy wil - die APB se speler het met die toernooi weggestap. Prys? Twee gholfballe. (Berig en

16.2.14

Sandra Burger: die reëlings

GERHARD BURGER het die volgende reëlings bekend gemaak ná die afsterwe van sy vrou, Sandra.

Private verassing: Maandag of Dinsdag.
(Gerhard, die dogters en die predikant sal daar wees.)

Gedenkdiens: Woensdag, 14:00 in die Centenary Methodist Church, Edwardstraat, Richmond Hill, Port Elizabeth.

14.2.14

† Sandra Burger oorlede

Gerhard en Sandra Burger.  
(Foto: 'n Ruk terug geneem deur Herman le Roux.)
GERHARD BURGER, gewese redakteur van Transvaler, se vrou, Sandra, is vanoggend ná ‘n lang siekbed aan kanker oorlede.

Hulle woon die afgelope klompie jare in Port Elizabeth. Sandra was 67 jaar oud. Sy en Gerhard was 45 jaar getroud.

Die egpaar het twee dogters, Louise Burger, wat in Johannesburg woon en Adele Londt in Australië, wat twee kinders, Jarred en Amber, het.

Die begrafnisreëlings sal later bekendgemaak word.


Pas getroud en platsak maak hulle houtwerkers

FRANS DU TOIT, voormalige assistent-redakteur van Die Vaderland en Raymond Cragg, voormalige administratiewe groepshooffotograaf van Perskor, se belangstelling het nie by die joernalistiek en kameras opgehou nie.  Hulle kon ook met saagmasjiene en beitels werk.

Frans vertel: “My houtwerkgier het hier in 1956 begin. Ek was pas getroud, brandarm (R80 per maand as junior verslaggewer by Die Transvaler) en feitlik meubelloos. Ons het 'n enkel-woonstel gehad en selfs daarin was net die noodsaaklike -- 'n bed-rusbank, twee leunstoele, kombuistafel en vier stoele.”

13.2.14

Kanniedood fnuik eliminering

PHILIP DEETLEFS skryf: Dit was nie net Perskor se motorpoel in Pretoria wat vir alle praktiese doeleindes niks meer as 'n skrootwerf was nie. In Aucklandpark en Doornfontein het dit ewe vrot gegaan.

As ek reg onthou, was daar net een motor waarop mens vir die langer paaie op kon staatmaak en dit was Gabriel Maphalala se motor omdat hy die eksklusiewe gebruik van die motor gehad het. Gabriel was ook

12.2.14

† Fanie van Niekerk oorlede

Fanie van Niekerk
PEET SIMONIS skryf: 'n Jare lange staatmaker van die Afrikaanse Pers Beperk (APB) en Perskor, is Maandagaand oorlede na 'n siekbed van etlike maande. Hy was 78 jaar oud en het kanker gehad.
 
Almal by die pers het hom geken as vriendelik, hulpvaardig en bekwaam.

Uit die perd se bek

PIET ROODT skryf: As 'n mens se gedagtes eers koersvat koerantdae toe sukkel jy om by te hou.

Ek dink skielik aan Marissa van Niekerk, wyle oom Sybrand van Niekerk se dogter, wat ook op ‘n kol by Perskor gewerk het. Wat sou van haar geword het? Ek weet sy was met iemand getroud wat in die ou SA Weermag was en hulle het blykbaar lank in Namibië gewoon.

11.2.14

K’rant kry nuwe mederedakteur

CHARL THOM (links) het vanweë ‘n verandering in sy omstandighede as mederedakteur van K’rant bedank. PHILIP DEETLEFS (regs) het ingestem om die vakature te vul.

K’rant se redaksie bedank Charl vir die bekwame wyse waarop hy sy plek volgestaan het en hoop dat hy

10.2.14

Nog Ivanoffs te koop

HANS LOMBARD skryf: Na aanleiding van die brief van Werner van Dyk van Meyerton oor die spotprente wat hy van Victor Ivanhoff aangekoop het, net die volgende: ek het agt oorspronklike tekeninge van Victor gedateer 1955 wat almal gaan oor die Britse Leeus se rugbytoer hier in Suid-Afrika en die Springbokkriekettoer dieselfde jaar deur Engeland. Hy het die bondel persoonlik in 1956 aan my gegee. Is daar iemand wat my ‘n aanbod kan maak? Ek sien Werner van Dyk sê die minimum waarde is tussen R1 500 R2 000 per skets. My telefoonnommers is 011/958-0046/0828 of 083/360-1856.

7.2.14

As jy met ʼn tornado trou, waardeer jy die windstiltes

Na aanleiding van ANKE VAN NIEKERK, weduwee van daardie kleurvolle Perskorman Evert wat in die lewe motor-redakteur van Die Vaderland was se skrywe in K’rant, het WILLIE BUYS haar gevra om ‘n bietjie uit te brei oor hierdie wyd bekende man in die destydse motorkringe.

Dit het maar aanvanklik ‘n bietjie gesukkel, vandaar die feit dié berig

6.2.14

Reünie is vanjaar op 30 Maart

PIET EBERSöHN skryf: Vanjaar se saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (dis nou APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens) vind op Sondag, 30 Maart 2014 by die restaurant Cattle Baron, h/v Nic Diederichsboulevard en Hendrik Potgieterweg, Wilgeheuwel, Johannesburg plaas, waar ons verlede jaar vergader het.

Die ete begin stiptelik om 12:30. Kom van 11:30 af en kuier eers lekker saam.

5.2.14

Ivanoff-spotprente dalk heelwat werd

WERNER VAN DYK van Meyerton, Gauteng skryf: Ek het per toeval op julle blad afgekom en die storie van Victor Ivanoff (links) se spotprente gelees en glo dit of nie, maar ek het so 'n week gelede vyf van daai oorspronklike tekeninge gekoop.

Ek is nogal erg oor Africana en koop en verkoop gereeld items van dié aard en ander oudhede. 'n Vriend het onlangs by my aangekom met 'n klompie baie mooi Africana, onder meer spotprente van Victor. 

4.2.14

Ouderdom ʼn kwessie in Perskordireksie

DR PIETER MULDER, leier van die Vryheidsfront Plus, kommunikasiekundige en seun van die gewese minister en Perskordirekteur dr Connie Mulder, skryf: Ek is ’n gereelde K’rantleser wat die stories baie geniet. Dankie aan die redaksie vir hul inisiatief.

Hoekom geniet ek K’rant?

3.2.14

Fotodag 19: Die H in Boer

AGTER die foto hieronder skuil frustrasie en drama. Dit is in die middernagtelike ure op 'n oggend verlede maand (September 1972) geneem nadat vasgestel is dat 'n boer van Rustenburg as 'n vrou van bedenklike sedes aangedui is.

Die fout het voorgekom in 'n bylae van Die Transvaler en is eers ontdek
nadat 40 000 eksemplare gereed gelê en wag het om by Die Transvaler ingevoeg te word.

Om die bylae oor te druk, was buite die kwessie.  Al genade was om die letter "H" in die woord "boer" met 'n swart pen dood te krap.

29.1.14

Oggendblad kry nuwe motors

PIET EBERSöHN skryf dat ‘n gewese senior Oggendbladter, wat anoniem wil bly, die volgende storie vertel: Van die motors in Oggendblad se motorpoel was in ‘n uiters swak toestand. Die bande was glad, die masjiene swak onderhou en dit was niks vreemd dat die motors langs die pad gaan staan het met van die verslaggewers nie. Hulle het letterlik vir hul lewens gevrees as hulle met een van die motors op die pad was.

28.1.14

Geloofsgenesing stu DT-sirkulasie

PEET SIMONIS skryf: As dit gelyk het of die stories opdroog by die koerant, het ons dit “komkommer-tyd” genoem. Dit was die tyd dat die nuusredakteur handewringend op en af in die gange rondgedwaal het. Ander koerante is met n fynkam deursoek vir opvolgbare stories en elke joernalis moes uit sy “beat” die nuus gaan haal.

Sulke stil -dae sal ook vir K’rant aanbreek en daar is baie redes voor –

27.1.14

Fotodag 18: Mnr X se loopbaanverandering

DIE NATALLER het 'n ware "terroris" in sy midde! Maar gelukkig 'n "bekeerde" een. Sy naam is Bruno Mtolo (links), gewese hoof van die tegniese komitee van die African National Congress. Sy naam was gedurende die opspraakwekkende Rivonia-verhoor landwyd bekend as mnr X.

November 1971
Sy bedrywighede van destyds (só het hy as Staatsgetuie aan die hof vertel) het onder meer 'n bomontploffing by Die Nataller se kantore tot gevolg gehad.

Gelukkig het Bruno tot "bekering" gekom en vandag is hy 'n ware staatmaker as teemaker en donkerkamer-assistent. -- Perskorhaan, November 1971.

Daar is heelwat inligting oor Mtolo op die internet.  Lees destydse hofgetuienis van Mtolo HIER.

20.1.14

Fotodag 17: Hekpyne in Empireweg

TOM BUYS skryf in Hanekraai van Februarie 1971:

Hier is 'n hek.

Dit lyk soos die ingang tot 'n tronk of 'n goedbewaakte inrigting.
Hanekraai, Februarie 1971

Mense stroom soms smiddae met meer geesdrif daaruit as wat hulle binnegaan.

17.1.14

Perskor was g'n in Aucklandpark

JAPIE BOSCH skryf: Werknemers van die ou APB en Perskor het hul werkplek se adres as Empireweg-verlenging 8, Aucklandpark geken. Amptelik was dit ‘n verkeerde adres.

Daar is rede om te glo dat min mense dit weet, maar die ou Perskor-gebou was ‘n voorstad met die naam Braamfontein-werf. Aucklandpark was sowat twee kilometer van daar af. Interessant genoeg word die naam op Google Maps en ander webwerwe net in Afrikaans aangedui – geen Braamfontein Yard nie.  Moenie 'n fout maak nie, Braamfontein-werf is nie 'n nuwe naam nie.  Dit bestaan al donkiejare.

16.1.14

15 Toetsfoto's uit die Baai vir vroeë Dagbreek

K'rant al 'n paar stories geplaas oor hoe joernaliste in die vorige eeu sonder vandag se tegnologie hul werk moes doen.

Hierdie storie vertel van 'n "eerste" met koerantfoto's in 1970. RAYMOND CRAGG (links), groephooffotograaf  van die APB, het 'n mobiele donkerkamer in 'n omgeboude Volkswagen-kombi beman.

15.1.14

Toe 'n minister my nie 'gefaaier' kon kry

CHARL THOM skryf: Die onlangse afsterwe van Theo Gerdener, gewese Administrateur van Natal, Kabinetsminister tydens die Vorster-era en latere stigter en leier van die Demokratiese Party, het my laat terugdink aan hoe ek gevrees het hy gaan sorg  dat ek ontslaan sou word.

Ek was redakteur van die Afrikaanse weekblad, Die Nataller, waarvan

14.1.14

Hennie se dubbele kragskok

PIET EBERSöHN skryf: Van Hennie Kotzé gepraat, laat dit my dink aan een van my eerste ervarings as verbruikersjoernalis by Die Transvaler daar in die later jare sewentig in Nieu-Doornfontein.

Ná drie jaar se kluistering in die nagkantoor is ek uiteindelik skryfkans gegee – al moes ek eers ‘n ander werksaanbod kry om die maghebbende arms sover gedraai te kry. Ek is na die sakeredaksie

13.1.14

Fotodag 16: Boet en boet?

GERHARD BURGER, voormalige sportredakteur van Die Vaderland en redakteur van Transvaler, het dié twee foto's uit sy versameling aan K'rant gestuur.

Elke Maandag is fotodag in K'rant.

Volg Gerhard na: gaan blaai deur jou foto-albums en stuur vir ons herinneringe

10.1.14

Afvalgeleentheid skep verleentheid

JAPIE BOSCH skryf: ‘n Misverstand tussen Marius Jooste en Martie Snyman, oud-redaktrise van Rooi Rose in die jare sewentig, oor skaapafval het amper tot konsternasie gelei.

Jooste het op ‘n dag Martie na sy kantoor laat kom en haar gevra om hom te help met die reëlings vir ‘n ete waartydens hy afval wou voorsit. Hy sê toe vir haar: “Vra sommer vir ‘daai Bosch’ om vir my 13 stelle afval te kry”.

9.1.14

Scoop wat toe nie was

CHARL THOM skryf: As die ander ouens so spog met hulle scoops laat dit my nogal minderwaardig voel. Myne was maar bitter min gesaai en party mense sou dit dalk nie eers as sulks erken het nie.

Maar eendag by Die Vaderland het ek gedink my groot dag het aangebreek. Dit was in die tyd van die sogenaamde Inligtingskandaal en almal het gewag vir en bespiegel oor die Kommissie van Ondersoek, die Erasmus-Kommissie na dié

8.1.14

Asseblief! Dit WAS respektawelik

LUCIA GOMES skryf: Nou toe. As julle jul klaar gebreek het -- gelag het soos julle lê -- laat ek verduidelik. (Weet natuurlik nie waaroor gaan al die lawaai nie. Lyk my julle het nog nooit 'n mens in 'n laken gesien nie!)

Julie 1970
Ewenwel. Dis Hanekraai-redakteur, Paul Kruger, wat my met die meegaandefoto in die gang byloop. "En toe," wil hy weet, "wat se lawwigheid is dit nou eintlik dié?" Sommer so. En kamma kastig is hy vreeslik geskok. "Om te dink," fluistersê hy, "dat oom Apie Greeff, Maxie Pienaar, Martie Snyman en André Verster ook so ... so kaal ... so ... " en hy's vort.

7.1.14

Moenie Chris en Nic vergeet nie

GERT BASSON skryf: Ek merk op dat K'rant nie die name van veterane Chris Vermaak en Nic Hefer, onder VERGEET NIE het nie.

Kyk, Chris Vermaak was sekerlik een van die knapste misdaadverslaggewers wat Die Vaderland nog gehad het.

Hy was die skrywer van oa Manskap Nr 7801. Dit is die verhaal van

Stem van Doer Onder

NIC VAN OUDTSHOORN skryf: Ek het toevallig vandag K'rant op die internet raakgeloop en was aangenaam verras om name te sien uit die tyd in die vroeë jare sewentig toe ek in Kaapstad by Dagbreek en Landstem gewerk het – Herman Snyman, Tienie Fourie en Amanda Botha. Ek woon die afgelope 35 jaar in Australië.

(Nic het belowe om binnekort iets vir K’rant te skryf en ons sien uit daarna. – Red.)

Wat vang hulle aan?

Waarom sou Lucia Gomes, Joan Kruger en Joey du Randt so vriendelik glimlag en so baie been wys?  En die gewaagde lap om die lywe?  Net met een knoop om een skouer vasgemaak!

Geoordeel aan die wynglase lyk dit of Bacchus betrokke was.

Ná 43 jaar haal dié foto hulle in.  K'rant vertel more die storie.


6.1.14

Fotodag 15: Skurk Japie loop sy rieme styf

JAPIE BOSCH skryf: ‘n Student, in my jong dae altans, was gereeld op soek na ‘n naweekwerk vir ‘n paar rand. As ‘n tweedejaar in 1965 het ek ‘n Saterdagwerk gekry om ‘n rol in een van die destydse gewilde fotoverhaal-boekies te speel. Ek moes ‘n skurk wees in ‘n boekie met die naam, Die Swart Adelaar: Operasie H-bom. Die prys waar dit op die straathoeke verkoop is, was 20c.

Help dat K'rant volhoubaar bly

Sedert K'rant se totstandkoming op 1 Junie 2012 (amper 20 maande terug) het ons elke weekdag 'n nuwe storie geplaas.  Om dié pas vol te hou, het ons jóú storie nodig.   Deel jou storie met oud-kollegas, hetsy jy 'n redaksielid, advertensiewerwer, lettersetter, sekretaresse of baas was.

3.1.14

Ons is Maandag terug

EERSKOMENDE MAANDAG, 6 Januarie 2014, is K'rant terug ná 'n ruskans van drie weke. Ons vertrou dat ons lesers en bydraers eweneens heerlik uitgespan en veilig terug by hul tuistes is.

Om K'rant se sukses van die afgelope 19 maande te verseker, versoek ons opnuut oud-kollegas van enige afdeling by enige publikasie van die voormalige Perskor om sy/haar ervarings met ander oud-kollegas te deel.  Stuur 'n epos na enige redaksielid.  Hul adresse is in die kolom regs.  En moenie vergeet nie:  elke Maandag is fotodag.


13.12.13

Ons is op 6 Januarie 2014 terug

K'RANT span van vandag af uit om sy redakteurs en bydraers ‘n ruskans tot 6 Januarie 2014 te gee.

Baie dankie vir die lekkerlees-stories van die afgelope jaar. Buiten die herinneringe wat herroep is, is ou vriendskappe ook hervat.

K’rant het ongelukkig vanjaar ‘n groot verlies gehad met die afsterwe

12.12.13

Hans se lang pad kruis Mandela s’n

HANS LOMBARD skryf: Nelson Mandela het in sy leeftyd meer as 260 toekennings ontvang. Een van die eerste toekennings wat hy in 1990 ná sy vrylating uit die gevangenis ontvang het, was van die Johannesburgse Persklub wat hom saam met FW de Klerk as Nuusmakers van die Jaar 1990 aangewys het.

Die Persklub het ook geskiedenis gemaak aangesien dit die eerste keer

Ingeplof, ja, maar ingegrif

WILLIE BUYS skryf: Die berig in K’rant oor die sloping van die ou Perskorgebou in Empireweg, Auckland Park, Johannesburg, het gemaak dat ek iets doen het wat ek myself belowe het ek soos die pes sou vermy. Dit is naamlik om soos die lewe aanstap, NIE te verval in die een van die irriterendste ouderdomsgewoontes nie. En dit is om dit wat was, op te rakel in die hede. Jy weet, mense te verveel met dié soort van ding: Dit laat my dink aan toe ek jonk/jonger was …

11.12.13

Toe scoop Lala die kolonel inkluis

LALA WAHL skryf: As 'n mens 'n bietjie mag spog, hier is 'n nota wat dr Willem De Klerk vir my gebring het ná 'n lekker scoop oor 'n groot besending dagga wat die destydse Narkotikaburo onderskep en 'n internasionale smokkelroete ter see blootgelê het.

Ek het in daardie stadium reeds maande lank van die ondersoek geweet en my storie was agtermekaar toe ek die groen lig van die

10.12.13

Evert se hoed en boekie is nie saam

ANKE VAN NIEKERK, weduwee van Evert van Niekerk, skryf: 'n Familielid het, baie opgewonde, vir my gesê: Google bietjie “K’rant - Huldeblyk aan Evert”.

Was my verrassing groot toe ek Willie Buys se berig daar vind (lees hier) asook ene van Suzelle (du Preez) Fourie (lees hier). Dis wonderlik dat iemand, ná 24 jaar, nog aan hom dink. Ja, hy was 'n karakter sonder gelyke.

Twee voorsmakies

PIET EBERSöHN skryf: Jakkie Groenewald se verwysing na Johann Liebenberg en Sybil Coetzee laat my toe dink aan my heel eerste besoek aan Perskor se gesubsidiëerde restaurant destyds nog in Aucklandpark.

Daar was niemand in die lokaal wat ek geken het nie en ek het alleen by ‘n tafel gaan sit. Daar was nog baie ander plek en ek was nogal uit die veld geslaan toe ‘n ouerige, wildvreemde man naderstaan en verneem of hy die tafel met my kan deel. Ek het instemmend geantwoord en gewonder wie hy is.

9.12.13

Fotodag 14: 'n Trotse reus groet

DIE ou Perskor-gebou in Empireweg, Aucklandpark, wat baie jare lank 'n
vesting van die Afrikaanse gedrukte woord was, word gesloop.

Waar vroeër 'n bedrywige koerantkantoor, 'n gekletter van tikmasjiene, die gelui van telefone en die gedreun van rolperse was, dreun nou

6.12.13

Heugelikste sending Alaska toe

PHILIP DEETLEFS skryf: Piet Ebersöhn se storie oor sy eerste “trip” het my herinner aan een van die heuglikste trips wat ek as koerantman gehad het toe ek destyds op my drie-jaar lange “trip” Londen toe is vir die Perskorgroep.

In daardie jare was British Petroleum (BP) besig om die oliepyplyn van Prudoe Bay in die heel noorde van Alaska en reeds in die Arktiese

5.12.13

Landstem het wolf van deur gehou

CHARL THOM skryf: Verwysings hier en daar in K'rant-stories na die ou Landstem vervul my met nostalgiese herinneringe. Trouens, dis die einste ou Landstem wat daarvoor gesorg het dat ek as groentjie in die joernalistiek nie honger gely het nie,

Ek was destyds in my eerste werk by die SAUK as junior verslaggewer en baie rou toe ek met 'n baie karige salaris siel en liggaam aanmekaar

4.12.13

Samevoeging van Sondagkoerante en duur Switserse wekkers

WILLIE BUYS skryf: Die berig uit Hanekraai deur Johan Vosloo oor die amalgamasie van die Afrikaanse Sondagkoerante, Die Beeld (Naspers) en Dagbreek (Afrikaanse Pers Bpk), het heelwat herinneringe uit my geheue-argief  losgemaak. Ek weet ook ‘n ietsie daarvan want ek was as ‘n joernalis en kollega van hom en die fraaie Lucia Gomes, wat ook ‘n Hanekraai-bydrae gelewer het, ten nouste op voetsoolvlak deel van die intense redaksionele stryd tussen die twee grootste Afikaanse

3.12.13

Diesulkes begrawe ʼn mens nie

THIJS NEL, voormalige kunsredakteur van Die Vaderland en internasionaal bekende kunstenaar, skryf: Frikkie van der Walt se woes-ry-storie het my aan Hendrikus van der Walt herinner ... een van die stil en waarskynlik heel vergete prinse in die drukkery toentertyd (in my tyd) by Perskor in Aucklandpark.

Ek gebruik nie die woord ‘wyle’ nie want vir my gaan niemand dood

2.12.13

ABsoluut DOL oor Abdol

LEN LINDEQUE, het in 1974 dié pragskets van Abdol van der Merwe, werksbestuurdes van die letterpersafdeling by Perskor, gemaak.  Abdol was 'n man wat 'n mens nie sommer kon miskyk nie as gevolg van daardie welige weglêsnor van hom.

Maart 1974
Abdol was ook gewild by die redaksies van Perskor vanweë sy vriendelike aard, hulpvaardigheid en kenner van sy werk.