![]() |
| Junie 1970 |
Natuurlik mnr. Marius Jooste en Gary Player. Gary was dié dag, gedurende 'n toernooi op Randpark, so reg op sy stukke, maar -- glo dit as jy wil - die APB se speler het met die toernooi weggestap. Prys? Twee gholfballe. (Berig en
![]() |
| Junie 1970 |
![]() |
| Gerhard en Sandra Burger. (Foto: 'n Ruk terug geneem deur Herman le Roux.) |
FRANS DU TOIT, voormalige assistent-redakteur van Die Vaderland en Raymond Cragg, voormalige administratiewe groepshooffotograaf van Perskor, se belangstelling het nie by die joernalistiek en kameras opgehou nie. Hulle kon ook met saagmasjiene en beitels werk.
PHILIP DEETLEFS skryf: Dit was nie net Perskor se motorpoel in Pretoria wat vir alle praktiese doeleindes niks meer as 'n skrootwerf was nie. In Aucklandpark en Doornfontein het dit ewe vrot gegaan.
PIET ROODT skryf: As 'n mens se gedagtes eers koersvat koerantdae toe sukkel jy om by te hou.
HANS LOMBARD skryf: Na aanleiding van die brief van Werner van Dyk van Meyerton oor die spotprente wat hy van Victor Ivanhoff aangekoop het, net die volgende: ek het agt oorspronklike tekeninge van Victor gedateer 1955 wat almal gaan oor die Britse Leeus se rugbytoer hier in Suid-Afrika en die Springbokkriekettoer dieselfde jaar deur Engeland. Hy het die bondel persoonlik in 1956 aan my gegee. Is daar iemand wat my ‘n aanbod kan maak? Ek sien Werner van Dyk sê die minimum waarde is tussen R1 500 R2 000 per skets. My telefoonnommers is 011/958-0046/0828 of 083/360-1856.
Na aanleiding van ANKE VAN NIEKERK, weduwee van daardie kleurvolle Perskorman Evert wat in die lewe motor-redakteur van Die Vaderland was se skrywe in K’rant, het WILLIE BUYS haar gevra om ‘n bietjie uit te brei oor hierdie wyd bekende man in die destydse motorkringe.
PIET EBERSöHN skryf: Vanjaar se saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (dis nou APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens) vind op Sondag, 30 Maart 2014 by die restaurant Cattle Baron, h/v Nic Diederichsboulevard en Hendrik Potgieterweg, Wilgeheuwel, Johannesburg plaas, waar ons verlede jaar vergader het.
WERNER VAN DYK van Meyerton, Gauteng skryf: Ek het per toeval op julle blad afgekom en die storie van
Victor Ivanoff (links) se spotprente gelees en glo dit of nie, maar ek het so 'n week
gelede vyf van daai oorspronklike tekeninge gekoop.
AGTER die foto hieronder skuil frustrasie en drama. Dit is in die middernagtelike ure op 'n oggend verlede maand (September 1972) geneem nadat vasgestel is dat 'n boer van Rustenburg as 'n vrou van bedenklike sedes aangedui is.
PIET EBERSöHN skryf dat ‘n gewese senior Oggendbladter, wat anoniem wil bly, die volgende storie vertel: Van die motors in Oggendblad se motorpoel was in ‘n uiters swak toestand. Die bande was glad, die masjiene swak onderhou en dit was niks vreemd dat die motors langs die pad gaan staan het met van die verslaggewers nie. Hulle het letterlik vir hul lewens gevrees as hulle met een van die motors op die pad was.
PEET SIMONIS skryf: As dit gelyk het of die stories opdroog by die koerant, het ons dit “komkommer-tyd” genoem. Dit was die tyd dat die nuusredakteur handewringend op en af in die gange rondgedwaal het. Ander koerante is met n fynkam deursoek vir opvolgbare stories en elke joernalis moes uit sy “beat” die nuus gaan haal.
DIE NATALLER het 'n ware "terroris" in sy midde! Maar gelukkig 'n "bekeerde" een. Sy naam is Bruno Mtolo (links), gewese hoof van die tegniese komitee van die African National Congress. Sy naam was gedurende die opspraakwekkende Rivonia-verhoor landwyd bekend as mnr X. ![]() |
| November 1971 |
JAPIE BOSCH skryf: Werknemers van die ou APB en Perskor het hul werkplek se adres as Empireweg-verlenging 8, Aucklandpark geken. Amptelik was dit ‘n verkeerde adres.
K'rant al 'n paar stories geplaas oor hoe joernaliste in die vorige eeu sonder vandag se tegnologie hul werk moes doen.
CHARL THOM skryf: Die onlangse afsterwe van Theo Gerdener, gewese Administrateur van Natal, Kabinetsminister tydens die Vorster-era en latere stigter en leier van die Demokratiese Party, het my laat terugdink aan hoe ek gevrees het hy gaan sorg dat ek ontslaan sou word.
PIET EBERSöHN skryf: Van Hennie Kotzé gepraat, laat dit my dink aan een van my eerste ervarings as verbruikersjoernalis by Die Transvaler daar in die later jare sewentig in Nieu-Doornfontein.
CHARL THOM skryf: As die ander ouens so spog met hulle scoops laat dit my nogal minderwaardig voel. Myne was maar bitter min gesaai en party mense sou dit dalk nie eers as sulks erken het nie.
LUCIA GOMES skryf: Nou toe. As julle jul klaar gebreek het -- gelag het soos julle lê -- laat ek verduidelik. (Weet natuurlik nie waaroor gaan al die lawaai nie. Lyk my julle het nog nooit 'n mens in 'n laken gesien nie!) ![]() |
| Julie 1970 |
JAPIE BOSCH skryf: ‘n Student, in my jong dae altans, was gereeld op soek na ‘n naweekwerk vir ‘n paar rand. As ‘n tweedejaar in 1965 het ek ‘n Saterdagwerk gekry om ‘n rol in een van die destydse gewilde fotoverhaal-boekies te speel. Ek moes ‘n skurk wees in ‘n boekie met die naam, Die Swart Adelaar: Operasie H-bom. Die prys waar dit op die straathoeke verkoop is, was 20c.
EERSKOMENDE MAANDAG, 6 Januarie 2014, is K'rant terug ná 'n ruskans van drie weke. Ons vertrou dat ons lesers en bydraers eweneens heerlik uitgespan en veilig terug by hul tuistes is.
K'RANT span van vandag af uit om sy redakteurs en bydraers ‘n ruskans tot 6 Januarie 2014 te gee.
HANS LOMBARD skryf: Nelson Mandela het in sy leeftyd meer as 260 toekennings ontvang. Een van die eerste toekennings wat hy in 1990 ná sy vrylating uit die gevangenis ontvang het, was van die Johannesburgse Persklub wat hom saam met FW de Klerk as Nuusmakers van die Jaar 1990 aangewys het.
WILLIE BUYS skryf: Die berig in K’rant oor die sloping van die ou Perskorgebou in Empireweg, Auckland Park, Johannesburg, het gemaak dat ek iets doen het wat ek myself belowe het ek soos die pes sou vermy. Dit is naamlik om soos die lewe aanstap, NIE te verval in die een van die irriterendste ouderdomsgewoontes nie. En dit is om dit wat was, op te rakel in die hede. Jy weet, mense te verveel met dié soort van ding: Dit laat my dink aan toe ek jonk/jonger was …
LALA WAHL skryf: As 'n mens 'n bietjie mag spog, hier is 'n nota wat dr Willem De Klerk vir my gebring het ná 'n lekker scoop oor 'n groot besending dagga wat die destydse Narkotikaburo onderskep en 'n internasionale smokkelroete ter see blootgelê het.
ANKE VAN NIEKERK, weduwee van Evert van Niekerk, skryf: 'n Familielid het, baie opgewonde, vir my gesê: Google bietjie “K’rant - Huldeblyk aan Evert”.
PIET EBERSöHN skryf: Jakkie Groenewald se verwysing na Johann Liebenberg en Sybil Coetzee laat my toe dink aan my heel eerste besoek aan Perskor se gesubsidiëerde restaurant destyds nog in Aucklandpark.
PHILIP DEETLEFS skryf: Piet Ebersöhn se storie oor sy eerste “trip” het my herinner aan een van die heuglikste trips wat ek as koerantman gehad het toe ek destyds op my drie-jaar lange “trip” Londen toe is vir die Perskorgroep.
CHARL THOM skryf: Verwysings hier en daar in K'rant-stories na die ou Landstem vervul my met nostalgiese herinneringe. Trouens, dis die einste ou Landstem wat daarvoor gesorg het dat ek as groentjie in die joernalistiek nie honger gely het nie,
WILLIE BUYS skryf: Die berig uit Hanekraai deur Johan Vosloo oor die amalgamasie van die Afrikaanse Sondagkoerante, Die Beeld (Naspers) en Dagbreek (Afrikaanse Pers Bpk), het heelwat herinneringe uit my geheue-argief losgemaak. Ek weet ook ‘n ietsie daarvan want ek was as ‘n joernalis en kollega van hom en die fraaie Lucia Gomes, wat ook ‘n Hanekraai-bydrae gelewer het, ten nouste op voetsoolvlak deel van die intense redaksionele stryd tussen die twee grootste Afikaanse
THIJS NEL, voormalige kunsredakteur van Die Vaderland en internasionaal bekende kunstenaar, skryf: Frikkie van der Walt se woes-ry-storie het my aan Hendrikus van der Walt herinner ... een van die stil en waarskynlik heel vergete prinse in die drukkery toentertyd (in my tyd) by Perskor in Aucklandpark.
LEN LINDEQUE, het in 1974 dié pragskets van Abdol van der Merwe, werksbestuurdes van die letterpersafdeling by Perskor, gemaak. Abdol was 'n man wat 'n mens nie sommer kon miskyk nie as gevolg van daardie welige weglêsnor van hom. ![]() |
| Maart 1974 |