In daardie jare was British Petroleum (BP) besig om die oliepyplyn van Prudoe Bay in die heel noorde van Alaska en reeds in die Arktiese
sirkel, te bou na Anchorage in die suide van waar die olie verskeep is.
A = Prudoe Bay; B = Anchorage. |
besluit om 'n klompie koerantmanne Alaska toe te neem om self te kan sien of die gerugte waar is.
Die ander Suid-Afrikaner saam op hierdie “trip” was Neville Krige wat toe die SAUK in Londen verteenwoordig het. Ons is toegerus met spesiale Arktiese skoene en klere sodat ons die koue kan trotseer. In die noorde van Alaska was die maksimum temperature vir daardie tyd van die jaar minus 27 grade Celsius. Ergste hitte gebreek ...
Drie stories wat ek van die “trip” onthou, is dat BP by Prudoe Bay 'n akommodasie-sentrum gehad het waar die mense wat die pyplyn gesweis het, elke aand geslaap het. Dit was in die vorm van 'n groot koepel wat binne warm gehou is en waar selfs palmbome ens gegroei het.
Maar, geen alkohol is toegelaat in die sentrum nie. Die rede? Aan die begin kon mens na werk saans 'n dop gaan drink het, maar een aand het een van die manne homself so dapper gedrink dat hy kaal bolyf na buite is en binne 'n minuut letterlik doodgevries het.
Die ander storie wat ek onthou is dat daar 'n Eskimo-gemeenskap was
naby Prudoe Bay waar 'n Jood ys aan die Eskimos verkoop het. Toe ek begin navraag doen oor hoekom hulle die ys sou koop, vertel hulle my dat jy omtrent 'n kruiwa vol sneeu nodig het om 'n ketel vol water te smelt. Dan moes jy nog seker maak ook dat jy nie van die geel sneeu inskep nie.
Die Jood het die konsessie gehad op die bevrore meer naby waar die Eskimo's woon en hy saag blokke ys uit die meer wat hulle dan sommer so langs hulle huise laat lê want hulle het nie yskaste nie. Om water te smelt kap hulle dan net 'n stuk van die blok ys af. En ek het gedink dis net 'n gesegde om ys aan die Eskimo's te verkoop?!
Die laaste storie is van die sweisers by Prudoe Bay. Hulle het drie weke lank gewerk en dan moes hulle met drie weke se verpligte verlof gaan rus. Die sweisers het destyds reuse-salarisse verdien (gemiddeld in 'n maand wat die gemiddelde Amerikaner in 'n jaar verdien het) om onder hierdie moeilike omstandighede te werk. Gerieflikheidshalwe het die meeste van hulle vir hul gereelde drie weke se verlof sommer na Juno (die hoofstad van Alaska) gegaan en in 'n hotel gebly.
Die prostitute het gou besef dat hierdie manne dik in die dollars is en van heinde en verre het hulle na Juno gestroom om te skep solank die pyplyn gebou word. Hulle het ook hul pryse aangepas na gelang van die salarisse wat die sweiesers verdien het en etlike van die prostitute kon gerieflik gaan aftree na 'n paar maande se sweiswerk in Juno.