Kyk, Chris Vermaak was sekerlik een van die knapste misdaadverslaggewers wat Die Vaderland nog gehad het.
Hy was die skrywer van oa Manskap Nr 7801. Dit is die verhaal van
baasspeurder (hoofkonstabel/adjudant-offisier) WJ Herbst. Uit sy pen het ook verskyn: Loon van die Sonde, wat 'n paar opspraakwekkende sake dek.
Chris Vermaak |
As ek reg onthou, was Chris ook 'n ruk verbonde aan die SAUK en het berigte uit die destydse Rhodesië deurgestuur. Ek meen hy het ook 'n draai by The Star gemaak en was heel aan die begin van sy loopbaan verbonde aan Sapa. Ek is nie seker presies wanneer hy oorlede is nie.
Hy en sy vrou het op 'n plaas op Hertzogville by 'n seun gebly.
Nic Hefer |
In die sestigs het hy senior uitgewer by Voortrekkerpers geword en is later saam oor Doornfontein toe, toe Perskor gestig is. In Augustus 1972 is hy as hoofsub van Oggendblad aangestel. Nic het later bedank en gaan boer. Ek is ongelukkig nie seker oor sy sterfdatum nie. Hy was getroud met medeverslaggewer Eva Pakendorf, suster van die bekende Harald Pakendorf.
Dalk moet K’rant ook spoor loop na Boer Putter. Hy het 'n seun gehad met dieselfde naam.