Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

29.10.12

Met my paspoort in sy sak beduie hy ons moet saam polisie toe

SUZELLE FOURIE  skryf verder oor haar ervarings as onderwyseres in landelike China. Sy gebruik uittreksels uit briewe aan familie en vriende in Suid-Afrika om haar verhaal te vertel. Volgende week verskyn haar laaste aflewering.

5 Augustus 2004: Voort met die reis deur Xinjiang...
  Ons is in die Narat-reservaat in die Tianshanberge. Uiteindelik. Daar was oomblikke van twyfel of die kranklike ou bussie dit gaan maak. Toe besluit die Chinees agter die stuurwiel boonop dat dit ’n gepaste geleentheid is om geld uit die laowai (buitelander) te maak en verdubbel sy prys. Daar word oor en weer geredekawel. Moeilik om te sê wie praat die meeste of die hardste, Pharizat of die taxibestuurder. Uiteindelik kry ek die meisiekind tot bedaring sodat ek darem ook kan uitvind waaroor alles gaan.

Dis laat, ons is doodmoeg en dood van die honger en ek is bereid om dubbel soveel te betaal toe ons námiddernag by ’n herberg bo in die berge afgelaai word. Ons word gasvry ontvang deur die Uyghur-egpaar wat die plek besit en hulle dra warm noedelsop aan om die flou reisigers van ’n hongerdood te red. Daardie aand slaap ek vir die eerste keer op ’n tradisionele Uyghur-bed: so ’n houtplatform bedek met tapyte en donsmatrassies.

Pharizat en 'n wolfvel in 'n Kazakh-huisie.
Die skoonheid van berg, woud en rivier om ons slaan die asem weg. Ek word oorreed om 'n kort rit te perd teen die berg op te waag: net vir 'n halfuur gery, lank genoeg om my te laat onthou waarom ek nooit op 'n perd se rug klim nie. En toe gaan besoek ons die sogenaamde "forest park". Dis ’n mooi plek, met interessante plante en Chinese polisiebeamptes wat toeslaan op niksvermoedende buitelanders. Ek en Pharizat word voorgekeer en ingelig dat die plek nie oop is vir toeriste sonder ’n spesiale reispermit nie. Ek waai my Foreign Residents Permit en Foreign Experts Certificate onder die man se neus. Pharizat praat en beduie in Chinees.

Hy wil niks weet nie, druk net my paspoort in sy sak en beduie ons moet saam met hom na die polisiekantoor, waar ek verneem dat 'n boete van tot soveel as drieduisend yuan gehef kan word vir my "oortreding". Toe is hierdie Suid-Afrikaner darem nie bietjie bitterbek nie! Ons sou moes wag tot die volgende oggend om te hoor wat gaan gebeur. Danksy die liewe Pharizat is my bas gered. Sy het vriende gemaak met ons gasheer se dogter en dié het 'n vriendin in die polisie gekontak wat tot ons hulp gekom het. Vyfhonderd yuan later het ek my paspoort terug en ons besluit dis tyd om verder te gaan. (1 yuan = R1,38 - Red.)
Ek wou bitter graag die swanemeer van Bayanbulak in die grasvallei aan die voet van die Tianshanberge besoek. Dis waarheen duisende wilde swane elke somer terugkeer. Dit was nie ver van Narat nie, maar dit het die vorige week kwaai in die berge gereën en die pad soontoe was gesluit. Van dié droom moes ek maar afsien. Ons volgende bestemming was Kuche, maar omdat die korter roete onbegaanbaar was, moes ons die lang pad oor Korla vat. In ’n volgepakte, vuil en afgeleefde bus is ons eers die volgende middag vort. Die bus was laat. Ek glo nie ek het al 'n langer nag in my lewe deurgesit nie. Sowat van ongerieflik was ek nog nooit, maar ten minste was dit 'n baie interessante rit. Só jammer dat ons nie vroeër in die dag vertrek het nie, want wat ek in die skemer van die berge kon sien, het die asem weggeslaan.

Die pad was uiters sleg en gevaarlik, om die minste daarvan te sê. Daar was erge verspoelings en plek-plek het die ou bus gesidder en gebeef om deur die dongas teen die steiltes uit te beur. Slaap was buite die kwessie. Ek loer deur die venster en vind dat die wêreld buite spierwit onder die sneeu lê. In die middel van die somer! Dit was bitterkoud en ons was nie daarop voorbereid nie. Gelukkig was my reissak binne bereik en toe ons laat dié nag by 'n soort halfwegstasie in die middel van nêrens stilhou om iets te eet, het ek alles wat warm was, gaan uithaal en aangetrek. My reisgenoot se tone tone was blou van die koue in haar oop sandale. Ek het twee ekstra pare sokkies gehad, wat haar tone gered het. Met 'n stewige bord noedels, groente en taai skaapvleis agter die blad is ons toe verder oor die berge.

'n Tipiese straattoneel in Hotan.
Eindelik in Kuche aangekom en vir die eerste keer in 'n lang tyd die weelde van 'n hotelkamer en 'n warm stort geniet. Daar het ons na die fassinerende Boeddha-grotte buite die stad gaan kyk, maar die Chinese is ook slim. Hulle wys die toeris net enkele van die minder mooi en interessante grotte. As jy die res wil sien, moet jy etlike honderde yuan ekstra per grot betaal. Vir dié uitgawe het ek nie kans gesien nie en Pharizat is bowendien 'n Moslem wat nie vreeslik in die Boeddhisme belangstel nie. Die volgende dag is ons per bus na Aksu waar ons, weer eens op 'n "sleeper", die lang pad na die suide deur die Taklamakan-woestyn aangepak het.

Nouja, 'n woestyn is 'n woestyn, en al wat interessant omtrent dié pad was, was die ingenieursvernuf waarmee dit gebou is. Elke paar honderd meter is daar 'n soort keerwal wat die woestyn op 'n afstand moet hou. Moeilik om te beskryf, maar werklik vernuftig. Ons het Hotan besoek, ’n oasedorp van die “Silk Road”, die historiese sy-roete in die suide van Xinjiang. Ek het gehoop om iets van die sybedryf te sien, maar die onvriendelike en gierige taxibestuurder het ons na die verkeerde plekke geneem.

Die Uyghurs van Kashgar.
Tien ure op ’n bus, weswaarts deur die woestyn na Kashgar. Sitplekke só beknop, daar’s kwalik plek vir jou kniekoppe. En die hitte... ! Buite was daar niks te sien nie, maar die skokpienk gordyne van sy met ingeweefde hartjies, omsoom met disseltosseltjies, voor die bus se vensters sal ek nooit vergeet nie.

Kashgar het in 'n mooi, moderne stad ontwikkel met skoon, blou lug, ’n rariteit in China! Bloedig
warm, maar die lug is nie so droog nie. Die beroemde Sondagmark besoek en baie buitelandse toeriste raakgeloop. Die soetste vye in die wêreld daar geëet. Die vyeverkopers bied hulle vir 'n mens op 'n vyeblaar aan: sag en sappig met sulke dun skilletjies, jy eet hulle net só. En dit is waar dié reiservaring van ’n leeftyd geëindig het. ’n Volle 24 uur op ‘n “sleeper bus” later was ons terug in Urumqi en vandaar huis toe na Qitai.

Soet, soet vye in Kashgar.
10 September 2004: The news of the day is that Qitai No.1 Middle School now boasts three foreign teachers. Two young British girls have arrived, one from the south and the other from the north of England. Both have fair hair and blue eyes and I predict that they are going to cause quite a stir in Qitai. What the Chinese students are going to make of their very different English accents, is another matter.

I was quite delighted to see them, they will be welcome company in the months ahead. Lauren and Rachel are to stay in the large apartment downstairs, hitherto reserved only for the school's important visitors. They are lively and intelligent creatures and remarkably self-assured for eighteen year-olds. The school is very fortunate to get them. For the life of me I couldn't think why they would have chosen to come to Qitai, but it appears they had no choice in the matter.

They are volunteers who wanted to come to China for their “gap year” and the organisation responsible for their placement just told them they were going to Qitai and that's that. Of course they arrived filled with expectations of the teaching they'll be doing here. Said expectations were somewhat deflated when I gave them a brief introduction to the realities of "Oral English" classes in this school. However, they are eager to learn Chinese, which will make life easier for them here than it has been for me so far.

Ek en Lauren en Yin Yang-sop
There has been a marked change in the weather since last week and a definite feeling of autumn in the air. Summers are very short in Xinjiang and I had better start making my preparations for winter, which will involve the acquisition of a suitable winter wardrobe to fit my much thinner self, stacks of books, CD's and videos. The locals tell me in winter it's dark by four in the afternoon and at times the temperature drops to almost 30 degrees below zero. I think I should add loads of red wine to that shopping list...

A week has passed since I began this letter, with lots happening here since the arrival of the English
girls. They'd hardly settled in when the school arranged a visit for us to Tian Shi, or "Heavenly Pool", a small lake in the Tianshan mountains not far from Urumqi. Very pretty place, looks like a Swiss picture postcard, and very crowded with hundreds of Chinese enjoying the beautiful weather, fresh air and scenery.

Op 'n besoek aan Tian Shi.
So far, so good. Then, up came the subject of the new division and allocation of classes. Miss Lin had a private conference with me to explain that because the two Brits are volunteers working for "Project Trust" or whatever, they're only allowed to teach in government schools and that means middle school grades I and 2, in other words, all my classes. So they'll definitely not be teaching in the junior school, elementary school or kindergarten, which are all private schools.

You can guess what followed. Miss Lin broached the subject of kindergarten classes, actually admitting that it served no other purpose than being an advertisement for the school. That clinched it. "Miss Lin, if you give me kindergarten classes again, I'm leaving." You can imagine how popular that made me. Well, I won that round, but now they've given me a bunch of elementary school classes with kids starting from age seven. Talk about a Pyrrhic victory!

China is always full of surprises. The past week was punctuated by the plaintive protests of hundreds of captive geese. The unfortunate birds were brought in by the truckload from the school farm and distributed amongst the teachers and other staff members. Some of them were carried away alive and some were killed and plucked right here on the school grounds. The staff of the English Department wanted to know whether I'd like to have one too, but I couldn't picture myself coping with a goose, alive or dead, in my little apartment. I respectfully declined the offer.