Kopspelde is ook gebruik om berigte uit koerante wat opgevolg moes word, te sny pleks van ‘n hele koerant of twee oopgevou op jou lessenaar te hê.
Dié kopspelde het ook vir onnutsighede gesorg.
Sover ek kan onthou, was Buks Pietersen die karnallie in die volgende staaltjie, hoewel hy sê dat hy dit nie kan onthou nie. Hy het nietemin ingestem om die storie aan hom te koppel, “omdat ons daai tyd baie dinge aangevang het”.
Buks Pietersen |
Hy vra toe vir Buks hoe gemaak. Die gesprek tussen dié twee loop toe naastenby soos volg:
Buks: “Kry eers ‘n knipsel van die storie”.
Nuweling: “Waar?”
Buks: “Kry ‘n koerant en soek die berig.
Nuweling: “Waar kry ek ‘n koerant?”
Buks (klaar kriewelig): “Sien jy daai kantoor in die hoek? Dis mnr Dirk Richard, die hoofredakteur, s’n. Al die koerante is daar in lêers gebind en op ‘n lang houtrak uitgepak. Vat ‘n kopspeld, kry die regte lêer, soek die berig en sny dit met die speld uit. Maar moenie die redakteur groet of met hom praat nie. Hy is vreeslik knorrig vandag. Sê jy iets, gaan hy jou uitjaag. Stap net in, soek, sny en loop uit.
Met vertroue in Buks se leiding en beskerming is die kêrel gewapen met die kopspeld tussen sy vingers Dirk se heilgdom in.
Dirk Richard |
Frans du Toit |
Frans het dadelik geweet waaroor dit gaan, maar kon Buks nie rêrig vastrap nie, want hy kon nie anders nie as saam lag oor die beste poets van die jaar.
(As dit nie Buks was nie en iemand kan die karakters in dié storie onthou, laat weet ons. Red.)
• Buks vertel hy kan wel onthou dat August du Preez ‘n nare gewoonte met kopspelde gehad het. Hy het ewe broederlik langs ‘n mens kom staan waar jy voor jou tikmasjien sit en swoeg, dan plaas hy nog meer broederlik sy hand op jou skouer en “zap” jou met ‘n kopspeld op die skouer wanneer jy dit nie verwag nie.
August het dieselfde by die koffietafel gedoen. Jy was nog, koppie in hand, in gesprek met iemand dan het August kom saampraat en jou in die boud ge-“zap”, darem net die manne.
August du Preez |
Mettertyd het almal van August af “gevlug”. Dan het hy opgehou sodat almal vergeet en, ná drie of vier dae, begin hy weer met sy terreur en slaan onverwags toe – nes die klouterdief van destyds waaroor hy as misdaadverslaggewer geskryf het.
Dat August nooit aangerand is nie, was te danke aan sy joviale aard.