“Niemand is binne toegelaat nie en ek het by ’n venster ingeloer en iets verskrikliks gesien. Moenie vra hoe dit lyk as ’n lykskouing gedoen word nie. Dit is nie vir aanskouing deur gewone mense nie. So, ek weet hoe Dick Prestwich voor sy floute gevoel het." (Dick is deur ‘n floute oorval toe hy ‘n opehart-operasie moes afneem. – Red.)
“Ek was nog naar daarby ook, want toe ek wegdraai, kom die vragmotor wat vleis by die polisiekantien gaan aflaai, om die draai en ’n ongevoelige polisieman sê vir my: ‘Hy kom laai elke dag vleis hier by die lykhuis op!’”
Toe die ongelukkige advertensieplasing hiernaas K’rant bereik, het dit die redaksie dadelik aan Peet se storie laat dink.
Vir GERHARD BURGER het dit aan ‘n eie baie noue ontkoming herinner.
Hy skryf: La' my dink aan die keer toe ek en Herman le Roux in Gisborne, Nieu-Seeland, slagplaas toe is om te gaan kyk waar 'n All Black werk.
Hulle wys ons waar die skapies toustaan en dan stil heengaan, aan 'n haak gehang word en dan met 'n soort oorhoofse vervoerband verby 'n klomp manne gestuur word.
Gerhard Burger |
Toe vat hulle ons koelkamers toe, agter sulke dik, breë plastiekstroke waardeur 'n mens moet beur om te gaan kyk waar die verkilde oorlede skape hang.
Daar staan en luister ons na die voorman toe 'n vurkhyser met 'n spoed en 'n vrag skape deur die "gordyn" bars. Hy trap my een skoen van my voet af. As ek 'n tree verder regs gestaan het, het hy my bo-op daardie skape gelaai; seker met twee af bene en ander beserings.