Hennie van Zyl, haastige Springbokvleuel van die sestigerjare, vertel in Rapport van 11 Augustus 2019 die volgende oor John du Toit:
| John du Toit (links) en Hennie van Zyl |
![]() |
| John du Toit in sy koerantdae. |
![]() |
| Jan Botha |
KARIN PRETORIUS skryf: My kollegas Maureen Swart -- met haar puik navorsing oor Hillbrow -- en Gert Van Rooyen se herinneringe aan "die plek van die duiwel", het my met nostalgie vervul en my geheue het teruggebons vanaf Kaapstad oor die Karoovlaktes, tot binne my piepklein woonstelletjie in Smitstraat 32 in Hillbrow.
MAUREEN (Heyl) SWART skryf: In sy storie, Pretoria se Viole Galm in Kimberley, verwys Piet Ebersöhn na die SAL.![]() |
| Frans du Toit |
JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Die oorlye van Phil Zaayman het ‘n paar gawe herinneringe laat opdoem van hierdie goed-gepekelde sportskrywer wat nou nie meer met ons is nie.
MAUREEN (Heyl) SWART skryf: 'n K'rantstorie wat my baie lekker laat lag het, was "Philip voorspel die sterre". As hy steeds Die Sterre Voorspel geskryf het en as dié "Sterre" dálk nou die dag vir my 'n gróót verrassing "voorspel" het en ek dálk een van die diereriem‐bygelowiges was, sou ek dadelik katvoet beweeg het. Want sowaar as vet, 'n verrassing is partykeer niks anders as die bloedbroer van skok nie. Maar in dié geval? Wel, laat ek maar sê dat ek nou met 'n meer optimistiese oog na verrassings kyk.
CHRISTO LEMMER, bekende sportskrywer by Die Transvaler asook Die Vaderland is Saterdagoggend na ‘n lang siekbed oorlede, het Gerhard Burger laat weet.
REDAKTEUR PHILIP DEETLEFS skryf: Dis reeds weer daardie tyd van die jaar wat die komkommers volop is en die nuus skraps.![]() |
| Annette Stork |
JOHAN ESTERHUIZEN (Essie) voorheen van Hoofstad, Die Transvaler, The Citizen, Beeld en Rapport skryf: In 1982 het ek vir Die Transvaler die eerste keer verslag oor die Wimbledonse tennistoernooi gaan doen.
MAUREEN (HEYL) SWART skryf: Hofstories darem! Wyle Johann Britz se vertelling van sy ervaring in die Paleis van Justisie tydens die Vontsteen‐moordverhoor, het my laat terugdink aan sommige van die dinge wat in my hofverslaggewersdae met my gebeur het. Vat nou maar die keer toe 'n geheimsinnige joernalis se pad in die Johannesburgse hooggeregshof met myne gekruis het. In die skeihof, om presies te wees.