Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

31.1.19

Christo Lemmer na lang siekbed oorlede

CHRISTO LEMMER, bekende sportskrywer by Die Transvaler asook Die Vaderland is Saterdagoggend na ‘n lang siekbed oorlede, het Gerhard Burger laat weet.

Hy het in November verlede jaar ‘n hartaanval gehad en is Saterdag dood aan ‘n longinfeksie.

Sy vrou Santie het laat weet dat ‘n diens Vrydag om 10:00 in die NG Kerk Krugersdorp-Oos gehou sal word. Santie kan per SMS bereik word by 082 211 5250.