Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

10.7.19

John du Toit oorlede op 94

John du Toit in
sy koerantdae.
JOHN DU TOIT, voormalige sportredakteur van Die Transvaler, is Maandagaand (8 Julie 2019) in die ouderdom van 94 jaar oorlede, het Gerhard Burger laat weet. Hy het longonsteking gehad.

John se begrafnis is Vrydagoggend (12 Julie 2019) om 11:00 by die Misty River-oord in Eikenhof.  Dis sowat 20km suid van Johannesburg.

'n Artikel oor John, geskryf deur Herman le Roux, gewese sport- redakteur van Die Volksblad en Beeld het ses jaar gelede in K'rant verskyn. Daarin skryf hy dat dié voormalige Transvaalse en Noord-Transvaalse agtsteman ’n minsame kêrel met ’n sagte hart was. Lees dit HIER.

Peet Simons het ook mooi herinneringe oor John. Sy artikel het 'n jaar vroeër in K'rant verskyn. Lees dit HIER. Peet vertel onder meer dat John eers 'n prokureur was voordat hy sportskrywer by Die Vaderland geword het. Hy het later by Die Transvaler aangesluit.

Pragfoto's van John en oudkollegas is HIER.

Colleen, John se vrou, se telefoonnommer is: 082 651 3029.