Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

1.3.19

'n Nagmerrie-vlug

MAUREEN (Heyl) SWART skryf: In sy storie, Pretoria se Viole Galm in Kimberley, verwys Piet Ebersöhn na die SAL.

Frans du Toit
Dit het my laat dink aan die dag toe ek en 'n fotograaf na die Lughawe Jan Smuts (soos dit nog in die vroeë sewentigs bekend gestaan het) moes uitpiekel vir 'n foto van 'n groep nuwe SAL-waardinne, wat dié dag hul vlerkies sou ontvang.

Frans du Toit het die foto één fronsende kyk gegee en gesê: "Hulle sal van vlieg 'n nagmerrie maak."