Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

6.2.19

Reünie, 24 Maart 2019

LOUISE BLAKE skryf: Dis weer tyd vir ons jaarlikse saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (dis nou APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens). Dit word deur Dagbreektrust geborg.

Die komitee, onder leiding van voorsitter Harald Pakendorf en bygestaan deur sy gade Aletta, Margaret Lombard en Louise Blake, het besluit om die funksie weer by dieselfde restourant as die afgelope paar jaar te hou. Die restourant het van naam verander. Dit was die Keg & Eagle en is nou die Irish Rock.

Die reϋnie vind op Sondag 24 Maart 2019 plaas. Die ete begin stiptelik om 12:30. Kom van 11:30 af en kuier eers lekker saam. Daar is ‘n kontantkroeg.

Die Irish Rock se buffet bied as voorgereg Griekse slaai, as hoofgereg
beesoondbraad, hoenderpastei, botterskorsie, roomspinasie, rys en sous, en as nagereg malvapoeding en roomys.

‘n Bottel elk rooiwyn en witwyn sal gratis per tafel verskaf word. Ekstra wyn en ander drankies, bier en koeldrank kan by die kontantkroeg bestel word. Koffie en gebottelde water is ook vir jou eie rekening.

Ons het plek vir 50 mense, so wikkel en bespreek julle plekke so gou moontlik. RSVP teen 19 Maart 2019 per e-pos aan lblake2@telkomsa.net of margaret@neomail.co.za of skakel Louise by 082 472 2840 of (010) 210 7381 of Margaret by 083 533 4829.

Daar word ook 'n beroep gedoen op dié wat saamrygeleenthede aan ander kan bied om dit te doen. Dié wat saamrygeleenthede het of soek, moet laat weet sodat ons kan sien hoeveel ons bymekaar kan uitbring.

Die Irish Rock se adres is h/v Nic Diederichsboulevard en Hendrik Potgieterweg, Wilgeheuwel, Roodepoort. Dis by die The Hub Retail Crossing (Wesrand Retail Crossing.)

Padaanwysings:

Uit die Johannesburg-omgewing – neem die Beyers Naudé- (DF Malan-) afrit en ry noord verby die Lifestyle-kwekery en draai links in Eastwoodlaan. ‘n Klein entjie verder vurk die pad. Hou regs in Scottlaan. Dit verander in Paul Krugerweg en later Nic Diederichsboulevard. Hou vir etlike kilometers reguit aan, verby SASOL-VULSTASIE (links), steeds reguit aan oor die verkeerslig, ry teen die bult af en draai links by die eerste verkeerslig in FLORINWEG. Eerste straat regs om sirkel. Weer eerste straat regs by sentrum in. Die restourant is drie geboue regs op die punt. Daar is volop veilige parkering tot agter die restourant. Stap deur na die stoep.

Vanaf Pretoria – neem die N14 na Krugersdorp. Ry tot by eerste verkeerslig. Draai links. Dit word Hendrik Potgieterweg. Draai links in Nic Diederichsboulevard, etlike kilometers verder aan by Retail Crossing, Mr Price en Mac Donald's. By die eerste verkeerslig draai regs in FLORINWEG en volg aanwysings soos hierbo.

Google "The Hub Retail Crossing" vir 'n gedetaileerde kaart.