Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

21.6.19

Twee kollegas groet

PIET EBERSÖHN het laat weet dat Johan Kloppers wat in die jare sewentig by Die Transvaler gewerk het, onlangs oorlede is. Hy was 72 jaar oud. Sy gedenkdiens is op 30 Mei gehou.
Jan Botha

Dan het Jan Botha, destyds die fabrieksbestuurder in Pretoria-Wes, einde April vanjaar aan kanker gesterf. Hy was 80 jaar oud.

Jan was ‘n legende in amateurboks en het verskeie SA kampioene by die Phoenix-boksklub afgerig. Sy seun Francois was die IBF en die WBF swaargewigkampioen.