Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

11.10.13

Julle moes sy gesig sien

Hanekraai, personeelblad van die APB, het in Julie 1970  soos volg berig:


Johann Liebenberg
Willie Havenga
JOHANN LIEBENBERG, Die Vaderland se politieke korrespondent, en fotograaf WILLIE HAVENGA was toe oorsee -- en dit nogal saam met die Eerste Minister, mnr. John Vorster, en dié se geselskap.

Vir Johan was dit nou nie juis 'n snaaksigheid om hom anderkant die groot blouwater te begeef nie, want hy

10.10.13

Groter of kleiner

Navrae is al ontvang oor die grootte van K’rant en die vertoning daarvan op ‘n rekenaarskerm. Die belangrikste vraag is of die letters groter gemaak kan word.

Die antwoord is: ja. Druk en hou die “control-”knoppie (Ctrl, links onder op die sleutelbord) in en druk terselfdertyd die “+” of “-“ knoppie. Die inhoud op die skerm sal onderskeidelik groter of kleiner word. Die werk met enige webtuiste.

Hans fnuik die veiligheidspolisie

Add caption
HANS LOMBARD skryf: Ná my artikels oor my wedervaringe agter die Ystergordyn en Moskou verneem Peet Simonis of die veiligheidspolisie my nie wou skep met my terugkeer nie. (Net terloops, Peet, ek is Lombard en nie Lombaard nie, asseblief.)

Nee, voor my vertrek moes my paspoort op spesiale versoek deur Buitelandse Sake geëndosseer word dat ek magtiging het om die

9.10.13

Winste van die sypaadjie-joernalis: dis wát jy optel

AMANDA BOTHA skryf: Nou en dan kry ek die geleentheid om te besin oor my loopbaan in die joernalistiek wat oor vier dekades loop. ‘n Loopbaan wat verskeie systraatjies bewandel het, maar altyd gewortel was in dissipline van die joernalistiek. As ek terugkyk – en soms die geleentheid kry om bestek op te neem, is ek so dankbaar vir die voorreg om in so ‘n beroep te kon staan.

8.10.13

Bietjie-bietjies, maar kort-kort

Die koevert hieronder het verlede week vir die eerste keer onder elke storie in K'rant verskyn.  Die idee is dat lesers met een klik by 'n epos-skerm uitkom waardeur hulle 'n brief aan 'n redakteur van K'rant kan stuur.

Lala Wahl het die voortou geneem en gou-gou drie briewe gestuur.  Kortetjies.  Dis wat ons vra.  Bietjies-bietjies,  maar kort-kort en kort, kort.  Dit

Genade, die genot!

LALA WAHL skryf: Genade, dit is tog so genotvol en meestal komies om na ons ou koerantjare teruggevoer te word!

ssie, dankie vir die herinnering aan die "Alewyn-bedanking". Ek het nooit die hele relaas gehoor nie, al het Wyn nog soms by ons in Kemptonpark kom kuier.

'n Segding van hom, ook net ná een OBS te veel, wat my steeds laat skater, was "my sussie is so vrugbaar, as jy haar groottoon afsny, groei dit dadelik weer aan".

Hier’s Alwyn en Garies

JOE VAN BUUREN skryf: Ek sien Johann “Essie” Esterhuizen vra waar Alwyn Strydom hom deesdae bevind.

Alwyn het met die verloop van tyd die joernalstiek verlaat en hom in die invoer/uitvoer -bedryf gevestig. Hy het intussen die tuig neergelê en woon tans op Kemptonpark.

Andries “Garies” van Zyl het ook in die jongste tyd ‘n paar keer in K’rant gepryk, al het hy nooit by Perskor gewerk nie.

Dis spesiaal!

LALA WAHL skryf: Bennie Neethling se fotoversameling (klik HIER) is nou wraggies spesiaal en kosbaar!

Dis so jammer dat ons nie 'n groot uitstalling kon hou met almal en veral ook fotograwe soos Nardus Nel, Wessel Oosthuizen en ander se werk nie.

Ek het 'n vermoede dat Joe Venter ook 'n lang-vertel-fotoversameling kan hê!

Hoera vir die nuwe kode

LALA WAHL skryf met verwysing na Perskorhaan se hempdagstorie (lees HIER): Gits, ek is bly dié gewoonte was lánk voor my tyd! Die dasse sou my gewurg het en laat voel het of ek op die skoolbanke sit! Hoerá vir die verslapping in die werksdragkode!

Ou Vaderlandberigte gevra

ELOISE PIETERSE van Pretoria skryf: Ek het op julle webtuiste afgekom, want ek soek ‘n spesiale geskenk vir my pa, Johann Pieterse, destydse verslaggewer in die sportafdeling. Hy het onder andere fietsry vir Die Vaderland gedek. Hy bly steeds in Pretoria en werk as die maatskappysekretaris vir die JD Group. Ek dink hy mis elke dag nog die koerantdae.

7.10.13

Fotodag 6: ’n Onverwagte uitklophou, luislange en oudstryders

BENNIE NEETHLINGH skryf: Die bokstoneel in die middel is ‘n foto wat ek in die vroeë jare sestig in Pretoria vir Die Transvaler geneem het. Dit was die universiteitsbokskampioenskap en die hoofgeveg van die aand.

Neil Steyn was DT se verslaggewer en ek die fotograaf. Neil het vir my gesê om maar reg te staan, want Botha, van die Universiteit van die

4.10.13

Vrydag is hempdag

'n Advertensieman van Die Vaderland sal liewer op 'n Vrydag stokkiesdraai of siekspeel as om met 'n wit hemp werk toe te kom. Want Vrydag is Hempdag.

Loer gerus na die manne op 'n Vrydag. Die een se hemp is bonter as die volgende ou se Josefskleed. Dit wissel van "shocking pink" tot

Hans verras Rika in Luanda

RIKA VAN GRAAN skryf: Dis met weemoed dat ek Hans Lombard se stories gelees het. Dit het my onwillekeurig laat terugdink aan my vriendskap met hom 1972. ’n Ware en beter vriend kon geen mens voor vra nie!

Toe Marius Jooste besluit het om my Engeland toe te stuur vir mediese ondersoeke by Newcastle-on-Tyne was dit Hans wat my bearbei het

3.10.13

Donkie kos Joe sy baadjie en das

JOE VAN BUUREN skryf: André van der Merwe se voortydige dood het my herinner aan die tyd toe ek en hy saam oor ‘n storie verslag gedoen het.

Twee Suid-Afrikaanse weermaglede is daarvan aangekla dat hulle ‘n meisie van Botswana verkrag en vermoor het.

2.10.13

The wrong magazine was closed

In Part 1, SUZANNE BRENNER related the background to her appointment as editor of DARLING and the uproar that ensued. Accepting the position on condition she could move the magazine to Johannesburg, it came at a price she’d not really given much thought to. For some it might have been a slight inconvenience, but for Suzanne it meant overcoming a real phobia – her fear of flying.

1.10.13

Alwyn se unieke bedanking

JOHAN ESTERHUIZEN skryf: Lala se foto's van Alwyn Strydom se afskeid (wat ek jammer is ek het gemis as ek so daarna kyk) het my laat terugdink aan iets wat Alwyn gedoen het wat (waarskynlik) nog nooit in die geskiedenis van die wêreld geëwenaar is nie.

Hier is dit: Alwyn het sy bedanking as sportskrywer van Die Transvaler op Vegkop se kroeg se toonbank op 'n paar velletjies toiletpapier geskryf!

30.9.13

Fotodag 5: ABJ en sporthelde

WYLE ANDRÉ (ABJ) PIENAAR se neef JACO HENNING het vir K'rant 'n klompie foto's gestuur waarop sy oom verskyn.

As sportskrywer het ABJ onder meer oor fietsry en boks berig. Hy het ook 'n jeugboek oor boks geskryf. Die eerste van die foto's is saam met sportmanne oor wie se doen en later hy gerapporteer het.

27.9.13

Peet se waagstuk

PEET SIMONIS skryf: Hans Lombaard, ek glo ek praat namens ons almal van K'RANT as ek jou gelukwens met jou merkwaardige reeks oor jou groot avontuur met die kleine Loyd na en van en agter die Ystergordyn.

Puik man!

26.9.13

'n Ontydige graf

PHILIP DEETLEFS skryf: Piet Roos se onlangse storie (klik HIER) het my laat dink aan 'n begrafnis wat ek destyds vir Die Transvaler moes bywoon. Ek kan nie meer onthou presies waar die begrafnis was nie, maar dit was destyds groot nuus.

Die storie was oor twee boesemvriende wat nog skoolkinders was, wie se maatjie selfmoord gepleeg het. Uit pure, ek weet nie mooi wat nie,

25.9.13

A call out of the blue

SUZANNE BRENNER writes: My introduction to Republican Press was a real baptism by fire. Luckily, I was not fazed by challenges, but the uproar that surrounded my appointment as editor of DARLING was nonetheless a test of endurance.

To contextualise this upheaval, perhaps I need to start at the beginning.

23.9.13

Fotodag 4: As jy vrou vat, vier jy dit

Toe GERHARD BURGER in Oktober 1967 in Port Elizabeth gaan verloof raak het, het die manne van Die Vaderland se kantoor in Pretoria 'n verskoning gehad om 'n ligte geselligheid te hou; onder aanvoering van André Verster.

Buiten die foto's hieronder het Gerhard laat weet dat verskeie "informele foto's"ook geneem is. Hulle word diep in sy trommel

20.9.13

Kontrak met ’n laksmannetjie

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Marshallplein was wêreldbekend as Johannesburg se polisiehoofkantoor met ‘n geskiedenis wat dekades terug strek. My eerste kennismaking met ‘n misdaadkonferensie in die historiese gebou het aan die verkeerde kant begin.

Daar was nie parkeerplek by die hoofingang nie en ek is in ‘n systraat afgelaai. Die selle was onder die gebou met ‘n rits vensters wat op

19.9.13

Aangename kennis, ek is van Die Transvaler

PIET ROOS het in Perskorhaan geskryf:  Hulle het my vertel dat elke koerantman stories kan vertel wat voorbladnuus sou wees, maar nooit geskryf word nie. Hierdie stories het met hulleself gebeur,

Ek is deur Die Vaderland gestuur na die begrafnis van die mense wat in die vliegramp in Natal omgekom het. Dit was die eerste keer dat ek na 'n begrafnis gestuur is en die fotograaf het ook nie veel daarvan gehou nie. "Te treurig," het hy gesê.


18.9.13

Joernaliste skryf en tiksters tik

HANS LOMBAARD het verlede week vertel van sy rit in Lloyd-motor na Moskou. Dié week vertel hy van hoogtepunte wat hy in Moskou beleef het.

Hans vertel van rolprente, sy kuier by die burgemeester, 'n besoek aan Prawda waar stories met die hand geskryf was en die verskrikking in die Auschwitz-konsentrasiekamp.

17.9.13

Eerste vrou Knipe die kat in die donker


JAPIE BOSCH skryf: “Nooit, nooit, nooit weer nie,” het dr AD Bensusan in Maart 1974 driftig gesê toe ek hom gevra het of hy weer burgemeester van Johannesburg sou wou wees ná sy pas afgelope termyn. Min het ek geweet watse skandaal en vernedering agter sy woorde was.

16.9.13

Fotodag 3: Kooivlooi, wat soek jy in my vlooikooi!

‘n Koerantman moet vat hy kry as dit by slaaptyd kom solank sy storie in die bed is.

Dié twee foto’s is drie en half jaar uitmekaar geneem van twee oud-kollegas wat dieselfde lot getref het ná ‘n uitputtende dag van stories jag vir hul koerante.

13.9.13

Sy rook die pyp – met ‘n pyp

JUTTA KRÖGER, 'n aanvallige advertensiewerwer van Aucklandpark, het eers dertig sigarette per dag gerook. Sy het toe 'n stryd teen die gifpyle aangeknoop wat sy móés wen. Nou het sy die pyp gerook -- met ‘n pyp!

Mej. Kröger het al baie metodes aangewend om minder te rook, maar almal het misluk. Sy het besef dat 30 sigarette per dag 'n bietjie kwaai is en het toe besluit om niks meer as vier per dag aan te steek nie.

12.9.13

Waardevolle koerantversameling soek tuiste

BENNIE NEETHLING, die laaste redakteur van Noordelike Stem/Northern Times op Kroonstad, skryf: Ek het heelwat staaltjies om te vertel, maar eers – my ou koerante – ek wens iemand wil dit kom haal, want indien ek doodgaan, gaan die goed waarskynlik ashoop toe, waar dit amper was.

Doer in die jare negentig het ek by ons Perskor-kantoor stilgehou en

11.9.13

'n Stel posseëls vir 'n Russiese visum

HANS LOMBARD het in April in K'rant geskryf oor die aanvang van sy rit in 1958 van Bremen, Duitsland na Moskou met 'n klein Lloyd-motor. Klik HIER om dit te lees. (‘n Reeks artikels het einde 1958 in Die Vaderland verskyn.)

Vandag vertel Hans verder, onder meer van die gesukkel om 'n visum te kry en eienaardige Russiese gewoontes..  Volgende week vertel hy van die hoogtepunte in Moskou onder meer sy besoek aan Prawda.


10.9.13

Gert se omgee atlete se hardekool

Gert le Roux
Nog ‘n huldeblyk aan wyle Gert le Roux, wat vanweë tegniese probleme nou eers verskyn.

INA VAN RENSBURG, Oudspringbokatleet en gewese atletiekmedewerker van Metro, skryf: Atletiekmense het gekom en gegaan, maar die groot gees, oom Gert le Roux, was maar altyd daar – in dekades se statistiekboekies, waarvan hy die meesterbrein was. Atletiek en die media is vandag baie armer, want hy was ‘n lewende atletiek-internet.

9.9.13

Fotodag 2: Wilma val ver

WILMA DEETLEFS het verlede jaar by Vic Falls besluit sy wil die afgrond af.Dié foto's  is in die volgorde van hoe sy haar hoogtevrees aangespreek het.

Na dese huppel sy op die randjies van enige afgrond rond sonder om te skroom.

Foto's gestuur deur Philip Deetelfs.

6.9.13

Dagbreek soek Rietbok met ’n duikboot

PEET SIMONIS skryf: Dit was 'n herfsaand - 13 Maart 1967 - toe ‘n Viscount-vliegtuig van die SA Lugdiens die lug laag oor hulle huis by Kayserstrand naby Oos-Londen geskeer het. Die 73-jarige mnr Mike Ford het vir sy vrou geskree om te kom kyk. Sy was betyds om met verbasing saam met hom die vliegtuig se roterende rooi lig te sien verdwyn agter die donker buitelyne van die boomplantasie wat hulle aftreehuisie se uitsig na die see versper.

(Swart-en-wit-foto's ontvang van Peet. -- Red.)

5.9.13

Oor harde man Hennie en sosiale ou Otto

WILLIE BUYS skryf: Frikkie van der Walt, deurwinterde en veelsydige joernalis, se skrywe anderdag waarin Otto Krause en Hennie Kotze albei gefigureer het, het allerlei herinneringe by my wakker gemaak. In wyle Hennie se geval het dit my teruggeruk na my vormingsjare as joernalis by ook wyle Die Transvaler.

4.9.13

Andries wou nog weet, toe hoor hy stasiebom

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: In die jare sestig het ‘n voornemende joernalis se loopbaan in Die Transvaler se telekskantoor as papierskeurder begin. Anders het jy handgeskrewe briewe oorgetik of in die biblioteek beland waar jy elke dag se berigte uitgeknip en op A4-blaaie vasgeplak het. Dis volgens ‘n onderwerp soos boks, stoei, politiek, misdaad, hoofartikels, ens geliasseer. Dieselfde geld vir foto’s. Onderskrifte is uitgeknip en agter op foto’s geplak waarna dit ook

3.9.13

Die geïsoleerde gaan Spele toe!

JOHAN VAN WYK skryf: Doer in 1984, met Suid-Afrika in die middel van amperse totale sportisolasie, roep Wimpie de Klerk my eendag na sy Rapport-redakteurskantoor.

"Wil jy Olimpiese Spele in Los Angeles toe gaan?" sê-vra hy. Toe ek my asem terugkry, sê ek vir hom NATUURLIK, maar weet hy dat 'n SA persman by 'n Spele geen akkreditasie gaan kry nie; nie naby 'n
persbank met sy TV-skerm by elke sitplek toegelaat sal word nie; nie uitslae gaan kry nie; geen onderhoude kan bywoon nie ¬ - en tussen die 90 000 toeskouers sal moet sit en sy werk probeer doen?

2.9.13

Gee kleur aan K'rant: Maandae is voortaan fotodag


Maandae is voortaan fotodag in K’rant. Ons wil foto’s van jou as oudkollega, hetsy uit jou dae by Perskor of oor gebeure in jou alledaagse lewe, hier plaas.

Ons wil graag sien hoe en wat jy gedoen het van die dae her tot vandag. Wat het jy aangevang toe jy jonk was? Was jy miskien Mej Hoërskool of Mnr Tawwe Tienie. Wat het jy tydens jou Perskordae gedoen? Wat doen jy nou?

Fotodag 1: Dit behoort aan Lala

LALA WAHL het dié twee foto's aangestuur.

Dit is die eerste foto's van ons gereelde fotodag wat vandag begin en elke Maandag sal verskyn. 

Staan 'n uur dié week af om deur jou bêregoed te gaan en gepaste foto's met byskrifte aan ons te stuur.  Die redakteurs kan gekontak word deur

30.8.13

Johnny was ’n buurman duisend

PIET EBERSöHN skryf: Toe ek nou die dag weer Philip Deetlefs se storie oor die rugbywedstryd tussen Polisie en Wits lees, met sy verwysing na die linkse en antichristelike Witsies (lees hier), dink ek aan ons buurman in Westdene, waar ek en Philip en Wilma in ‘n huis gebly het. Johnny Holloway was as faktotum aan die Universiteit van die Witwatersrand verbonde en – hou vas – die voorsitter van die HNP-tak op die kampus.

Navorsing oor André Pienaar gedoen

Jaco Henning van Ellisras, skryf: Ek is familie van André Pienaar, wat `n skrywer by van die Perskorkoerante was. Hy het ook twee boeke geskryf,
naamlik.

• In die Groot Bokskryt
• Kommisie Sakdra

29.8.13

Ontgroening laat Charl groen om die kieue

CHARL THOM skryf: Een van my eerste (en naarste) onthoubare ervarings as joernalis was in my heel eerste pos by die SAUK se nuuskantoor in Durban. Ek is sommer dadelik in die diep kant ingegooi op die misdaad-‘beat’. (As daar dalk ‘n goeie Afrikaanse woord is vir ‘beat’ het ek nog nie daarvan gehoor nie.)

Die vorige misdaadverslaggewer, wat toe pas aangeskuif het na ‘n beter
betalende pos het darem goedgunstig sy kontaklys aan my verskaf. Dit was my taak om dié mense daagliks te bel en ook soveel moontlik te besoek.

Wat ek nie geweet het nie, was dat daar ‘n gebruik was dat elke nuwe misdaadverslaggewer ‘ontgroen’ word. My eie ‘ontgroener’ was ene sersant Meyer wat in beheer was van die Staatslykshuis.

28.8.13

Rolprente om ons ons koerante te “stoot"

HEINE TOERIEN, Perskor se publtsiteitsman, het onlangs die draaiboeke vir twee kort advertensierolprente, een vir Die Transvaler en die ander vir Die Vaderland, voorberei, die dienste van 'n filmmaatskappy bekom, en toe 'n bietjie agter die kamera's en goeters ingespring om die skietwerk af te handel. Hierdie films is in Maart 1975 uitgereik en word in inryteaters en in 'n paar stadsteaters aan die Witwatersrand vertoon.

27.8.13

Hierom is hy Die Horse

GERHARD BURGER skryf na aanleiding van Willie Buys se vraag “Hoekom is hy Horse”?: Harry het moontlik sy bynaam gekry van 'n karakter in Damon Runyon se boeke. Miskien het die welbelese Willie Roux iets daarmee te doen gehad; of Phil Zaayman, wat ook 'n aanhanger van Runyon was.

Harry en Willie en Wessel O en 'n paar ander manne is destyds dikwels

Lou in die pekel

LALA WAHL krap dié spotprent van Lou Henning tussen haar herinneringe uit.

Die verskyning van haar en Joe Venter se gesigte (uit die hele sportredaksie) tussen die sporthelde van destyds het Lou nogal ongewild in die Houtgang gehad.

26.8.13

Voortreflike en beminde Gert se spore sal nooit toewaai nie

Die gewese Voortrekkerpers- en Dagbreekpersjoernalis, GERT LE ROUX, wat onlangs op 78 in Pretoria aan hart- en longmoeilikheid oorlede is, het as administrateur, statistikus en joernalis diep spore in Suid-Afrikaanse atletiek getrap.

Ná sy universiteitsopleiding aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat het hy in 1956 by die destydse SA Uitsaaikorporasie in diens getree.

Hy was van 1959 tot 1962 lid van die sportredaksie van Die Transvaler in Braamfontein. Hy is daarna na Dagbreek en Sondagnuus in Doornfontein en later in Aucklandpark. Dié koerant het later met Landstem saamgesmelt om Dagbreek en Landstem te word.

23.8.13

Ontugwet plaas rustige Excelsior met ‘n knal op wêreldkaart

WILLIE BUYS skryf: Dit was kort nadat ek my eerste amalgamasie van koerante (Dagbreek en Sondagnuus en Die Beeld) beleef het en by die destydse middagblad Die Vaderland ingedeel is in die nadraai van dié samesmelting. Die toentertydse nuusredakteur van Die Vaderland, die immergewilde Frans du Toit, nou saliger, het my op ‘n keer ingeroep en opdrag gegee om verslag te gaan doen oor een van die grootste stories van my lang loopbaan.

22.8.13

Gert Vrydag begrawe

Die begrafnisdiens van oudkollega GERT LE ROUX vind om 11:00 Vrydag 23 Augustus 2013 in die NG Kerk Faerie Glen, Glenwoodweg 429, Faerie Glen, Pretoria, plaas.

Noord-Transvaler skenk petrol aan Rhodesië

BENNIE NEETHLING, oudredakteur van Noordelike Stem/Northern Times op Kroonstad en gewese redaksielid van Die Noord-Transvaler op Pietersburg (nou Polokwane) skryf: Die Noord-Transvaler het iewers in die jare sestig ‘n hele sewe konkas petrol aan die destydse Rhodesië (nou Zimbabwe) geskenk. Oom Hennie de Klerk, ‘n direkteur van die maatskappy en voorsteller van die idee, en die koerant se verslaggewingspan, bestaande uit Neels Steenekamp,

21.8.13

Jasper se huis beplak

Met JASPER SCHELLINGERHOUT, hoofsub van Die Vaderland, se vertrek in Mei 1977 na Port Elizabeth waar hy as streekredakteur van Die Landbouweekblad aangestel is, het hy 'n groet van sy kollegas gekry wat hy en vroulief, Christel, nie maklik sal vergeet nie. Toe dié egpaar ná werk tuiskom, was die mure rondom hul huis met tientalle Vaderland-plakkate beplak.


20.8.13

Uitgeplukte film red my van 90 dae se opsluit

PEET SIMONIS skryf: Herman le Roux se mooi storie oor ons ou mater Neil Steyn (mater is Neil se woord), het ek baie geniet. Ek en Neil was dieselfde jaar in matriek in dieselde skool in Bloemfontein en ek en Herman het saam by Volksblad gewerk vir ses jaar ... lekker jare.

Herman en sy vrou (naam is Rina as ek na ‘n halfeeu nog reg onthou) het in 'n baie oulike huis gewoon en het nie omgegee dat ek en Esther