Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

4.10.13

Vrydag is hempdag

'n Advertensieman van Die Vaderland sal liewer op 'n Vrydag stokkiesdraai of siekspeel as om met 'n wit hemp werk toe te kom. Want Vrydag is Hempdag.

Loer gerus na die manne op 'n Vrydag. Die een se hemp is bonter as die volgende ou se Josefskleed. Dit wissel van "shocking pink" tot
skarlakenrooi met geel kolle.

Net na koffietyd sal die manne almal in mnr Jan Ferreira (advertensiehoof) se kantoor vergader vir die groot oomblik. Die meisies en tiksters op kantoor moet dan beoordeel wie se hemp is die mooiste. Elke ou moet vyf sent betaal om deel te neem en die wenner vat die pot.

Gebeur dit dat 'n advertensieman se bont hemde algar in die wasgoedmandjie is en hy waag dit om op 'n Vrydag met 'n wit hemp op te daag, word hy summier met 'n rand beboet - en geen verskoning word aanvaar nie.


Hier staan die manne "op parade" in hul veelkleurige hemde. Van links af is: Louwtjie van der Merwe, Willem Cremer, Chris Pelser, David Finnie. Cor Blackie, Lukie Pretorius, Ken Mathew, Frans Campbell; Frik Olivier, Gert le Roux en Lappies Labuschagne. --  Perskorhaan, November 1971.