
Doer in die jare negentig het ek by ons Perskor-kantoor stilgehou en
die ou koerante agterop een van ons bakkies sien lê. Ek vra toe vir die bestuurder van die bakkie, wat met die koerante gedoen moet word. Hy sê die drukkerybestuurder het hom aangesê om die koerante op die ashoop te gaan gooi. Ek sê hom toe hy kan dit sommer in my kantoor kom gooi. Só het ek die spul gered.

Die nuus was nie net van Kroonstad nie, maar nuus van oor die wêreld. Daar is baie berig oor die Tweede Wêreldorlog. En in 1952 ook, bv, oor die Van Riebeeckfees in Kaapstad. Daar is baie interessante beriggies oor olie naby Aliwal-Noord en goud wat tussen Kroonstad en Steynsrus is, wat wag om ontgin te word!
So, wie ookal ‘n bakkie of afleweringsvoertuig in die hande kan kry, is welkom om dit te kom oplaai.
Foto's bo:
Die stapels ou koerante in my besit:
Nr 1 is van 1919 tot ongeveer 1947 en
Nr 2 van die jare vyftig tot die koerant se einde in die laat jare negentig.
Voor die sluiting was Noordelike Stem/Northern Times, wat in 1902 gestig is, die oudste koerant in die Vrystaat. Sedert Naspers dit oorgeneem en gesluit het, spog Volksblad met dié onderskeiding.