PIET ROOS skryf: In Die Vaderland se dae had ons baie interessante dinge beleef, in die dae toe Hillbrow nog Hillbrow was en mens snags daar kon rondsluip sonder vrese. Toe het wille katte daar rondgeloop..Dit was die tyd van Glenda Kemp met die slangetjie, Oupa. En die man-nou-meisie, Paula. En Athens by Night en artistieke vertonings wat in donker plekke gehou is. En die kat van die aand was natuurlik Ultra















