 |
| Hermie Hendriks |
PIETER HAASBROEK skryf: My voltydse werk is om ou
storieboeke van FA Venter, Gerrie Radlof, Braam le Roux en vele ander
weer die lig te laat sien, deur die boeke as e-boeke uit te gee op
Amazon, Google en ander platforms, in Afrikaans en Engels.
Ek
het reeds meer as 230 boeke van bv. Die Sahara Avontuur reeks, Swart
Luiperd Reeks, Oloff die Seerower reeks en andere uitgegee.
Ek
weet dat Hermie Hendriks op 25 Junie 2020 oorlede is en sal baie graag
met sy dogter wil kontak maak oor haar pa se Diamantveld Avontuur reeks
van 12 boeke wat hy geskryf het.
Ek sal dit dus hoog op prys stel indien julle my Hermien se e-pos en/of foonnommer kan gee om haar te kontak.
en op Amazon sal die e-boeke wat ek uitgegee het, opgespoor kan word deur bv. my naam "Pieter Haasbroek" in
amazon.com in te tik.
Laat weet my asseblief of julle my dalk kan help.Ek sal dit hoog op prys stel.
Groete uit die Strand in die Weskaap.