SCHALK SWANEPOEL skryf: Dit was redelik onlangs dat ek K’rant op die internet ontdek het – ’n ontdekking wat my gedagtes meer as 40 jaar teruggevoer het na die begindae van Hoofstad en Oggendblad.Laat my begin deur te sê my verbintenis met Hoofstad en later Oggendblad spruit nie uit die redaksionele sy van hierdie twee publikasies nie, maar wel uit die tegniese kant. Ná my vakleerlingskap by die Pretoria News in die jare sestig – aanvanklik as handlettersetter en later as Linotype-operateur – het ek my in 1970 by Hoofstad as Linotype-operateur aangesluit.





































