Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

19.5.14

Fotodag 29: 'n Partytjie vir die redaksies

MNR HENRI LAURIE, ons adjunk-besturende direkteur, het onlangs (1974 –Red.) 'n onthaal vir redaksielede by sy huis gereël om dankie te sê vir die spanpogings wat daartoe gelei het dat daar ‘n styging in die sirkulasiesyfers van veral Die Vaderland en Die Transvaler was.

Hieronder is 'n paar foto’s wat tydens die geselligheid geneem is.

Wynand Strydom, Salome Thöle, Harry Lombard, Dawid van Rooyen, Leendert Pieterse.
Annamarie Botha en haar man, Koos, luister aandagtig na iets wat Salomo Thöle se man, Valdor, verduidelik.
Mev Willem Knoetze en Johan Snyman beduie aan Willem (Knoetze) dat hy aan die verloorkant van die argument is.
Jaap Swanepoel dink solank mooi na hoe hy op ‘n groot waarheid van mnr Marius Jooste kan antwoord terwyl Abel van Niekerk (in die agtergrond) aan ‘n souterigheídjie kou.
Die gasvrou, mev Laurie (in die middel), lag lekker saam met mev Hermie Hendriks (links) en mnr en mev Otto Schwellnus aan weerskante van haar.
Is dit 'n sportsaak wat John Moodie hier aan Gerhard Burger verduidelik?
Bienkie en Frans Wessels deur Doug Jones  "geskei".
Dis Piet Ayres wat ‘n saak aan Jasper Schellingerhout stel terwyl hul gades met eerbied luister.
"Dis juis die punt . . . ”. Hermie Hendriks aan Andries Botha.
Marius Jansonius luister met aandag terwyl Danie Malan gesels.
John Moody en sy vrou, Cathy, geniet 'n grappie van die gasheer, mnr Henri Laurie, en Doug Jones het iets vir die fotograaf te sê.
Uit: Perskorhaan, Oktober 1974.