Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

27.8.12

Kapitaal vir die onthoubank

AMANDA BOTHA skryf: Ek het groot waardering vir wat julle doen – om ons so bymekaar te hou en die herinneringe-bank as’t ware met kapitaal te laai! Dankie daarvoor.

Ek het heelwat om te kan deurgee – is nou besig met sulke dinge se uitsortering. Wat die hofsake betref waarby ek ’n betrokkenheid gehad het, is ek nou besig om dit te verwerk as deel van ’n biografie oor die advokaat Wilfrid Cooper. Ek het dikwels met hom saam gewerk. Onder die sake wat ek hier gedek het, is Tsafendas, Biko, die Swapo-saak, verskillende sg. terroristesake en dan die groot moordsake waar onder die Lehnberg-saak.
Ek probeer eers net al my dinge georganiseer kry omdat ek soveel tyd met my trekkery verloor het en werklik veel hooi op my vurk het.

Voorspoed met wat julle doen – en spesiaal dankie ook daarvoor.