Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

28.8.12

Joe vind Peter van die Sans

JOE VAN BUUREN skryf: Diegene wat destyds by die Sans Souci gekuier het, sal die eienaars, Peter en Panos, onthou. Peter het dikwels arm joernaliste se salarstjeks by die hotel gewissel.

Ek het hom nou die dag toevallig raakgeloop. Hy besit en bedryf nou ‘n restaurant in Senderwood in Bedfordview, oos van Johannesburg. Die voorstad spog met ‘n groot Griekse gemeenskap en is ook die tuiste van die Saheti-skool.

Peter is nou heel grys, maar sy Afrikaans is steeds puik en hy onthou al die name van destyds. Ek sal na Panos vra wanneer ek weer daar gaan eet.

(Joe, nou wonder almal wat die restaurant se naam is! – Red.)