Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

19.8.13

Sportskrywer Gert le Roux oorlede

GERT LE ROUX (78), oud-sportjoernalis van onder meer Die Transvaler, Die Vaderland en die Sondagkoerant Dagbreek is Saterdag  in ’n Pretoriase hospitaal oorlede. Hy het hart- en longprobleme gehad.

Gert was van 1971 21 jaar lank sekretaris van die eertydse Suid-Afrikaanse Amateuratletiekfederasie (SAAAU) en was meer as 50 jaar betrokke was by die uitgee van die Suid-Afrikaanse atletiekjaarboek.

Moet tog nie vir Gerhard vra hoe was sy toer-vakansie nie

GERHARD BURGER, destyds Die Vaderland se sportredakteur, vertel dat die toer saam met Hannes Marais se Springbok-rugbyspan in 1971 na Australië geen vakansie was nie. Dié storie het in Augustus 1971 in Perskorhaan, personeelblad van Perskor, verskyn. (Die foto links is in 1973 geneem. - Red.)

16.8.13

Harry Lombaard met 'n hamer aangeval

HARRY LOMBAARD, sportjoernalis van onder meer Die Vaderland, is vroeër dié week ernstig aangerand. Hy is met 'n hamer geslaan en het skedelbreuk.

Gerhard Burger het laat weet dat hy met die “Horse” se vrou, Maryna, gesels het. Sy het vertel dat Harry in die intensiewe sorgeenheid van die hospitaal behandel is, maar dat hy vandag (Vrydag) na 'n gewone

Pretoria se viole galm in Kimberley

PIET EBERSöHN skryf: Ek het iewers al vertel van my bra traumatiese eerste joernalistieke kennismaking met die tema grondbewaring. In ’n ander werkkring het ek ’n aansienlik opwindender ervaring met dié saak gehad.

In die eerste helfte van die 1980’s rond het ek ’n kongres van die Noord-Kaapse Landbou-unie (NKLU) op Kimberley bygewoon om

15.8.13

As lekker langer as ’n vinger lank raak

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Die Transvaler het benewens sy joernaliste en fotograwe op ‘n string medewerkers en korrespondente staat gemaak om die nuusnet so wyd moontlik te gooi. Een van hulle, Otto Krause, was ‘n politieke skakelman wat sakemanne op die hoogte van politieke verwikkelinge gehou het en hoe dit hulle ondernemings kan raak.

14.8.13

Blou Bul ‘Otter’ sag soos lam, onthou soos olifant en werk soos esel

HERMAN LE ROUX, gewese sportredakteur van Die Volksblad en van Beeld, skryf: Otter was sy bynaam op skool, maar dit is nie ‘n vleiende beskrywing van die Neil Steyn wat ek ken nie. Eintlik is hy so sag soos ‘n lammetjie; het hy die geheue van ‘n olifant en hy kan werk soos ‘n esel. En nog nader aan die diereryk is hy ‘n ondersteuner van die Blou Bul in murg en been.

Kleinood uit die teeblik

LALA WAHL skryf: Toe ek vanmiddag my ou 3-lb-Mazawattee-teeblik oopmaak, wat my skoonma, Hester Malan, jare gelede met allerhande snuisterytjies daarin vir my gegee het, kom ek onder meer op dié kosbaarheid van Herman Gouws af.

13.8.13

Emmie laat die mense na hul asem snak in hitstjor-ren!

"JY gaan vanmiddag 'stokkar' ry!" het Tom Buys, nuusredakteur van Die Vaderland, onomwonde gesê terwyl sy "slagoffer", verslaggewer Emmie (Bornman) Gous, so blekerig om die kiewe word.

Maar Tom is nie 'n man wat van teëpraat hou nie en Emmie en fotograaf Frank Rossouw is weg na die Randse Paasskou se arena waar die hitsmotors elke aand gejaag het.

12.8.13

G’n groter vriend in nood

ANDRÉ VAN DER MERWE, ‘n oudkollega onder meer by Perskorburo en Die Vaderland, is verlede week oorlede.


Só onthou sy kollegas hom:

9.8.13

Redakteurs hou makietie

Dit was 'n behoorlike makietie wat onlangs (Desember 1973) aan huis van mnr en mev Marius Jooste, besturende direkteur van Perskor, vlakby die pragtige Johannesburgse Dieretuinmeer gehou is.

Dit is nie elke dag dat mnr en mev Jooste daarin slaag om al die Johannesburgse en Pretoriase redakteurs en hul vroue aan dieselfde

8.8.13

André van der Merwe oorlede

ANDRÉ VAN DER MERWE, gewese verteenwoordiger van Perskorburo in Port Elizabeth en later ‘n redaksielid van Die Vaderland in Johannesburg, is Dinsdag, 6 Augustus 2013, oorlede.

Die oorsaak van sy dood is nog onbekend.  Volgens 'n niggie, Leonora Jackson, was André in 'n buitekamer besig om te werk.  Sy vrou, Denise, het hom daar gekry.

Alwyn se 'mistieke' afskeid

LALA WAHL het lank gelede ‘n klompie foto’s gestuur van Alwyn Strydom se afskeid onderweg na Australië. Die afskeid is op die destydse Lughawe Jan Smuts voortgesit en is verder verleng omdat die vliegtuig laat was. K’rant het probeer om ‘n storie oor die partytjie te kry, maar dit was blykbaar só ‘n sukses dat niemand iets daarvan kan (of wil) onthou nie. Nietemin, hier is die foto’s van die mense met kollektiewe geheuverlies.

7.8.13

Verslaggewer 40 jaar gelede

PHILIP DEETLEFS skryf: Vanjaar is dit 40 jaar gelede toe ek in Aucklandpark by Die Transvaler se redaksie ingeval het. Pas klaar met twaalf jaar op skool, ’n jaar se diensplig en ’n jaar op universiteit.

Vandag kan ek lekker terugdink aan die stuk of 17 jaar wat ek in die joernalistiek betrokke was.

Een van my heel eerste gewaarwordinge van die nuwe wêreld waarin ek my begewe het, was dat dit hoegenaamd nie ‘n beroep met aansien is nie, soos Frans du Toit duidelik uitgestippel het met sy vertellinge van hoe moeilik dit was om mense te kry om die werk te doen.

Lani sê dankie

Lani Botha, oudste dogter van Andries Botha wat onlangs oorlede is, skryf:

Geliefde mense

Hier bevind ek myself weer in die donker ure – voorstedelike honde reeds stil en voëltjies nog nie aan’t tjirp nie, selfs Johannesburgse verkeer stillerig. Steeds op soek na brokkies van my pa. Toe kom ek af op K’rant se huldeblyke …

Kostelike en veelsydige herinneringe vol deernis en waardering. Hulle trek eindelose trane … soos uit ‘n lap wat net nie wil droog nie, soos ‘n nat Kaapse winter. En dít na amper ‘n week van sekerheid dat ek die hef van aanvaarding en humor (soos dit die oudste dogter betaam) stewig in die hand het – sonder omkyk of soutpilaar word.

6.8.13

500!

K’rant het gister sy 500e storie geplaas -- ‘n bietjie meer as 14 maande nadat hy die lig gesien het. Heel gepas was die storie deur Piet Ebersöhn geskryf, die man aan die stuur.

Geluk, K’rant. Geluk, Piet. Geluk en dankie aan al die bydraers.

Nou vir die volgende 500 stories! Die redaksie en die lesers wag gretig. En onthou die foto’s vanmelewe se dae.


Aflegging is nie noodwendig altyd sleg nie

TOM CAIRNCROSS skryf: Toe ek en Rean Steenkamp so ‘n klompie jare gelede die onaangenaamheid beleef het om onder andere afgelê te word, het die toekoms nie te rooskleurig gelyk. Nie net die geldelike dilemma nie, maar om elke dag sinvol besig te bly. Rean in sy fleurige dertigerjare en ek in sy middel vyftigerjare.

5.8.13

Transvaler troef Volksblad op eie werf

PIET EBERSöHN skryf: Dit was halfdrie, drieuur in die oggend. Die laaste uitgawe van Die Transvaler was pas in die bed en die laat skof se manne het ontspannend agteroor gesit met ’n dop, wat by Vegkop laat haal is, om die dag se woelinge in rustige oënskou te neem.

Toe lui die telefoon …

2.8.13

Andries stil-stil ’n baanbreker

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Nog 'n seder tuimel. Dit voel soos nou die dag dat dr Willem de Klerk in die Melkweg tent gaan opslaan het voordat Andries ook daar gaan uitspan het. 'n Mens was gewoond om hom tydens die jaarlikse Perskor-ete te sien. Hy borrel en bruis van groep tot groep. Lag hier en grap daar en nou is hy weg.

Ek het Andries ontmoet nadat ek Die Vaderland vir meer geld by 'n

1.8.13

Deurwinterde nuusman vir K’rantspan

CHARL THOM is K'rant se nuwe mederedakteur.  Hy vul die vakature wat gelaat is ná Andries Botha se heengaan.

Charl het grootgeword op ’n plaas in Noord-Natal in die distrik Utrecht en in 1961 aan die Hoërskool Volksrust gematrikuleer.

Ná sy Weermagopleiding is hy na Tukkies waar hy ‘n BA-graad

31.7.13

Uitgevee

GERT BASSON skryf: Die prikkelende stories oor Marius Jooste in K’rant, het my laat dink aan ‘n voorval pas nadat Voortrekkerpers en die Afrikaanse Pers Bpk. saamgesmelt het om Perskor te word. Marius Jooste se stewige hand aan die stuur.

Ons Voortrekkers moes sak en pak van Braamfontein na Doornfontein verhuis – nuwe gebou, nuwe kollegas.

30.7.13

Johnny onslaan Hendrik en Sipke tegelyk

SIPKE DE VRIES skryf: Oorlede Andries Botha se verwysing na Danie Scholtz, die redakteur van Vleis/Meat, laat my terugdink aan die dag toe Hendrik Vorster en ek summier deur Johnny Johnson ontslaan is.

Hendrik was The Citizen se nuusredakteur en ek was assistent- nuusredakteur.

Wel te ruste, Andries

JOE VAN BUUREN skryf: Die gedenkdiens vir Andries Botha is Vrydag 12:00 by die NG Kerk Vergesig in Brixton gehou.

Buiten die groot getal gesins- en familielede, was daar ook ‘n stewige afvaardiging van Andries se eertydse kollegas teenwoordig. Onder hulle was Hermie Hendriks, Koos Botha, Sieg van Niekerk, André Scheepers, Piet Ebersöhn, Frik van der Walt en ek.

29.7.13

Andries Botha se oud-kollegas bring hulde

Andries Botha, immer-gewilde en joviale Perskor-joernalis is verlede Maandagoggend onverwags in sy slaap oorlede. Hieronder is huldeblyke van oud-kollegas.

Wyle Andries Botha en sy vrou, Elna, vroeër vanjaar by die Perskor-reünie.
Foto:  Peet Simonis.

My pa, Andries Botha

Lani Botha, wyle Andries Botha se dogter, het dié besonderhede verskaf.

Andries Jakob Botha (72) van Rooseveldt Park, Johannesburg, is in die vroeë oggendure van Maandag 22 Julie, 2013 in sy slaap oorlede. Gebore op 28 September 1940 te Steynsburg in die Oos-Kaap met Ronnie en Ana Botha as sy ouers, is hy op 17 Desember 1970 getroud met Elna Delport. Sy oorleef hom.

26.7.13

Superman en die tiekieboks

HESS CUMMING skryf:: Dis nie net slimfone wat 'n koerantman uit 'n penarie kan help nie - ek onthou hoe 'n "stukkende" tiekieboks sportskrywer, Johann de Beer se bas gered het.

Ná die Oggendblad-dae het ek Johann weer by die Pretoria News raakgeloop. Boks was Johann se forte en eendag moes hy 'n groot geveg in Johannesburg gaan dek. Ek is saam om 'n stoep te skryf.

25.7.13

Regstelling

Lani Botha, dogter van Andries Botha het laat weet:  "my pa is om 02:00 Maandagogend, 22 Julie 2013, in sy slaap oorlede (nie aan ‘n hartaanval nie, soos K'rant berig het nie.) Dis nes hy dit altyd wou gehad het. Hy het self oor enige navraag na iemand se dood gereeld geantwoord:  oorsaak: gebrek aan gesondheid. Hy het werklik salig, in my ma se arms en stil oorgetree".

K'rant vra verskoning vir die fout.

Koos du Plessis se koerantstreke

WIM VAN DER BERG skryf: As jy by ʼn weekblad werk wat laataand sak, moet jy maar so naastenby dieselfde opofferings maak as ʼn oggendkoerant se redaksielid, skryf Wim van den Berg.

Die bespreking van wat by dié uitgawe van die weekblad skeefgeloop het (of soms nié!) is immers ʼn manier om soortgelyke probleme in die toekoms te voorkom. En by die dagblad is die gewag vir die finale proef van die steen af maar altoos n langdurige proses – maar jou plig is

'n "Hippie" maak Jooste stil

PIET ROOS skryf: Wat 'n merkwaardige man was Marius Jooste! Hy het 'n "presence" gehad. As hy by 'n vertrek instap het hy oorgeneem.Eenkeer het ek hom sprakeloos gesien.

In die ou Aucklandparkse gebou het hy een middag in die gang by ons kantore op die vierde vloer rondgestap. In die deur van 'n kantoor het hy gaan staan.

Kieta van den Berg, skrywer Kas van den Berg se dogter, het ook in daardie kantoor gesit. Kieta was nogal 'n hippie. Sy was klein maar het hippie klere en lang los hare gehad.

24.7.13

MVJ op soek na waar David die wortel begrawe het …

Meegaande is die laaste storie wat ANDRIES BOTHA verlede week nog vir K'rant geskryf het.  
Hy is Maandagoggend, 22 Julie 2013, oorlede.

ANDRIES skryf: Ons Transvaler-manne was altyd op goeie voet met die manne van die Rooivleisbedryf. Danie Scholtz, wat nou op George woon, was hul segsman en redakteur van die tydskrif Vleis/Meat, vir wie ek gereeld geskryf het om op te maak vir die Krismishoenders (reg gespel) en ander Perskor-streke om ons op ons plek te hou – aan die onderpunt van die voedselketting.

Andries Botha: obituary by daughter, Lani Botha

Andries Jakob Botha, 72, of Roosevelt Park, passed away in his sleep during the early hours of Monday, July 22, 2013. Born September 28, 1940 in Steynsburg, Eastern Cape, to Ronnie and Ana Botha, Andries married Elna Delport on December 17, 1970 and she survives.

Also surviving are his daughters Lani Botha, Anita Stohr and Elmi Botha of Johannesburg; son-in-law Robert Stohr; six grandchildren Kyle, Anja, Ruben, Jani, Zandre and Leia; one sister Nellie van Straaten; two brothers Hennie and Sito Botha; as well as several nephews and cousins. Andries’ elder brother, Vic Botha, preceded him in death.

23.7.13

Andries Botha oorlede: gedenkdiens Vrydag, 26 Junie om 12:00, Brixton


ANDRIES BOTHA, eks-Die Transvaler en -Die Vaderland, is gisteroggend (Maandag 22 Junie) om 02:00 in die huis waar hy en sy vrou, Elna, by hul dogter in Rooseveltpark, Johannesburg gewoon het, in sy slaap oorlede.

Andries was een van K'rant se redakteurs en 'n staatmaker-bydraer van stories.

'n Gedenkdiens vir Andries word Vrydag, 26 Julie 2013, om 12:00 in die NG Kerk,Vergesig, Putneyweg, Brixton, Johananesburg gehou.

'n  Berig oor hoe se kollegas hom onthou, volg mettertyd.

Die wraak van Rooi Hans en die haker

PIET EBERSöHN skryf: Toe Herman le Roux vertel van die Engelse koerantman wat deur Wollie Wolmarans “Rockspider” gedoop is, dwing my gedagtes terug na my kortstondige rugbyloopbaan in die laer ligas van die toentertydse Transvaalse Rugbyunie.

22.7.13

Viljoenskroon verloor sy glorie

WILMA DEETLEFS skryf: In die dae voordat ek, Philip Deetlefs en Piet Ebersohn saam ‘n huis in Westdene gehuur het, het ons en ook Frans Scheepers, almal ons eie woonstelletjies in Suncliff Terrace in Troyville gehad. Ons het ook al drie daardie tyd by Die Transvaler gewerk. Dit was eers later wat Piet by the Transvaalse Landbou-unie aangesluit het, Philip Sake-Beeld toe is en Frans sy kragte agter die SAUK gegooi het. Ek het alleen by Die Transvaler agtergebly.

Andries Botha se wildsvleis-resepteboek



19.7.13

André de Kock, die doodsveragtende uitdager

GERT COETZEE skryf: Ek kry so ’n week of wat gelede ’n boodskap van ’n verlangse kennis: Kyk gou nuus op SABC3; André de Kock het weer ’n wêreldrekord opgestel vir deur ’n vuurtonnel jaag. Op dié tydstip is ek ná (akuut) werk op pad huis toe in die blitsbus na Blouberg en ek mis die bulletin. Maar op die bus loop die gedagtes altyd flink, anders verveel jy jou daai 35 minute vrek.

18.7.13

Ons is hartseer weg uit Albuquerque

CARL KÖHLER, boksskrywer en voormalige assistent-sportredakteur van Die Vaderland, het in Augustus 1973 in Perskorhaan van sy besoek aan Albuquerque, VSA vertel toe Pierre Fourie teen Bob Foster om die wêreld se ligswaargewigtitel geveg het.

Voor ons aankoms in Albuquerque, was ek, Pierre Fourie, Alan Toweel
en Rory Brown van die Rand Daily Mail maar taamlik skrikkerig.

Ons was die eerste groep Suid-Afrikaners wat hier voet aan wal gesit het hoewel ons besef het dat minstens nog vier sportskrywers, twee omroepers en minstens 'n honderd ondersteuners later sou opdaag.

17.7.13

Só maak mens ... met Wildsvleis

‘n Boek oor wildsvleisresepte wat die smaakkliere tot in die Ou Testament prikkel, het pas uit die pen van Andries Botha en Willem Krog, bekende skrywer-advokaat, verskyn.

Daar is tans ‘n oplewing in die mark vir wildsvleis, wat gestimuleer word deur ‘n landwye veldtog van Wildlife Ranching SA (WRSA), die verteenwoordigende liggaam van Suid-Afrika se sowat 12 000

16.7.13

Hannes se kulkunsie sorg vir scoopfoto’s

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Joe van Buuren het ‘n rukkie gelede in K’rant berig oor die wonderwêreld van hedendaagse slimfone en hoe dit joernaliste se lewe vergemaklik. Jare gelede het die polisie maklik op ‘n kamera beslag gelê om te voorkom dat ‘n foto in die koerant verskyn. Deesdae kan enigeen foto’s, beeldmateriaal en klank op ‘n selfoon afneem en kantoor toe stuur voordat iemand kan inmeng. ‘n Regering kan ontken dat rebelle ‘n helikopter afgeskiet het soos in

15.7.13

'n Nuwe beeld vir Charl

CHARL THOM skryf: Andries Botha se storie oor sy gesels met Dot Kruger het my eie gedagtes laat teruggaan na van my eie ervarings met die formidabele MVJ. Hy was inderdaad 'larger than life' soos die gesegde lui.

Een episode het plaasgevind rondom die tyd toe hy met die Hyman-broers in gesprek was oor Perskor se oorname van Repubkikeinse

Reaksie op Peet Simonis se berig op MV Jooste

WILLIE BUYS skryf: Ek wou eintlik al vroeër ‘n brief geskryf in reaksie op Peet Simonis se puik artikel waarin hy met ooglopende bewondering vertel van die positiewe kant van mnr. Marius Jooste as mens én sakeman wat ‘n magtige mediaryk opgebou het uit feitlik niks.

Nou, ek was een van die mense wat taamlik oningelig was oor die blink kant van Jooste want hy was nie eintlik ‘n toeganklike man nie. En, soos Simonis dit gestel het, mense was bang vir hom omdat hy so ‘n eksentrieke en reguit persoonlikheid gehad het. Soos een van sy lofswaaiers dit gestel het, as hy in ‘n vertrek was, was almal bewus van sy aura. Ongelukkig lei laasgenoemde daartoe dat net die sappig-omstrede kant van sy lewe en optredes so ongeërgd en traak-my-nie-agtig aan sy persona gekleef het.

12.7.13

Marius Jooste had ook ’n sagter sy

PEET SIMONIS skryf: Die laaste tien jaar van sy lewe het ek nie meer kontak gehad met “oom Marius” oftewel mnr MV Jooste, besturende direkteur (destyds) van Die Afrikaanse Pers (1962) Beperk nie. Tussen die reëls deur uit die geskrifte van ander kollegas in K’rant, lei ek af dat hy daardie laaste jare nie so goed “regeer” het nie en party van hulle het nie van hom gehou nie.

11.7.13

Marius Jooste, ongenaakbaar – en broos

ANDRIES BOTHA het onlangs met Dot Kruger, jare lange persoonlike assistent van Perskor-grootbaas Marius Jooste gaan gesels. Hy berig: Abrup. Kortgebakerd. Onvoorspelbaar. Kolossaal. Tog soms ongelooflik broos en kwesbaar.

Dis hoe Dot Kruger Marius Jooste onthou “as ‘n man soos Marius Jooste in 'n paar woorde opgesom kan word”.

10.7.13

As die hoogste sport nie vergenoeg nie

JOE VAN BUUREN skryf: Ons hier in Suid-Afrika is maar ver van die res van die wêreld, maar so elke dan en wan sit daar ‘n buitelander hier voet aan wal wat dan sommer vir baie skindernuus sorg.

Een van dié mense was dr Mario Chiavelli, die Italiaanse miljoenêr van Summer Place-faam.

9.7.13

‘Ek kan Wollie sien wuif’

ANDRIES BOTHA skryf oor Herman le Roux se artikel oor wyle Gert (Wollie) Wolmarans (lees hier): Wat ‘n pragtige storie! Ek kan Wollie al daar van die vliegtuig af vir die skare sien wuif. In die laat jare sestig was hy by DT as ‘n skakelman wat top-staatsamptenare moes bearbei vir DT. Hy het onder meer deur sy skakeling met Lang Hendrik van den Bergh gesorg dat Abel Jones die wêreldscoopfoto gekry het toe Bram Fischer in Corlettrylaan, nie ver van die Wanderersklub af nie, waar hy

8.7.13

Herinneringe van Piet Roos, sportskrywer

PIET ROOS skryf: Gerhard Burger se storie het my teruggevat Aucklandpark in Johannesburg toe.

Ek was nog 'n vars verslaggewer toe Gerhard een dag by my kom staan en sê:

"Wil jy nie bietjie in die sportkantoor kom skryf nie? Dis voor jou gewone werk."

En daar is ek in die sportkantoor om meestal vertalings te doen.

My ondervinding van sport was, behalwe perskes steel, hoofsaaklik tennis en ek het geluister hoe my pa-hulle rugby oor die radio luister.

Ander media het beter betaal

SIPKE DE VRIES skryf: Ja, ek lees ook daardie stukkie van oorlede Frans.

Ek moet sê dat die salaris daar aangedui bra power was en na my mening nie kon vergelyk word met Johannesburgse mediasalarisse oor die algemeen nie.

Ek was daardie tyd 'n hoofsub by die SAUK en het meer as dubbel dié salaris verdien. Ook het, wat destyds beskou is as die 'verdomde Ingelse pers', heelwat meer betaal. Die Star was die swakste betalende van die Engelstalige Johannesburgse koerante, maar steeds beter as Die Tranvaler en DieVaderland.

5.7.13

Wollie maak sy verskyning voor die Leeus

HERMAN LE ROUX skryf: Dis Saterdag, 19 Mei 1962. Op die lughawe van Salisbury, nou Harare, wag ek en ‘n stuk of tien joernaliste saam met ‘n paar rugbybeamptes en ‘n groepie rugbyondersteuners op die aankoms van die toerspan van die Britse Leeus.

Die vliegtuig het neergestryk en die voorste deur word oopgemaak. Ons wonder wie eerste gaan uitstap - die bestuurder, kommandeur

4.7.13

Bierplesier om die koffietafel

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Ooggetuies is meestal nie geloofwaardig as daar ‘n kamera in die omgewing is nie. Mense wat net die slag van ‘n noodlottige botsing gehoor het, wurm maklik voor die kameraman in en ‘n afleiding word ‘n ooggetuieverslag. Die Vaderland se fotograwe sou ‘n groepfoto van die vertellers neem en sodra die ware ooggetuie uitgeken is, sou hulle eenkant ‘n foto van dié neem. Dis egter nie net sogenaamde ooggetuies wat op die foto in die koerant

3.7.13

Die vingers halfslyt, maar die joernalistiek verslaaf nog

JOAN KRUGER, onder meer gewese joernalis by Die Vaderland, tydskrifredakteur van die Transvaler en redakteur van Rooi Rose, skryf: Op versoek van K’rant, so ietsie oor wat sedert Perskor in my lewe gebeur het.

Die vingers mag al halfslyt wees, maar in die gees is ek steeds die joernalis wat vars van die plaas (en Potch was ook maar plaas) meer as

2.7.13

Jaap help ’n boemelaar rehabiliteer

PIERRE COETZEE het in Oktober 1972 in Perskorhaan vertel van ‘n tipiese Jaap Swanepoel-storie in Die Vaderland. Die storie se aanloop is ietwat geredigeer:

"Hierdie storie is nog beter as my eerste storie oor Johannesburg se boemelaars. Ek het nou die hoofboemelaar ontdek, met die weligste
baard.

Hy was op sy dag 'n groot kokkedoor. Hoofkok op die Bloutrein. Kok in die Parlementshuis."

1.7.13

Aksiefoto? Aikona!

PIET EBERSöHN skryf: Philip Deetlefs se storie oor die polisierugby in Johannesburg herinner my toe aan ‘n polisieman wat saam met my in die geslote liga by Oostelike in Pretoria gespeel het. Dit was ‘n liga waar kantoorspanne teen mekaar gespeel het sonder om te oefen. Dis meesal die “sosiale liga” genoem, maar behalwe die kuiers na die wedstryde was daar niks sosiaals aan nie.