
Die oorsaak van sy dood is nog onbekend. Volgens 'n niggie, Leonora Jackson, was André in 'n buitekamer besig om te werk. Sy vrou, Denise, het hom daar gekry.
Hy het die dag voor sy dood 62 geword.
André het ná sy Perskordae ‘n draai by die SAUK gemaak en was die afgelope sowat tien jaar as sportsub aan Beeld verbonde tot met sy aflegging ‘n jaar gelede.
André word by ‘n private geleentheid veras.