Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

31.8.12

Lala swem vryslag toe vlinderslag nie slaag nie

LALA WAHL skryf (uiteindelik) uit Namibië: Ai, hoe trek my hart dan nou sóóó na Empireweg-verlenging in die 70's!

Die kilometer-stap van die losieshuis oorkant die hoofingang van die magtige SAUK af.

Dit was in 1974 en ek is pas aangestel as lid van Die Transvaler se

30.8.12

’n Kalf in ’n put is ’n mooi een

ANDRIES BOTHA skryf: Boet en Hint Hyman, die broers wat die tydskrifempaaier, Republikeinse Pers, van feitlik niks af geskep het nie, was baanbrekers met Afrikaanse geelpers-leesstof. Hulle het met Keur en Fyn Goud begin en die twee uitgebou tot groot sirkulasiesyfers met gewaagde foto’s (vir daardie tyd) van skamelgeklede filmsterre, soos die aamborstige (so genoem, omdat die die gleuf tussen die twee borste blykbaar ’n aam of wat diep was) Jayne Mansfield en Marilyn Monroe, en vervolgverhale wat

29.8.12

"Goeiemore, meneer"

JOHAN VAN WYK skryf: Johan (Essie) Esterhuizen en ek het mekaar 43 (!) jaar gelede in ‘n eerstejaarskamer in Dawie Dup op die Puk raakgedrink.

Ons is in die sewentigs Hoofstad se sportkantoor toe, waar ‘n tiran genaamd Neil Steyn ons sowat als van sportskryf af geleer het.

Daarvandaan is ons ook saam-saam Transvaler in Johannesburg toe, waar

Perskor welcomes Farmer’s Weekly

GEORGE NICHOLAS writes: When Perskor took over Republican Press in 1979 its purchase also included the Farmer’s Weekly magazine. The accompanying photo, taken at a two-day seminar held at Mobeni, shows the past and present editorial personnel welcomed at the time by the new Perskor owners.

28.8.12

Joernalistiek is in sy bloed

BENNIE NEETHLING, was 'n jarelange Perskorjoernalis en later redakteur van die Noordelike Stem op Kroonstad. Tharine Geldenhuys, redakteur van Kroonnuus, het ná sy aftrede meegaande artikel oor hom in Kroonnuus geskryf.

Bennie Neethling, ’n bekende naam wat waarskynlik meer as ’n miljoen keer op koerantpapier gepubliseer is.

Joe vind Peter van die Sans

JOE VAN BUUREN skryf: Diegene wat destyds by die Sans Souci gekuier het, sal die eienaars, Peter en Panos, onthou. Peter het dikwels arm joernaliste se salarstjeks by die hotel gewissel.

Ek het hom nou die dag toevallig raakgeloop. Hy besit en bedryf nou ‘n restaurant in Senderwood in Bedfordview, oos van Johannesburg. Die voorstad spog met ‘n groot Griekse gemeenskap en is ook die tuiste van die Saheti-skool.

27.8.12

† Kittie Vermaak oorlede

BUKS PIETERSEN het laat weet:  Kittie Vermaak, voormalige vroue-redaktrise van Die Vaderland,  is Saterdagaand (25 Augustus 2012) oorlede in die aftree-oord op Sasolburg waar sy die afgelope aantal maande gewoon het ná 'n beroerte-aanval.

Die begrafnis vind Donderdag plaas uit NG Kerk Vergesig in Putneyweg, Brixton, Johannesburg. Die tyd en ander besonderhede is nog nie bekend nie.

Toe sluit vrou se hande om Joe se keel

JOE VAN BUUREN skryf: Ek kan minstens twee voorvalle in my loopbaan as koerantman onthou waartydens die skoner geslag my erg in die verleentheid gestel het, of selfs die skrik op die lyf gejaag het.

Die eerste was toe ek in die vroeë jare sewentig betrokke was by ’n storie oor ’n selfmoordbende in Johannesburg.

Kapitaal vir die onthoubank

AMANDA BOTHA skryf: Ek het groot waardering vir wat julle doen – om ons so bymekaar te hou en die herinneringe-bank as’t ware met kapitaal te laai! Dankie daarvoor.

Ek het heelwat om te kan deurgee – is nou besig met sulke dinge se uitsortering. Wat die hofsake betref waarby ek ’n betrokkenheid gehad het, is ek nou besig om dit te verwerk as deel van ’n biografie oor die advokaat Wilfrid Cooper. Ek het dikwels met hom saam gewerk. Onder die sake wat ek hier gedek het, is Tsafendas, Biko, die Swapo-saak, verskillende sg. terroristesake en dan die groot moordsake waar onder die Lehnberg-saak.

24.8.12

Peet se Europese avontuur saam met hartman Barnard

K’rant vra nog ’n storie-agter-die-storie oor Chris Barnard, die hartoorplanter en sy dinge in Europa wat hom destyds op die voorblaaie gehou het... PEET SIMONIS vertel: 

’n Vorige keer het ek geskryf oor die opwinding van die eerste hartoorplanting en die ongekende wêreldaandag wat die mediese prestasie tot gevolg gehad het. Ook hoe dit gekom het dat ek die storie vir Dagreek en

23.8.12

Die geval van die ontwykende boksskeidsregter


ILZE WELGEMOED, vroeër van Die Vaderland, skryf: As jy joernalis wil wees en nie weet hoe om ’n wêreldbekende boksskeidsregter se van te sê nie, gaan jy vir lank nie toegelaat word om daarvan te vergeet nie. Vra my!

Die bekende Stanley Christodoulou was skeidsregter in ’n geveg waartydens

22.8.12

Die Transvaler-Produksies bied aan "Tarzan" en "Death Card"!

GERT VAN ROOYEN skryf: Nou-ja, hierdie twee films was nooit op die “circuit” nie, maar vir baie Transvaler-redaksielede was dit “meesterstukke” wat nog lank in die geheue blywend sal wees.

Maar eers Tarzan. Laat ek die filmstel skets: Dittonlaan in Aucklandpark, 'n  swembad, twee flossies, Judy Weber en

21.8.12

Amanda Botha is 'n skriba van haar tyd

Sy is die houer van ’n “ongelooflike hoeveelheid geheime en van vertroulike inligting” oor bekendes, maar sy “skinder nooit”.

MURRAY LA VITA (links), ‘n gewese nuusredakteur van Transvaler, is reeds geruime tyd aan Die Burger verbonde. Hy het het onlangs met Amanda Botha, eertydse Kaapse verteenwoordiger van Die Transvaler gesels en K’rant publiseer sy artikel met erkenning aan Die Burger.

20.8.12

Most conscientious employee of the (new) year

ANDRIES BOTHA, previously assistant-editor of Die Transvaler and then Die Vaderland, takes us a long way back.

IT is New Year’s day, 1963. The time is 08:00.

The Cub Reporter, slightly hungover from the New Year’s Eve dance at the Muldersdrift Hotel, is standing in front of the closed doors of the Voortrekkerpers Building, at 102 Jorissen Street in Braamfontein,

Laat ons mitmaak – op Vegkop!

PHILIP DEETLEFS skryf: Ek kan nie onthou hoeveel dekades gelede ek laas die Sans of vir Vegkop in lewende lywe gesien het nie. Baie dankie vir hierdie besoek, Japie!

Terwyl ek so vir die twee uithangplekke van destyds kyk, besef ek dat Vegkop en die Sans eintlik nooit iets anders was as wat dit nou is nie. Maar net nog twee bra onaansienlike geboue.

17.8.12

Willie lê sy eie (wind-)eier in die kêkkelsage oor bevrore hoenderbonusse

WILLIE BUYS skryf: Daar was die afgelope tyd heelwat van ’n figuurlike gefladder in die hoenderhok oor die grandiose gebaar van die destydse Perskorbestuur om die ganse personeelkorps aan die einde van elke jaar te "bederf" met ’n bevrore hoender elk as Kersbonus.

Dit het ’n uiteenlopende gekêkkel aan die gang gesit met diegene wat nie ’n gegewe hoender in die snawel wou pik nie. Hulle was maar tedankbaar

Geelpers

LalaWahl skryf: Hahaaa! Kyk wat kry ek die afgelope naweek in die woonstel op Swakopmund! Daar is nie jaartalle op die boekies nie, maar dit het 20 sent in Suid Afrika én Rhodesië gekos. Daar is nou nie 'n Mark Condor nie, maar dié paar is seker 'n Rand of twee werd!

16.8.12

Om Gert van Rooyen te wees...


GERT VAN ROOYEN, oud-DT-verslaggewer skryf: WATTER wonderlike oomblik was dit toe Philip en Wilma Deetlefs my vertel van K’rant en ek die webjoernaal oopmaak! Omtrent almal wat ek ken en onthou, is daar, veral my Transvaler-maats: Willie, Joe, Stella, Piet, Danie, Dave, André de Kock, Lala, en almal. Ai, ek wou Bushy se naam sommer uit gewoonte bysit, maar nou ja...

15.8.12

'n Kubertoer na ou Perskor-landmerke

JAPIE BOSCH skryf:  ‘n Kuberbesoek aan ‘n klompie landmerke uit die dae van Die Vaderland en Die Transvaler in Johannesburg het ‘n paar verrassings opgelewer.

Tussen September 2009 en Februarie 2010 het Google al die stede en amper alle dorpe se strate in Suid-Afrika

14.8.12

Gewilde fotoverhale nou gesogte Africana

Die eens gewilde fotoverhaalboekies, wat in die 1960's as SuidAfrika se antwoord op televisie beskou is, het vandag gesogte versamelstukke geword. Dit word selfs as Africana beskou deur 'n gesaghebbende instansie soos die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika. Dié boekies was een van die fondamente van Republikeinse Pers, wat mettertyd deel van die eertydse Perskor-mediaryk geword het. Na aanleiding van ‘n referaat op die Bibliophilia Africana 8-kongres ‘n paar jaar gelede in Kaapstad het AMANDA BOTHA, eertydse Kaapse verteenwoordiger van Die Transvaler, soos volg in Die Burger geskryf.

13.8.12

Oud-Hoofstad-joernalis publiseer outobiografiese roman

LUCIA (VAN DEN BERGH) PRINSLOO, gewese verslaggewer van Hoofstad, vertel van haar onlangs gepubliseerde eerstelingboek.

Dankie vir die wonderlike voorreg om so ‘n bietjie te vertel van my boek Kwaheri, my geliefde. Die boek word bemark as ’n outobiografiese roman, wat maar net beteken dat dit my eie verhaal is wat in roman-vorm vertel word. Sedert my dae as joernalis by HOOFSTAD in Pretoria, het my lewe

10.8.12

Nuusdraer of nuusmaker – dis die vraag

ANDRIES BOTHA skryf: Hoe betrokke mag ’n joernalis raak? Wanneer hou hy op om verslag te doen en verander sy rol in nuusmaker, pleks van nuusoordraer te bly?

Dis ’n vraag wat my al meer as 30 jaar pla.

Die storie wentel om die nadraai van die Soweto-onluste waarop die stof en knalskote 18 maande na die geskiedkundige datum – 16 Junie 1976 – nog

Kopskoot!

Gerhard Kleijn skryf: Die raakvat-koppe het my onwillekeurig weer laat dink aan die een wat oorle Koos Doep destyds ietwat in die moeilikheid by die witoë laat beland het. Te "onsensitief", het hulle gedink. Die storie was oor ‘n meisie van 12 of 13 wat ‘n kind gekry het en ou Koos se kop het gelees: "Mossie maar ma".

Perskor se Grootste Trek

Philip Deetlefs skryf: Ek lees vandag Willie se storie oor die Perskorhane wat na die SAUK toe getrek het en besef toe dis helaas nie die grootste Groot Trek van Perskorhane nie.

Windhoek se begrafplaas het oor die jare ontwikkel in ’n plantasie van sipresbome waar mense begrawe word. As iemand hier dood is sê hulle hy is “lang bome toe”.

Die grootste Groot Trek van Perskorhane is gewis die meer as 100 oud-kollegas wat al lang bome toe is.

Lank lewe die Perskorhane!

9.8.12

Vegkop op sy grusaamste

PHILIP DEETLEFS skryf: As mens al die herinneringe van die doene en lates in Vegkop in een boek moet neerpen sal jy ‘n groot bos moet uitkap om die boek te druk.

Een van my meer grusame herinneringe – daar is baie ook wat ek nie kan onthou nie en ook nie noodwendig omdat my geheue my in die steek begin laat nie, maar omdat dit ‘n Vegkop herinnering was.

8.8.12

Sanlam sal dit ‘vir seker’ nie ‘verseker nie’

ANDRIES BOTHA skryf: Nou die anderdag wanneer het daar ‘n woord in K’rant deurgeglip wat wyle oom Angel Engelbrecht, eertydse Taalredakteur van Die Transvaler, teen 7 000 revolusies per minuut in sy kis sal laat rondtol.

Die woord is as ‘n vertaling van “for sure” sommer “verseker”, soos “Frik du Preez was verseker Suid-Afrika se beste rugbyspeler van die twintigste eeu.”

7.8.12

Perskor-oorname van die SAUK (of Perskor se eie Groot Trek)

WILLIE BUYS skryf: Dit is die nuus om sewe, gelees deur Riaan Cruywagen, alias Haas Das.Hoofnuus is dat daar sedert die laat jare sewentig en tagtig ’n geleidelike infiltrasie was in die staatsuitsaaier deur die room van Perskor-joernaliste. Dit was ’n bloedlose staatsgreep, maar ’n bloedneus-een vir die eens magtige media-empaaier van Marius Jooste se Perskor.

6.8.12

Gert moes minister "help" toe Biko sterf

Piet Ebersöhn en Stella Niemand skryf: DIS selde dat ’n minister ’n joernalis om raad vra. Hulle skryf koerantmanne eerder voor.

Maar met die swart aktivis Steve Biko se dood in aanhouding in 1977, gebeurde wat wêreldwyd weerklank gevind het, het die destydse minister van polisie, justisie

Raaksê-opskrifte

JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: So van raaksê-opskrifte gepraat – Een van die treffendes was destyds gepleeg deur die oorlé Rand Daily Mail met die inwyding van die Verwoerddam. Dit het mooitjies begin oorloop met die luisterryke plegtigheid en die opskrif was heel gepas: The dam that rose to the occasion.

Wyle Johann van Loggerenberg het destyds op Perskorhaan verwys na ‘n berig oor Russiese skoene wat van so‘n swak gehalte was dat die sole binne enkele weke deurgeloop is: Die sool is die kous nie werd nie.

3.8.12

Nou is Joe en Amerika kiets

JOE VAN BUUREN skryf: Ná my tyd in 1979 in Perskor se kantoor in Shoe Lane in Londen het ek besluit om op pad huis toe eers ’n draai in Amerika te maak, veral omdat dit goedkoper was om via die Verenigde State van Amerika van Londen af na Suid-Afrika te vlieg as wat dit was om die trippie regstreeks af te lê.

2.8.12

Die ‘scoop’ van alle vertaalflaters

PIET EBERSÖHN skryf: Estelle de Bruyn se storie oor die vertaalflaters herinner my aan so ’n blaps wat seker een van die grootste verleenthede geskep het wat ’n mens jou kan indink. Gewoonlik word dié soort foute darem onderskep vóór die drukstadium. Dit was nog in die dae van die SWA-Angolese grensoorlog. ’n Soveelste dienspligtige het gesneuwel.


In elk geval, ’n verslaggewer bel die gesneuwelde se ouerhuis, maar verneem dat hy nie met hulle kan praat nie. “They are in prayer with the minister,” is hy meegedeel. Of iets dergeliks.

En siedaar! ’n Lekker voorbladstorie, PW Botha se foto en al: “Minister bid vir gesneuwelde se gesin”. Eweneens, of iets dergeliks.

1.8.12

Avontuur in Botswana

Stella Niemand
STELLA NIEMAND skryf: OP 11 Julie vanjaar het ek en Cobus die lááng pad aangedurf om by ons dierbare vriende van dekades lank, Blackie en Norman Chandler, te gaan kuier op Maun, doer bo in Botswana. Ons het met die Serowe-pad soheen gery en met die Transkalahari terug.

Dié van julle wat Botswana ken, weet dis nie kinderspeletjies om daar te kom nie. Jy moet die hele tyd katvoet op die pad wees met die alewige slaggate en letterlik honderde beeste, bokke, donkies en skape wat gedurig herderloos oor die pad beweeg en soms sommer net daar staan om sout uit die slaggate van die Kalahari te lek.

Die oudag-gedagtes hink tussen Fontana en Soweto

FRANS ROODT, gewese redaksielid van Die Transvaler en van Die Vaderland skryf: Ek wil eerstens jul manne bedank vir jul produk - die K’rant. Ek was heimlik nogal opgewonde daaroor nadat ek die eerste een in my hand gehou het.

'n Mens wonder dikwels wat het van die manne en vroue geword wat jou lewenspad gekruis het en die koerantwese staan seker by baie van ons uit as
’n mens só terugdink.