PIET ROOS skryf: Daardie advertensie in Kort en Goed was natuurlik C to C = Cape to Cairo-sigarette! (lees hier) As ek reg onthou.
11.11.13
Fotodag 11: Foto's uit 'n toegeplakte boks
JAPIE BOSCH skryf: Met die onlangse opruiming van my garage het ek op meegaande foto's in 'n ou toegeplakte boks afgekom -- almal uit die 1970's. Watse heerlike kyk en gesprek met myself was dit nie.Nou wonder ek: as ek sulke kwaliteitfoto's tussen my 'rommel' gekry het, dan moet daar seerseker nog garages van ander oud-kollegas wees waar versteekte Perskor-"skatte" is.
8.11.13
Carl leer die vanselfsprekende waardeer
CARL NÖFFKE, destyds hoofredakteur van Die Transvaler, was een van diegene wat in 1971 aan Rooi Rose se Kerstafel ‘n storie vertel het wat hy nooit sal vergeet nie. Hy skryf in daardie jaar se Kersuitgawe van dié vrouetydskrif: Die skraal Australiër het skielik bewoë geraak en na die sitkamer se venster gestap. Buite het Parys wit van die sneeu gelê. Dit was Kersdag 1964. Toe 7.11.13
Stuur 'n storie aan 'n vriend met dié koevertjie
LITA KOTZÉ skryf vroeër dié week: Dankie vir K’rant wat elke oggend om 5:03 op my rekenaar afgelewer word -- ‘n paar oomblikke se lekker loop op vergange se paaie.
Nou wil ek net weet: ek het nou al my drie geleenthede ‘n sekere K’rant vir vriende aangestuur om die spesiefieke bydrae van die dag te lees. Het sopas die “Ouma Pulane”-storie weer aangestuur. Maar nou wonder ek as non-digitale-verstaner skielik: sal hulle op die kop kan kliek en sal dit oopmaak? Of moet hulle eers op K’rant ingeteken wees?
My oë is nog bietjie mistig van die storie, so sukkel steeds om die letters op die sleutelbord mooi raak te sien.
(Teen die agtergrond van Lita se vrae sal daar voortaan links onder elke storie in K'rant 'n klein koevertjie met 'n pyltjie daarop verskyn. Klik daarop, voltooi die vorm en stuur sodoende 'n epos met die skakel van die betrokke storie aan iemand. -- Red.)
Luislange was wesenlike gevaar
PIET EBERSöHN skryf: Bennie Neethling stuur foto’s van ‘n rits luislange wat in die destydse Noord-Transvaal doodgemaak is (lees hier) en al waaraan julle dink is die ontkleedanseres Glenda Kemp en haar mak luislang, Oupa.Meegaande hoofberig uit Die Morester en Noord-Transvaler (wat later deel van die Perskorryk sou word) van 20 Junie 1958 toon egter dat luislange destyds ‘n wesenlike gevaar in die Bosveld ingehou het.
Glenda was ʼn ‘beat’ op sigselwers
PHILIP DEETLEFS skryf: Toe ek Jakkie Groenewald se stuk oor Glenda Kemp in K’rant lees, het ek onthou dat Glenda op 'n kol eintlik my "beat" was.Ek onthou veral van gevalle waar sy op klein plattelandse dorpies haar trieks gedoen het, want dis waar die stories was. Die plaaslike bevolkings wou almal graag vir haar gaan kyk, maar die dorpies se sedebewakers het geglo die hele dorp en sy mense sal in die vagevuur verteer word as hulle hierdie "heks" op hul dorp toelaat. Dit was altyd lekker stories en ek en Glenda het mettertyd redelik goed bevriend geraak.
Maar Frans Scheepers se foto en sy vraag? Ek kan nie met eens 'n geringe sweempie van oneerlikheid sê ek onthou dit hoegenaamd nie. Ek moet darem ook byvoeg dat my geheue nie al hoe beter word nie.
Hier is Lee en Edmond Furter
EDMOND FURTER, gewese Transvaler-joernalis, skryf na aanleiding van Lita Kotzé se navraag oor die mense van Transvaler (sonder die Die) en Noord-Transvaler Metro: Lee Furter doen regswerk en
internasionale handelskontrakte vir Ruag in Switserland.
Ekself is die redakteur van Sheqafrica.com in Johannesburg.
internasionale handelskontrakte vir Ruag in Switserland.
Ekself is die redakteur van Sheqafrica.com in Johannesburg.
6.11.13
Weduwees as roofdiere beskou
5.11.13
Die dag toe die Swapoman ‘Kent gij dat volk’ saamsing
JOHANN S LIEBENBERG, destyds senior politieke skrywer van Die Vaderland, was een van diegene wat in 1971 aan Rooi Rose se Kerstafel ‘n storie vertel het wat hy nooit sal vergeet nie. Hy skryf in daardie jaar se Kersuitgawe van dié vrouetydskrif: Die Vrydagaand van 15 Julie 1966 was miserable en motreënerig. My gesin en skoonouers was op ons eerste vakansie in Europa, maar ek het in die kroeg van die Ambassador Hotel in Den Haag met die bestuurder staan en gesels toe4.11.13
Fotodag 10: Jakkie ontmoet Mohammad Ali
JAKKIE GROENEWALD skryf: Ek sien die manne vra foto’s van my in Binnelanders. Daarvan het ek ongelukkig nie.Ek skiet tans aan Pandjieswinkel van PG du Plessis en sal foto’s neem.
Hier is intussen een van my saam met Mohammad Ali toe hy SA in die jare negentig besoek het. Ek was in daardie stadium hoofbestuurder
1.11.13
Jasper snuffel ’n stukkie Africana uit
JASPER SCHELLINHERHOUT, oud-Vaderlandman (1974 – 1977) het bietjie in sy eie boekery gesnuffel en ‘n Kort en Goed-uitgawe van November 1942 opgediep en vir ons ‘n paar prikkelende goed daaruit gestuur. K’rant het ‘n tyd gelede juis melding gemaak van hierdie “Readers’ Digest”-soort tydskrif in Afrikaans wat in 1939 die lig gesien het as ‘n perdjie uit APB se stal. Caps Roden se duikslag amuseer steeds
BENNIE NEETHLING skryf: In die laat jare vyftig was Potgietersrus se rugbyspan een van die beste plattelandse spanne in die land. Soos oraloor is daar maar aartsvyande op die rugbyveld. Só het Potties en Petersburg nie ooghare vir mekaar gehad nie.Een Saterdag moes die spanne makaar die stryd aansê en ek moes oor die wedstryd berig.
31.10.13
Ouma Pulane se huis toe gaan
In Rooi Rose se Kersuitgawe van 1971 skryf die blad se redakteur, MARTIE SNYMAN, onder die opskrif “Dit sal ek nooit vergeet nie” soos volg:As ‘n mens terugkyk op ‘n joernalistieke pad wat byna 25 jaar ver na die dinge van gister en eergister toe streep, is daar baie insidente wat jy onthou. Sommige borrel só oor van die lag en die lekker dat jy jou
30.10.13
Daar was nie skandes en skandale om lieflike Glenda nie
FRANS SCHEEPERS, gewese redaksielid van Die Transvaler, skryf: Ja, ek onthou Glenda Kemp baie goed, met liefde en deernis. Ek het haar nooit op die dansvloer met Oupa die reuseslang in aksie gesien nie, maar ek het Glenda, die mooi fyn meisiekind van die Rodeon-Hoërskool op Swartruggens in die destydse Wes-Transvaal goed geken.Glenda het ietwat van 'n moeilike kinderlewe gehad. Maar hier in die
29.10.13
Antonie se droë humor bly Jasper by
Jasper Schellingerhout skryf: Die skrywe van Tjaart Richards oor sy pa Antonie, het my laat dink aan sy “droogheid” as dit by sêgoed kom.By dieselfde Aucklandpark waarvan Tjaart, sy seun, skryf, het die fotostaatmasjien in die subkantoor van Die Vaderland gestaan. Een van daardie waarvan die papier nog in rolle was wat na rou geelwortels geruik het, veral as die masjien lekker warm begin raak het.
28.10.13
Fotodag 9: Fotograaf wees, is nie net drawwe nie

Persfotograwe het dit soms nie te waffers nie. Hulle moet dikwels langs die rugbyveld draf om 'n wendrie te probeer skiet, dan weer 'n gru-toneel van 'n ongeluk op film vaslê. Gelukkig is daar ook die "ligter" oomblikke wat in 'n mate vir die minder lekkeres vergoed. Meegaande foto's van Vaderland-fotograwe het in Junie 1977 in Perskorhaan verskyn.25.10.13
Oupa knip afssssspraak kort
24.10.13
Hartoorplantingsdrama het ook sy humor bevat
NÁ gister se alte lang inleiding stel K’rant HERMAN SNYMAN sonder meer aan die woord. Sy onderstaande bydrae het in Rooi Rose se Kersuitgawe van 1972 onder die kapstok “Dit sal ek nooit vergeet” verskyn. Met die afspeel van die gebeure was Herman Dagbreek en Sondagnuus se Kaapstadse verteenwoordiger.23.10.13
’n Kort kuiertjie met Herman Snyman
22.10.13
Waar is Transvaler en Metro se mense?
LITA KOTZÉ, gewese redaksielid van Transvaler en Noord-Transvaler Metro, skryf: Ek het ‘n paar weke gelede K’rant ontdek toe ek op Google rondgespeel het op soek na iets. Ek het summier ingeskryf. Nou is dit te lekker om elke oggend vroeg my koerant tuis “afgelewer” te kry. Dis net, julle praat van kollegas van só lank terug, dat dit vir my ‘n openbaring is oor watter bekende name in die openbare lewe vroeër in die joernalistiek was. Dit is nietemin ‘n heerlike nostalgiese reis om daagliks te lees wat die “oumanne” gedoen het – hoe hulle die joernalistiek bedryf het. Stout, soms!
Teken in op:
Plasings (Atom)



