
Meegaande hoofberig uit Die Morester en Noord-Transvaler (wat later deel van die Perskorryk sou word) van 20 Junie 1958 toon egter dat luislange destyds ‘n wesenlike gevaar in die Bosveld ingehou het.
Die berig vertel van ‘n bekende boer van die Baltimore, mnr Louwtjie Erasmus, wat deur twee reuseluislange aangeval is toe hy ‘n wildsbok bekruip het. In die proses het hy sy geweer verloor en moes wanhopig om sy lewe veg. Hy had sy lewe waarskynlik daaraan te danke dat die eerste slang – ‘n reus van 13 vt 8 dm (4,17 meter) – hom met die eerste aanval nie behoorlik beetgekry het nie.
• Net ‘n week later berig die koerant, wat op Potgietersrus verskyn het, dat ‘n nuwe groter koerant sy verskyning maak wanneer ‘n semi-rolpers die volgende week in gebruik geneem word. Die beloofde 24 bladsye sou nuus oor die hele streek bevat.

Die Morester en Noord Transvaler het die regte verkry om TO Honiball se Oom Kaspaas-strokieverhaal te plaas – die eerste keer dat hy sy verskyning in ‘n Transvaalse plattelandse koerant maak.
“Die uitbreiding van die blad se redaksie sal vollediger nuusdekking moontlik maak. ‘n Redaksionele assistant begin op 7 Julie.”