Willie Buys en Phillip Deetlefs het kort daarna sy voorbeeld gevolg.
Volgens onbevestigde berigte in Vegkop het een van die driemanskap se ysterperde op ‘n kol onder hom uitgespring, maar is hy nie te ernstig beseer nie. Een van die ander lede het glo op ‘n keer by ‘n stopstraat vergeet om die fiets te balanseer deur ‘n een of twee bene uit te steek. Behalwe geknoude waardigheid was daar glo ook nie groot skade nie.
Só werk ons een aand deur ‘n paar biere en Essie Esterhuizen bestempel ‘n uitgebreide kuiertjie as ‘n dreunende sukses. En soos gewoonlik is hy bekommerd oor wat hy as ‘n doodsrit na sy tuiste in Pretoria beskou. Hy word sterkte toegewens en ons teug verder.
Met Perskor se horde werkers was daar bitter min parkering by die gebou beskikbaar, maar ons kon ‘n blok verder op ‘n leë terrein parkeer.
Philip het windverwaaid en geesdriftig by ons vir ‘n loopsoop aangesluit. Toe ons groet, bied hy my ‘n geleentheid na die parkeerterrein aan. Al wat ek kan onthou, is ‘n swaai na links gevolg deur ‘n swaai na regs en enkele sekondes later laai hy my met ‘n vrolike groet by die hek af.
Ek was ná dié naelskraapse doodsrit nog nooit weer op ‘n motorfiets nie.
Gert vn Rooyen |
Ek herinner my aan ‘n nag toe Gert se ysterperd geweier het om te vat. Ons twee het dit straat op en straat af (daar in die Sans Souci se wêreld) gestoot – sonder sukses. Einde raad het Gert toe maar vir die nag daar gelaat en by my oornag.
By daglig blyk dit toe dat die brandstoftenk leeg was!