BENNIE NEETHLING skryf: Die destydse Verre Noord-Transvaalse Toerismevereniging het by geleentheid ‘n toer vir verslaggewers deur die streek gereël – van Potgietersrus af na Pietersburg, Louis Trichardt, Messina en Tshipise, waar ons eerste oornag het. En die laaste dag deur Tzaneen en Magoebaskloof, afgesluit met ‘n besoek aan die Universiteit van die Noorde naby Pietersburg. Op die “leeu se rug” is oorlede Jaap de Bruyn, ‘n politieke verslaggewer van Die
Transvaler. Hy het in ‘n hotel op Phalaborwa gewys hoe ‘n leeu gery moet word!