Nog `n Perslegende, NEIL STEYN, is Maandagmiddag oorlede.Neil was sportredakteur van Hoofstad en later van Transvaler. Hy het as assistent-redakteur van albei koerante gedien. -- Piet Ebersöhn.
(Foto sowat 40 jaar gelede geneem. -- Red.)
JASPER SCHELLINGERHOUT (voormalige hoofsub by Die Vaderland en daarna dominee van die Evangelies Gereformeerde Kerk) skryf: Flenters van die Ewigheid, die boek van KOOS BOTHA oor die verlies van sy kosbare kinders (berig HIER), het my laat teruggryp na hoe ek ook deur te skryf, doodsmart draagliker help maak het. Nie dat ek enigsins meen my verlies naby gekom het by wat kollega Koos beleef het nie. Dalk beteken die onderstaande iets vir die treuendes van oudkollegas Piet Roos, Hans Lombard en al die ander. (Hierby sluit ons in Danie Malan, Mack van der Walt en almal wat op die Vergeet-nie-lys is - Red)
PEET SIMONIS skryf: Hans Lombard het Donderdagoggend gesterf toe hy op Bothaville, waar hy die Nampo-Oesdag bygewoon het, skielik in die nag doodsbenoud geword en die asmapompie nie meer kon help nie.
MARTIE MEIRING skryf: Hans Lombard se dood is ongelooflike hartseer nuus. Hy was ‘n legende en sal sekerlik ook baie lank onthou (en geëer) word vir sy nuushond-talent. Dat hy juis by Nampo sou doodgaan, klink amper of Hans dit self so wou gehad het dat hy in die tuig sou sterf.
Een van die legendes van die Afrikaanse joernalistiek, Hans Lombard, is om 02:00 vanoggend by die Nampo-oesfees op Bothaville oorlede.
PEET SIMONIS skryf: Piet (“Pille”) Roos (68) en sy vrou Chrisna was in die Kaap om hulle elfde huweliksherdenking te vier toe hy verlede Saterdag verongeluk het.
PIET ROOS, oud-Vaderlander, is Saterdagmiddag in 'n padongeluk naby Stellenbosch oorlede. Sy vrou, Chrisna, is in die Mediclinic, Stellenbosch opgeneem. Volgens 'n vriend van Piet het 'n geldwa 'n ander vragmotor op 'n sperstreep verby gesteek en 'n kop-aan kop-botsing veroorsaak.
PHILIP DEETLEFS skryf: Hier by K'rant huldig ons die mening dat hierdie publikasie nie net lekker onthou-stories van oud-werknemers van Perskor en aanverwante publikasies bevat nie, maar dat dit ook 'n nuttige naslaanbron oor die geskiedenis van die joernalistiek en die drukkersbedryf in die era voor die heengaan van Perskor is.
PEET SIMONIS skryf: Die afgelope naweek se Perskor-reunie was een van die beste in jare.Meer as sestig oudkollegas van Perskor het by die Keg and Eagle in Johannesburg die geleentheid bygewoon.![]() |
| Solly van Staden |
PIET ROOS skryf: Die Perskorreünie Sondag was skitterend.![]() |
| Illustrasie |
KOOS BOTHA het vir Die Vaderland gewerk tot Maart 1962, daarna elf jaar vir die SAUK-nuusdiens en toe weer 20 jaar vir Die Transvaler tot April 1993. Sy twee jongste kinders, Daan (25) en Ruth (20) is in Februarie 1993 in 'n padongeluk by Winburg dood. Hy het op 9 Februarie sy kinders gaan uitken op Winburg en in Bloemfontein. In die jare daarna het hy oor hul dood geskryf en sy boek daaroor, Flenters van die Ewigheid, het in Julie 2015 verskyn.
JOHAN PRETORIUS skryf: Om ‘n huldeblyk te lewer ná die dood van iemand anders wat jy baie goed geken het, moet jy uiteraard gaan sit en dink wat om te sê, en dit dan verwoord.
JOHAN VAN WYK (65), voormalige sportredakteur en deurwinterde atletiekskrywer van Rapport, het gistermiddag (19 Februarie) op kantoor in MediaPark, Johannesburg, inmekaargesak en gesterf.