Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

19.5.16

Perslegende oorlede

Een van die legendes van die Afrikaanse joernalistiek, Hans Lombard, is om 02:00 vanoggend by die Nampo-oesfees op Bothaville oorlede.

Hy het op 8 April sy 90ste verjaardag herdenk en het nog vol in die tuig gestaan met die bedryf van sy eie skakelonderneming.

Sy vrou, Margaret, laat weet hy het van benoudheid wakker geword, vir sy asmapompie gevra en is byna onmiddellik daarna oorlede.

Hans was tydens sy kleurryke joernalistieke loopbaan onder meer aan Die Vaderland en die SA Financial Gazette verbonde en het ook in Fleetstraat gewerk. Hy was later een van die baanbrekers in die Afrikaanse skakelwese.

Hy het `n leidende rol in die joernalistieke vereningslewe gespeel en `n onskatbare bydrae onder meer by die Johannesburgse Persklub, die Landbouskrywersvereniging en as voorsitter van die Perskorhane, die jaarlikse reünie van Perskor en sy voorgangers gespeel.

Hans se seun, Paul, is vroeër vanjaar oorlede.

Magriet se telefoonnommer is 083 533 4829. -- Piet Ebersöhn.

(Die redaksie van K´rant onthou Hans as iemand op wie mens altyd kon staatmaak om met n storie te help waar ons nie kon bykom nie. Hy word ook as die immer en ware heer wat hy was, onthou. Ons meegevoel aan Magriet. - Red)