Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

15.4.16

Blaas nuwe lewe in K'rant!

PHILIP DEETLEFS skryf: Hier by K'rant huldig ons die mening dat hierdie publikasie nie net lekker onthou-stories van oud-werknemers van Perskor en aanverwante publikasies bevat nie, maar dat dit ook 'n nuttige naslaanbron oor die geskiedenis van die joernalistiek en die drukkersbedryf in die era voor die heengaan van Perskor is.

 Al K'rant se stories is op Google 
opspoorbaar  vir baie jare vorentoe.
K'rant is eintlik die eerstehandse bron van enigiets uit daardie dae van die koerantewese waarby werknemers van Perskor en die ander verwante publikasies betrokke was.

Om K'rant 'n meer volledige naslaanwerk te maak, het die redaksie gedink die lesers moet hulle gedagtes laat gaan oor voorvalle en gebeurtenisse waarby hulle betrokke was of van geweet het wat in K'rant plek verdien. Vir ons kinders se kinders se onthalwe.

Ons sien uit na 'n vars vrag bydraes wat nuwe lewe in ons eie Perskor-ensiklopedie sal blaas.


Onthou, K'rant is boonop elektronies navorsbaar – meer as waarmee die meeste Perskor-publikasies kan spog.